Page 1 of 1

Nam Kalahari Ongedierte beheer kursus

Posted: Sat Oct 01, 2011 5:46 pm
by Kalahari
Dag almal

Jammer dit is nou so bietjie later gedoen. Ek moes dit gister al gedoen het.
Ons het 'n geslaagde en baie interessante kursus bygewoon wat op baie kort kennisgwing met baie moeite en baie kilometers deur Louis 102 aangebied is. Sommer in die ver ou Kalahari. Ons kon egter nie die praktiese deel doen die aand nie, hewige storm opgesteek saam met 'n veldbrand en ons was gestrand :'(
Louis, baie dankie vir al jou kennis wat jy gedeel het en die manier wat jy die hele ding hanteer het. Dit was baie leersaam en vol "tips" wat man gereeld kan toepas. Die klanke was super en jou ontleding van wat vlekkie vir jou se as hy gesels was uitstaande.


Vir die res van die manne: as Louis tips uitdeel, luister maar.

Baie dankie en dit was lekker om jou hier in my eie wereld weer te kon sien. Sterkte met jou "nuwe" projek wat jy mee besig is, moenie dat ons te lank wag vir die resultate nie ;). George, dankie ook vir jou moeite om vir Louis te kontak en reelings te tref. Dit was 'n eerste vir die Kalahari, hopelik nie die laaste nie.

Mooi loop almal
Kalahari

Re: Nam Kalahari Ongedierte beheer kursus

Posted: Sun Oct 02, 2011 9:28 am
by Louis102
Kalahari

Dankie vir die vleiende woorde!  Dit was 'n voorreg om 'n slag daar tussen die rooi duine te wees en Kalahari-gasvryheid te geniet.  Ek sal nie sommer so 'n kans deur die vingers laat glip om te sien hoe julle die Kalahari mak maak nie.

Ek wil egter erkenning aan Heinrich Funck, Taffie Mulder, Niel Viljoen gee.  Sonder hulle onbaatsugtige hulp, sou ek/ons vandag baie armer gewees het.  Ek hoop julle kry op 'n stadium die geleentheid om 'n kursus van hierdie guru's by te woon.  Ek het ook baie geleer by diegene wat so gereeld op hierdie forum bydra met waardevolle tips, foto's en data.  Tesame met 'n bietjie eie ervaring, glo ek darem dat ons 'n sinvolle lesing kon aanbied.

Werklike sukses = speenpersentasies / inkomste wat vebeter.  Julle het 'n besonderse uitdaging daar tussen die duine.

Sterkte met die veldbrande, ons bid dat die re?n muldelik genoeg sal kom en dat die brande spoedig iets van die verlede sal wees.

Groete
Louis

Re: Nam Kalahari Ongedierte beheer kursus

Posted: Sun Oct 02, 2011 10:51 am
by Kalahari
Louis

Ek hoor wat jy se, die ander manne wat jy genoem het, het die paaie oopgemaak. Ons moet net sorg dat hulle gskraap bly.
Dit was lekker om jou hier te kon he, jy's altyd welkom. Die uitdaging sal ons aanvaar tussen die duine.

Ons het in die omgewing daardie aand so tussen 5 - 10mm gehad, by myself tot 14mm.
Om op te som, ons moet maar altyd bereid wees om mekaar te help en te luister wat iemand anders te se het, ons sal nooit alles weet nie.

Beste
Kalahari

Re: Nam Kalahari Ongedierte beheer kursus

Posted: Sat Nov 12, 2011 1:28 pm
by Kalahari
George

Ja nee, hier is sommer baie om te lees, mens mis maklik 'n ding. Bly jy is besig met die ongediertes daar. Jy moet maar versigtig wees vir die "katte", maar dit sal nogals belewenis wees om een te sien inkom  ;).
Jy moet maar laat weet van die kursus, kleintjies kom mos middal Desember, so ek weet nie hoe rof gaan dinge gaan in vroeg volgende jaar nie :-\, ons sal maar moet sien.

Hoop jy het al iets gekry nadat ek laas by jou weg is. Hier by my gaan dit ook maar rof, is besig om pyplyn te grawe en te le, pvc pyp. Daar is dus nie veel tyd vir ander dinge nie.
Groete en sterkte

Kalahari 

Re: Nam Kalahari Ongedierte beheer kursus

Posted: Sat Nov 12, 2011 2:19 pm
by QUINTON
Jis soutblok manne.

Ek sien jul is besig hier op die forum. Bly jul manne roei die ongediertes daar.
Hou so aan. Moet net nie die jakies te slim maak nie!!! Al wat die dinge baie moeilik maak hier in ons omgewing om die jakies interoep is. Elke 2 boer het vir hom n roeper en n stoel gekoop en niks ge weet van jakkals roep nie en het geen ondervinding nie. Nou roep hulle en skiet dalk 1 of 2 dom jakkalse en dan dink hulle, hul weet hoe werk die roep stoorie. En net op n dag dan kry hy te doen met n slimmer jakkals, en dan is dit nie mee so maklik nie. N mens moet teminse 1 of 2 kursuse al ge doen het om die moet en moenies te weet anders maak di boere net die jakkalse slim en skelem..

Sterkte

quinton