Page 1 of 1

Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sat Apr 21, 2018 7:28 pm
by Eight
Dagse almal,

Ek soek asb advies en jul insette. Ek het n 338 winmag en 3006 en soek n kleiner kaliber vir langafstand skiet en jag. Ek kyk na 6.5 en 7mm. Ek sal n 7mm verkies maar sukkel om iets te kry in n langafstand platform. Ek wil nie 7mm rem mag gan nie. In 6.5 kyk en na creedmoor of 260 in savage lrp. As mens iets soos 7mm rem mag koop en laat herkamer na 7mm SAUM, hoe wer lisensie aansoek v d nuwe kaliber?

Ek sou nogal n 6.5x55 ai ook oorweeg maar weereens kry ek nie enige 6.5x55 met lang dik loop nie.

Enige advies, raad welkom

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sat Apr 21, 2018 7:39 pm
by JPS
Kyk na die nuwe Sabati’s hulle kom standaard in 7RSaum en jy hoef nie deur die kopseer van lisensie verandering te gaan nie.

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sat Apr 21, 2018 8:40 pm
by Eight
Hoe is die sabattis se akkuraatheid en kwaliteit. Ek het gelees op n ander forum van iemand wat glad nie gelukkig was nie. Wie hou dit aan?

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sat Apr 21, 2018 8:50 pm
by JacquesT (Stompe)
Eight wrote:Hoe is die sabattis se akkuraatheid en kwaliteit. Ek het gelees op n ander forum van iemand wat glad nie gelukkig was nie. Wie hou dit aan?
Sabatti het baie verbeterings aangebring van die vorige modelle wat so moeilikheid gegee het. 'n Vriend van my skiet die nuwe 7SAUM, en na 600 skote skiet die geweer nog 'n bars hou en is hy baie kompeterend in ons kompitiesies.

Geno sal jou kan help met een.

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sat Apr 21, 2018 9:25 pm
by JPS
Eight wrote:Hoe is die sabattis se akkuraatheid en kwaliteit. Ek het gelees op n ander forum van iemand wat glad nie gelukkig was nie. Wie hou dit aan?
Soos Jacques noem daar was probleme met die voriges.

Dit is hoekom ek spesifiek noem om na die nuwes te kyk.

En yes Geno sal jou kan help.

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sat Apr 21, 2018 9:37 pm
by Alwin
Bepaal eers hoeveel "woema" jy doer ver nodig het. Vir staal skiet op lang afstand, is residuele energie nie juis belangrik nie, net die trajek. Vir jag wil jy darem genoeg energie oor hê om die bobbejaan/bok dood te kry.

Ek sou dus die 6,5mm (6,5CM, 260Rem ens.) kies vir teikenskiet. Sy voordele is laer skop en laer koste per skoot. Loopleeftyd is ook skaflik.

Vir jag op lang afstand (sonder om nou in die etiek in te gaan) sou ek sê hoe groter hoe beter. Die rede is dat doer ver het die koeël al heelwat spoed verloor en rig dus minder skade aan. Daarom sal groter en swaarder koeëls help om steeds genoeg energie te behou en groter gate in die teiken te maak.

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sun Apr 22, 2018 11:46 am
by Eight
Ek soek n geweer wat so akkuraat is en maklik laai soos wat eh hoor van die 6.5 Savage LRP. Balisties is die 7mm die beste keuse vir wat ek wil doen. Weet julle wat die gewig van die Sabattis is. Is goeie doppe vir die 7 RSAUM beskikbaar?

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sun Apr 22, 2018 5:53 pm
by Mellies
Eight wrote:Ek soek n geweer wat so akkuraat is en maklik laai soos wat eh hoor van die 6.5 Savage LRP. Balisties is die 7mm die beste keuse vir wat ek wil doen. Weet julle wat die gewig van die Sabattis is. Is goeie doppe vir die 7 RSAUM beskikbaar?
Tactical Hunter is 4.4kg.

Nosler maak 7SAUM doppe.

Met n vleisie...

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Sun Apr 22, 2018 6:05 pm
by Mellies
Rover Tactical LW

Re: Nuwe Langafstand roer advies

Posted: Mon Apr 23, 2018 12:00 pm
by SeeMoNsteR
Redelik baie info hier, loer gerus

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t=60468