Page 1 of 1

Volstruis jag

Posted: Sun Oct 02, 2011 8:48 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het al so paar keer, as ek na jag pryse kyk, gesien volstruise gaan so tussen R900 en R1200...
Ek het my nog nooit daaraan gesteur nie maar nou wonder ek daaroor....

Is dit regtig jag?Hoe groot is die verskil tussen 'n Oudshoorn volstruis(soos ek dit ken) en 'n wilde volstruis in die veld, en hoe moeilik en/of lekker is so jag?

Is dit enigsens die moeite werd?

Ek luister graag
Cheers

Re: Volstruis jag

Posted: Sun Oct 02, 2011 9:02 pm
by DWB
Cobus, ek weet regtig nie.

Maar jy kan hom altyd kwaad maak en skiet in selfverdediging as jy hom nie wil jag nie

;D ;D

Re: Volstruis jag

Posted: Sun Oct 02, 2011 10:01 pm
by langloop
Kopskoot met 'n haelgeweer! ;D ;D ;D

Re: Volstruis jag

Posted: Sun Oct 02, 2011 10:08 pm
by JoevR
Cobb, ek sou se volstruisjag is die moeite werd. Volstruis het eetbare vleis (eintlik maar net die boude en nek), jy kan vir vroulief 'n mooi volstruisleer handsak laat maak van die vel en laastens kan jy 'n paar verestoffers maak van die vere.

Ek het gedurende 1996 'n volstruis op die Caledon Natuurresservaat naby Wepener in die Vrystaat gejag. Die reservaat staan onder beheer van Vrystaat Provinsie Natuurbewaring. Die eerste kwessie was: Waar skiet jy 'n volstruis? Die antwoord was: Kyk, die volstruise gaan hol, dan skiet jy hom in die hol !!!. Jy kan hom natuurlik ook in die kop skiet. Die mannetjie volstruis het wit en swart vere op sy stert. Van agter mik jy reg waar die wit en swart vere bymekaarkom, en jou volstruisjag is verby.

Soos aan my verduidelik is, is dit die beste om die volstruis se vere so gou as moontlik te pluk nadat hy geskiet is. Die gaatjies trek volgens vertelling dan beter toe, en dit lyk beter op die leer. So almal spring gou in en help om hom te pluk. 'n Ander interessante vereiste is dat die afgeslagte vel klam moet bly totdat jy dit aflewer by die taksidermis. Jy vat 'n streepsak, maak dit klam met soutwater en plaas die afgeslagte vel daarin.

Groete
Joe

Re: Volstruis jag

Posted: Sun Oct 02, 2011 10:27 pm
by tripodmvr
Was by toe 'n volstruismannetjie naby Ficksburg geskiet is. Die jagter was gelukkig met 'n baie naby nekskoot toe die volstruis naby hom op die grond gaan sit het. Hy het 50kg uitgeslag en die eintlike doel was die vel vir die maak van 'n baadjie. Ons het destyds R10 per kilo betaal. Die swartwildebees wat ek geskiet het, het my R800 gekos.

Re: Volstruis jag

Posted: Mon Oct 03, 2011 11:58 am
by Coenie (Swift)
Persoonlik dink ek nie so nie.

Ons moes al ons s'n uitskiet omdat hul oor die drade spring en vas sit en vrek.

Was moeilik en het halfdag gevat om 9 uit te skiet. Het met 223 geskiet in die kuilkie (waar nek in lyf gaan) Voels hardloop en staan nie stil nie. Volwasse voels se velle is maar swak gehalte en was daai tyd maar vir eie gebruik.

Maar vir jagters wat dit op hul kerfstok soek maak dit sin en die vleisie is nie te sleg nie.

