Page 1 of 1

Aan gejaag>

Posted: Sun Oct 02, 2011 12:56 pm
by tobie
Ek dink ons het dalk aan gejaag.Ek en my buurman het eergisteraand gaan jag.Die jakkals maak ons moedeloos.Ons het maar begin met n hasie distress roep gevolg met n mooi huil.5min gewag en weer n mooi huil gemaak vir 30sek.Dis toe wat die perd in kom met n antwoord.Hy was  half haastig opad in tot so 200m.Ek het glad nie eenkeer sy oog op getel met die lig nie.Net gehoor skreeu.hy het nie reguit wind op gekom nie,maar oor n rant van noord gekom.Wind was lig uit die west.Hy het op die kruin terug gedraai.Met daai v-jou blaf daar weg.hoe maak ek nou met die ou?Het so 4aand voor die jag die teef laat sneuwel.

Groete tobie

Re: Aan gejaag>

Posted: Mon Oct 03, 2011 8:33 pm
by tobie
lyk my almal is so raad op soos ek. :'(

Re: Aan gejaag>

Posted: Thu Nov 03, 2011 10:11 am
by JACQUES BOTHA
Tobie
Lyk my jy het n min roep min lig  jakkalsie daar beet. Lank stilte ....
As hy aanhou vang op selfde plek.. Wag hom in daar...Baie lank sit
baie stilte min lig min roep en saggies roep..
Ek sou eers n oggend  roep of laatmiddag probeer.
Anders daai inwag by die lammers .Sit 40-50 minute..roep kos klank net 20 sekondes en wag weer 30-40 minunte..
Mooihuil. 10-12 sekondes en stilte weer 30-40 minute...
Jakkals baklei 4    ek sal hom ook kort hou 15 sekondes  en weer wag...
Jy het mos sy adres min of meer en jy het mos sy eetplek  behalwe as hy oral eet en swerver status verwerf het?
nb Dis nie die alfa en omega nie, dis net my raad en wat ek sou probeer-- iemand anders het dalk ook n ander wenresep vir die probleemdier van jou...
groete
Jacques