Page 1 of 1
270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Apr 29, 2018 7:24 pm
by Italianer-Afrikaner
Goeie naand manne,
Ek soek so n bietjie raad asseblief.
My 270 Sauer 90 se loop is klaar geskiet. Ek moet nou n ander loop laat opsit. Wat stel julle voor? Moet ek bly by die selfde kalibre ens? Of wat is my opsies?
Ek hoor graag van julle.
Dankie voorlopig.
Groetnis
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Apr 29, 2018 9:08 pm
by tripodmvr
Ek is bevoordeeld, maar dink 'n 7x64 sal 'n baie goeie vervanging wees.
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Apr 29, 2018 9:38 pm
by Maroelas
Dit hang af van wat jy met die geweer wil doen. Is daar 'n gat in jou arsenaal wat 'n ander kaliber beter sal vul as 'n 270? Herlaai jy? Indien wel, is reeds ingerig vir die 270 en hoef nie nuwe dies en wat nog als te koop vir 'n nuwe kaliber nie.
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Apr 29, 2018 10:16 pm
by Supacow
Almal wat nie 'n 270 het het 'n gat in hul arsenaal
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Mon Apr 30, 2018 1:11 pm
by heywillie
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Mon Apr 30, 2018 2:32 pm
by tripodmvr
Stem saam. Hulle het 'n gat wat net deur 'n 7x64 gevul kan word

Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Mon Apr 30, 2018 5:38 pm
by jdpretorius
dink noggal 'n duk loop 270 kan mooi loop, as mens reeds als het vir hom, anders sou ek ook seker die 7mm kies net om te sien of hy regtig beter is.

Punte vir die 270 is ook baie maklik om te kry.
Ek's nogal mal oor die fluted lope se looks.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Tue May 01, 2018 6:56 pm
by Dirkvh
Ek beplan om 280AI te laat bou sodra my 270AI uitgeskiet is.
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Wed May 02, 2018 8:00 pm
by Italianer-Afrikaner
Great! Baie dankie vir julle raad.
Waardeer dit!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Jul 01, 2018 9:45 am
by dawie.liebenberg
Net vir interresantheid...hoe het jy geweet jou loop is klaar?
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Jul 01, 2018 4:34 pm
by Lamtjop
Manne, draai die Sauer mod 90 se loop in, of is hy gepress fit in die aksie soos van die Steyrs en sommige ander europese vervaardigers. ek is onder die indruk hy skroef nie in nie.
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Jul 01, 2018 10:23 pm
by Alwin
Sover ek weet skroef die Sauer 90 se loop in. Die loopprofiel laat egter nie baie ruimte vir terugstel toe nie. Hoor maar wat jou wapensmid te sĂȘ het.
Dink ook daaraan dat die Sauer 90 se sluitnokke agter op die grendel sit. Daar is dus baie elastisiteit in die aksie, wat veral dopleeftyd nadelig raak. Kies dus 'n kaliber waarvoor die doppe nie te skaars en duur is nie.
Enige van die 30-06-familie patrone sal goed voer uit die standaard magasyn. Die meer algemene opsies is 25-06, 270, 7x64 en 30-06.
Re: 270 loop wat moeg is.
Posted: Sun Jul 01, 2018 10:26 pm
by Alwin
Lamtjop wrote:Manne, draai die Sauer mod 90 se loop in, of is hy gepress fit in die aksie soos van die Steyrs en sommige ander europese vervaardigers. ek is onder die indruk hy skroef nie in nie.
Al is die Steyr se loop ingepers, kan jy 'n skroefdraad in die aksie sny en die volgende loop normaalweg inskroef. 'n Vriend het 'n SSG 69 gehad wat so verander is en die geweer het baie goed presteer.