Page 1 of 1

scope en ringe

Posted: Tue Apr 24, 2018 2:18 pm
by Conna Howa
Sal 'n groot scope van 5-30x56mm pas op 'n geweer met 'n 20moa rail en vortex low tactical ringe? Gaan ek genoeg clearance hĂȘ?

Re: scope en ringe

Posted: Tue Apr 24, 2018 2:25 pm
by Arnold
Moontlik nie maar dit hang baie af van jou rail hoogte bo die loop en dan ook jou loop profiel saam met die lengte van die scope.

Re: scope en ringe

Posted: Tue Apr 24, 2018 2:25 pm
by Gian_dP
Watse aksie en loop?

Ringe gaan waarskynlik te laag wees.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: scope en ringe

Posted: Tue Apr 24, 2018 2:39 pm
by Conna Howa
Howa Lang aksie met 'n standaard loop

Re: scope en ringe

Posted: Tue Apr 24, 2018 2:52 pm
by Capt. Yoda
Lows kan dalk dalk net te laag wees maar dit kan dalk net net pas....sal maar moet kyk, paar manne het 20moa rails met Sightron S3s op wat pas met low ringe op hulle Howas.

Re: scope en ringe

Posted: Tue Apr 24, 2018 4:14 pm
by Langeraat
Ek het SusTac lae ringe op 'n 20 MOA rail op 'n Howa kort aksie ook met x56 objektiewe lens en hy pas mooi met nog spasie om te spaar. Weet egter nie of die langer aksie dalk kan lol nie. :confused:

Re: scope en ringe

Posted: Tue Apr 24, 2018 5:16 pm
by Gian_dP
My Howa LA dikloop:

Vortex Pst-50mm objektief(57mm buitemaat) het 6mm "clearance" met 35MOA Warrior rail en Burris XTR medium ringe.

Voorste deel van rail is 12mm bokant aksie, ringe gee 7.2mm spasie tussen bokant van rail en onderkant van teleskoop.

Dun loop gaan jou so ekstra 1 tot 2 mm spasie gee.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk