Page 1 of 1
300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Thu Apr 19, 2018 10:30 pm
by ReinierC
Naand manne,
Ek wil n 300 wsm koop en kyk na die volgende opsies. Tikka Varmint , Sako A7 Roughtech of Sauer Wolverine. Wat sou julle se is die akkuraatste / beste opsie.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Thu Apr 19, 2018 11:28 pm
by WicusdP
Ek het nie ondervinding met al 3 die opsies wat jy genoem het nie, maar ek weet dat jy nooit sal spyt wees oor 'n tikka nie.
Ek het 'n Tikka Varmint in 300WSM.....was van dag 1 af baie gelukkig met hom.
Gaan jy hom in sy standaard kolf hou? Indien wel....die tikka super varmint se wangstuk kan stel....dink nie die sako het die opsie nie.
Ek sou kies tussen tikka en sako....
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 12:19 am
by SakoTrippel2
+1 Vir Tikka vra vir Nico Harris syne skiet 'n barshou. Dis 'n SuperVarmint met Custom Kolf. Maar hyt klaar baie mooi geskiet met standaard kolf ook.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 6:17 am
by Geno
Reinier, koop 'n Tikka pel. Uit die boks uit skiet hulle baie mooi!
Jy het mos reeds 'n Tikka .243, so jy vul net jou versameling aan.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 7:14 am
by Finder20
ReinierC wrote:Naand manne,
Ek wil n 300 wsm koop en kyk na die volgende opsies. Tikka Varmint , Sako A7 Roughtech of Sauer Wolverine. Wat sou julle se is die akkuraatste / beste opsie.
Wat van die Nuwe Sabatti Tactical 300 WSM ek dink daai outjie sal mal nice wees!
My 2c...
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 7:49 am
by ruaanb
Kyk ook na watter maak daar aftermarket parte voor beskikbaar is.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 8:23 am
by Rem
Reinier,
Jy moet ook in ag neem watter gewig punt jy wil skiet. Tikka het n 1:11 twist, so in my opinie as jy swaarder as 190gr wil skiet gaan jy moet kyk na n 1:10 twist of vinniger.
Dit gese ek dink ook die Tikka is die beste waarde vir geld en hoor net positiewe terugvoer van die eienaars.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 8:41 am
by Supacow
Savage 12 VLP?
Of is sy flavour verby?
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 8:53 am
by James Wilson
Kan maar net noem dat ek twee weke terug vir n jong vee-arts n lading uitgewerk met Peregrine op n Tikka 300wsm. Dit was so eenvoudig, elke lading se groeppe was goedgenoeg vir jag, maar een was regtig klein. Ek dink 10mm. Hy het my later die week gebel en gese hy het sommer nog gespeel, en nog n kleiner groep gekry. Die die gemak van die hele ondervinding het my beindruk. As ek reg onthou is die geweer standaard.
Ek het reeds n 300mag, maar sal die kombo regtig aanbeveel
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 9:30 am
by Capt. Yoda
Tikka en dan as jy hom nie geniet nie sal ek die aksie by jou koop

Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 10:34 am
by Gian_dP
Rem wrote:Reinier,
Jy moet ook in ag neem watter gewig punt jy wil skiet. Tikka het n 1:11 twist, so in my opinie as jy swaarder as 190gr wil skiet gaan jy moet kyk na n 1:10 twist of vinniger.
Dit gese ek dink ook die Tikka is die beste waarde vir geld en hoor net positiewe terugvoer van die eienaars.
Tikkas stabiliseer 208gr uit daai 1:11 loop sonder enige probleem. Redelik seker Sako is ook 1:11.
Swaar koeels pas net nie in die standaard magasynkas nie, jy moet 300 WinMag magasyn kry of werk aan WSM magasyn, plus werk aan bolt stop.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 10:41 am
by Rem
Gian_dP wrote:Rem wrote:Reinier,
Jy moet ook in ag neem watter gewig punt jy wil skiet. Tikka het n 1:11 twist, so in my opinie as jy swaarder as 190gr wil skiet gaan jy moet kyk na n 1:10 twist of vinniger.
Dit gese ek dink ook die Tikka is die beste waarde vir geld en hoor net positiewe terugvoer van die eienaars.
Tikkas stabiliseer 208gr uit daai 1:11 loop sonder enige probleem. Redelik seker Sako is ook 1:11.
Swaar koeels pas net nie in die standaard magasynkas nie, jy moet 300 WinMag magasyn kry of werk aan WSM magasyn, plus werk aan bolt stop.
Dankie Gian, goed om te hoor. My vriend het nou n tikka 300wsm gekoop so ek sal die informasie so aan hom oordra.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 3:37 pm
by Diesel Dog
Ek het vir twee Sako A7 gewere lading ontwikkeling gedoen en kon net met plat basis koeëls akkuraatheid kry die boot stert koeëls wou nie kleiner as 1" skiet nie die prohunter 180gr skiet .25moa '
Met die Tikka kry ek goeie akkuraatheid met met 208gr amax teen 2740fps.
DD
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 5:31 pm
by joe rocket
Hier is n foto van 3 skote 100 m 180gr LRH Kriek koele. Net spoed gemeet vir quickloads. Lading moet nou vervyn word. Nuwe musgrave met 26 duim loop. Druk is maar 50 500psi. Ek sal regtig na nuwe Sabati met 28 duim loop kyk.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Fri Apr 20, 2018 6:53 pm
by WicusdP
Supacow wrote:Savage 12 VLP?
Of is sy flavour verby?
Ek het 'n SAvage VLP in 243 waarmee ek baie gelukkig is.....maar hier op die forum was al 'n gesprek of twee van ouens wat gesukkel het met hul VLP in 300WSM.
Re: 300 wsm = Akkuraatste rak geweer?
Posted: Sat Apr 21, 2018 8:50 am
by Armand Steenkamp
Supacow wrote:Savage 12 VLP?
Of is sy flavour verby?
Hahahaha ek sal se bly maar ver weg.