Page 1 of 1

ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 6:47 pm
by Heinz Petersen
Ek wil nou vir my die teleskoop kry. Is daar van julle wat een het en wat is julle gevoel oor die een.

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 6:53 pm
by joe rocket
Koop vir jou n Hawke en spaar jou geld. ++>:

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 6:54 pm
by Jurgen Visser
hou op lang afstand skiet , dan spaar jy nog meer

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 7:13 pm
by Diesel Dog
Ek het omtrent al die Tier One wannabee scopes probeer en kom elke keer terug na die scope toe . Eenvoudig,robust en betroubaar. Die verf afwerking kan verbeter word myne lyk soos n stel ouman browns met houding.

http://oi64.tinypic.com/20hu7ic.jpg

http://oi67.tinypic.com/2427jg8.jpg

http://oi68.tinypic.com/2vctkll.jpg

DD

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 7:25 pm
by Gawie(13mm)
DD, hoeveel verstelling bied die teleskoop en hoe bruikbaar is die grootste vergroting mbt mirage?

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 7:30 pm
by BandK
Ek wil ook graag hoor wat manne (wie een het of al gebruik het) te sê het oor die scope


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 7:42 pm
by Diesel Dog
Gawie(13mm) wrote:DD, hoeveel verstelling bied die teleskoop en hoe bruikbaar is die grootste vergroting mbt mirage?
36 MRAD OF 129 MOA
Soos jy seker weet van ervaring hoe beter die glas hoe beter sien jy die mirage, op n skoon dag sonder mirage is die 28x vergroting bruikbaar maar dit is maar min dat omstandighede dit toelaat en ek gebruik meeste van die tyd 15x tot 20x. Die parallaks verstelling is soos n lig skakelaar aan of af ,as die beeld in fokus is dan is die parallaks reg.

DD

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 7:47 pm
by Heinz Petersen

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 7:54 pm
by joe rocket
Scope het 36 mill (129moa) interne verstelling. Glas is Duitse Schott glass, van die beste op die mark. 10 mill (35 moa)per omwenteling. Volgens Richard Utting boks hierdie scope saam met die vortex razor en Schmidt Bender pm2. Niemand skiet belafstande op maksimum vergroting op n warm dag nie.

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 8:33 pm
by joe rocket
Jurgen Visser wrote:hou op lang afstand skiet , dan spaar jy nog meer

Sê n man wat elke woensdag en saterdag op 25m n 100 rontes uit skiet. ;D

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 8:44 pm
by Sangoma (IAN)
As jy n oordentlike FFP scope soek, moet nie die Delta Stryker 4.5-30 mis kyk nie.
Ek het wel die 5-50 SFP mar bitter tevrede met hom.

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Tue May 01, 2018 8:57 pm
by Diesel Dog
Sangoma (IAN) wrote:As jy n oordentlike FFP scope soek, moet nie die Delta Stryker 4.5-30 mis kyk nie.
Ek het wel die 5-50 SFP mar bitter tevrede met hom.
Ek het toevallig een van daai ffp scopes ,het hom al n wyle maar nog nie getoets nie tyd sal leer of hy n plek op een van my roere verdien.

DD

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Wed May 02, 2018 6:35 am
by Arnold
Heinz Petersen wrote:
Geno wrote:
Sangoma (IAN) wrote:As jy n oordentlike FFP scope soek, moet nie die Delta Stryker 4.5-30 mis kyk nie.
Ek het wel die 5-50 SFP mar bitter tevrede met hom.
Is hul almal se turrets so rattlerig soos ek gehoor het?
Ek is deur seker 80% van al die reviews op You Tube en kon nêrens iets negatief hoor oor die turrets nie.
Heinz, hulle verwys na die Delta en nie die IOR nie.

Richard Utting se komentaar oor dat mens die reticle focus op die IOR meer gereeld moet stel as die Razor het my so bietjie afgesit. Dit is dalk nie n probleem nie en net iets wat hy ondervind het maar sy vergelyking tussen die ior en razor het my geswaai en ek is gelukkig.

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Wed May 02, 2018 10:17 am
by Capt. Yoda
joe rocket wrote:Scope het 36 mill (129moa) interne verstelling. Glas is Duitse Schott glass, van die beste op die mark. 10 mill (35 moa)per omwenteling. Volgens Richard Utting boks hierdie scope saam met die vortex razor en Schmidt Bender pm2. Niemand skiet belafstande op maksimum vergroting op n warm dag nie.

Ek skiet alles tussen 40x en 60x ;)

Re: ior valdada recon 4-28x50 FFP MIL MIL

Posted: Wed May 02, 2018 6:25 pm
by PWV
Kannie wag om hom te sien nie, Heinz!!
Sal jou nou nie verder as 500m kan aanvat nie!