Re: Volstruis jag

Posted: Mon Oct 03, 2011 12:39 pm
by henried
My eerste dier wat ek met die boog geskiet het was 'n volstruis. Ons het biltong, mins, en vleis vir braai gemaak. Was baie lekker.

http://www.youtube.com/watch?v=cVaUN8AYLvI&feature=youtube_gdata_player

Re: Volstruis jag

Posted: Mon Oct 03, 2011 12:47 pm
by G-force
Ek het vir my n Zibi geskiet met my Koreanse boogie.
Was ook nie seker oor waar te skiet nie.Toe die volstruis so voor om buk om te eet met kop ondertoe het ek hom geklits daar waar sy nek en lyf bymekaar kom,basies in sy rug maar daar waar dit begin dik word.
Plan was om hom te spine en as dit sou langs die spine ingaan dan deur na sy hart en longe toe.
Die skoot was presies op sy merk en hy het net daar geval.
Boog=69# en 49" lank.
Broadhead was n twee duim treeshark.
Daai nek was uiters lekker saam n rooibok nek in n potjie.

Re: Volstruis jag

Posted: Mon Oct 03, 2011 2:00 pm
by pietjacobs
Ek persoonlik skiet elke jaar so paar volstruise uit op die plaas (Aanteling minus 10 %). Dan verkoop ek maar die vleis hierso by die werk. Nou ek kan getuig, daai veld voels jag jy nie so maklik nie. Kop skoot of nek is maar al wat jy kan skiet en daai is klein op 'n afstand, maar is vrek lekker vir my en altyd vol fun.

Van die ouens hier by die werk het die jaar saam met my gegaan, en ek kan se ek het lekker gelag vir die klomp bos jagters wat nou in die Vrystaat volstruise moet skiet. Dit was baie fun. Het ons amper 6ure gevat om almal geskiet te kry  ;D  ;D

Re: Volstruis jag

Posted: Mon Oct 03, 2011 2:08 pm
by Cobus(Cobb)
mmmm, dankie vir almal se replies....

kom ek budget my jag tot R1200.....dan is my keuse 2 varke of 1,5 blesbokke of 1 trofee rooibok of 1 volstruis....

Ek glo nie ek sal vir zibi kies nie.....

cheers
Cobus

Re: Volstruis jag

Posted: Fri Oct 14, 2011 9:09 am
by Vurkster
Kerels

Kyk na die foto... die volstruis is geskiet met 'n Hatsan 1000 fps windgeweer.
Die voel is platgetrek op 20 meter...sy been was gebreek en moes deur my pel uitgesit word. Hy werk vir natuurbewaring en dis die enigste geweer wat beskikbaar was

So wat is die grootste voel wat julle al met 'n windgeweer geskiet het?

LOL

Re: Volstruis jag

Posted: Fri Oct 14, 2011 9:54 am
by Cobus(Cobb)
Hadeda...

Cheers

Re: Volstruis jag

Posted: Fri Oct 14, 2011 9:55 am
by G-force
Tarentale.

Re: Volstruis jag

Posted: Fri Oct 14, 2011 12:34 pm
by Chris101
Cobb

n Groot voel se vleis is vetterig en nie lekker nie.
Probeer so 1jr oud voel skiet kyk dat sy stert regop staan dan is hy gesond.
Trek die bakkie agter hom in so op 50 m en skiet hom daar waar nek uit die lyf uitkom.
Ons probeer so paar kopskote as die veld mooi is en jy nog nie te moeg houvas het nie.
Velle sukkel maar gewoonlik kan baie min gebruik word.

STERKTE

101

Skiet elke jaar so +_ 50 oor 3weke

Re: Volstruis jag

Posted: Fri Oct 14, 2011 1:28 pm
by grumpy
Ek het nou begin worry oor die ouens wat voele wil jag. Hulle se mos "dont bend for a friend!!!"Ek dog net die vroue jag dit? eish wena!

Re: Volstruis jag

Posted: Fri Oct 21, 2011 7:07 pm
by HUNTER
DIE vurk

Daardie pel van jou is seker die ou met die grootste vo?l tussen sy bene wat ek nog gesien het 8) ;D