Page 1 of 1

Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Tue Apr 24, 2018 8:41 pm
by B Five
Ek het n Leupold LRP FFP scope.
My probleem is dat ek glad nie die kruishare op fokus kan kry op 25meter met die inskiet nie.?
Omdat dit FFP is, is die kruishare baie klein, maar is dit maar normaal om nie die ding in fokus te kry op so kort afstand, of moet ek die parralel of die oogstuk se versellings so kan verander dat alles wel in fokus is..?
Hoop ek maak sin?

Dit is n 6.5-20x50 FFP LRp Leupold.

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Tue Apr 24, 2018 9:22 pm
by WihandV
B Five, kon jy bevestig van watter afstand af jou paralaks verstel? Baie van die vergroting teleskope se paralaks verstelling begin eers vanaf 50 yards

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Wed Apr 25, 2018 7:57 am
by Gawie(13mm)
Sonder om sarkasties voor te kom, maar LRP, is 'n afkorting wat staan vir "long range precision". ;)
Jy kan op die kleinste vergroting die teleskoop gebruik om die teleskoop te "bore sight". Ek weet die kruishaar is dan op sy dikste, maar jy sal 'n skoot kan skiet om min of meer op die papier te kom. Soos reeds gemeld, is die teleskoop gemaak om verder te bel. ;D
30 m is omtrent die naaste wat myne kan fokus op Maks. vergroting en dan ook maar net. Dit is goed genoeg vir CHASA se vark teiken, waar ek in elk geval op die laagste vergroting skiet.

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Wed Apr 25, 2018 11:09 am
by Gian_dP
Gawie(13mm) wrote: Jy kan op die kleinste vergroting die teleskoop gebruik om die teleskoop te "bore sight". Ek weet die kruishaar is dan op sy dikste, maar jy sal 'n skoot kan skiet om min of meer op die papier te kom.
Moet dit nie anders om wees nie by FFP teleskoop nie? Laagste vergroting, dun kruishaar. Hoogste vergroting, dikste kruishaar.

B Five, stel okkulêr om kruishaar te fokus terwyl jy na blou lug kyk. Los dit dan verder uit.
Gebruik paralaks verstelling om teiken en kruishaar in selfde optiese vlak te kry(saam in fokus, met minste/geen beweging tussen kruishaar en teken as jy jou kop beweeg nie.). Soos Gawie en Wihan gesê het, 25m mag dalk te naby wees om dit heeltemal reg te kry.


Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Wed Apr 25, 2018 12:02 pm
by Gawie(13mm)
Gian, jy smokkel nou met my kop maat. ;D

Ek het hom as dik=naby en dun=ver. 8)

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Wed Apr 25, 2018 12:38 pm
by Malan123
Dukker hoe hoer die magnification

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Wed Apr 25, 2018 1:15 pm
by Toyrsi
Gian is reg,ek het dieselfde scope.
Op klein vergroting is krius din en klein.
Op groot vergroting is die kruis groot en dik.
Ek oefen maklik met myne in my erf en kry hom gefokus.
Stel net die vergroting af.

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Wed Apr 25, 2018 4:01 pm
by B Five
Gawie, jy korrek ja, maar as mens die kortafstand tabelle skiet, dan moet ek hom probeer fokus. Veral uit die vuis uit skiet.
As ek verstelling af stel ,dan raak kruishare baie fyn. Dit isFFP onthou.

Ek weet hy werk ver, my vraag is of mens hom naby kan laat werk?
Dalk raak my oe net swak.?

Re: Fokus van groot vergroting scopes?

Posted: Wed Apr 25, 2018 4:17 pm
by Gian_dP
Gawie(13mm) wrote:Gian, jy smokkel nou met my kop maat. ;D

Ek het hom as dik=naby en dun=ver. 8)
FFP moet kruishaar selfde grootte relatief tot die teiken bly, ongeag die vergroting. Kruishaar "groei" dus soos jy vergroting opdraai.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk