Page 1 of 1
Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 4:38 pm
by tau
Vrekkit manne wat kos tralies deesdae???
Wil vir my nuwe werks bakkie tralies koop. En val amper op my rug.
Miskien is ek oningelig. 'n Nuwe Beekman Executive Kappie vir 'n Toyota dcab is R16500
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 4:40 pm
by DWB
Hier by ons so vanaf R3500 tot R7000 afhangend wat jy soek
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 4:44 pm
by tau
DWB wrote:Hier by ons so vanaf R3500 tot R7000 afhangend wat jy soek
So die R10925 vir tralies en R8395 vie seiltjie is rof soos ek gedink het?
Vir 'n vrekken Hilux se tralies nie eens 'n Nissan nie

Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 4:51 pm
by Harambe
Sien jy kans om dit self te doen?
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 4:53 pm
by tau
Harambe wrote:Sien jy kans om dit self te doen?
Jip en het al stel gebou en seil laat maak vir R800 by Boland Canvas wat al my trok seile maak.
Dink ek sal maar weereens self stel maak.
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 5:12 pm
by Gawie(13mm)
I know a guy!!!

Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 5:27 pm
by tau
Gawie(13mm) wrote:I know a guy!!!

Dankie het gaan kyk dit is netjiese tralies.
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 5:36 pm
by DWB
Moenie worry tau. Jy sal mos die geld dubbeld terug maak as jy die bakkie verkoop. Dis mos ñ toyota

Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 6:26 pm
by 6mmMusgrave
Oor die 10 vir tralies is bietjie rof verby. En amper 9 vir n seiltjie is robbery. Watter jaar bakkie is dit. Ons het takke in die kaap ook dalk kan ek iets reel.
Al probleem met self gemaakte tralies is as die bak kraak wat baie gebeur as die tralies nie reg is nie dan betaal Toyota niks nie.
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 6:41 pm
by tau
2018 Toyota extracab.


Dankie
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Wed Apr 18, 2018 6:43 pm
by tau
DWB wrote:Moenie worry tau. Jy sal mos die geld dubbeld terug maak as jy die bakkie verkoop. Dis mos ñ toyota

Vrek broer het laasweek my vrou se 3.2 doublecab probeer verkoop

so ek sê niks.
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Thu Apr 19, 2018 8:54 am
by Chevvy SS
Op watter nuwe bakkie vir jouself het jy toe besluit tau?
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Thu Apr 19, 2018 9:12 am
by Geno
My tralies met 2x stoeltjies, trappie op die kant en skiet rus het R15k gekos hier in Bfn en die ou het gratis rubberising bygesit.
Fittys Bakkie Tralies in Bloemfontein.
20170817_125709.jpg
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Thu Apr 19, 2018 9:47 am
by sako 30-06
Geno wrote:My tralies met 2x stoeltjies, trappie op die kant en skiet rus het R15k gekos hier in Bfn en die ou het gratis rubberising bygesit.
Fittys Bakkie Tralies in Bloemfontein.
20170817_125709.jpg
Ek hou baie van daai tralies en bankies. Lyk baie netjies.
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Thu Apr 19, 2018 9:48 am
by andre007
Geno wrote:My tralies met 2x stoeltjies, trappie op die kant en skiet rus het R15k gekos hier in Bfn en die ou het gratis rubberising bygesit.
Fittys Bakkie Tralies in Bloemfontein.
20170817_125709.jpg
Geno, jy wil nie weet wat daai tralies by Mr Bullbar jou kos nie!
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Thu Apr 19, 2018 9:50 am
by Geno
Ek weet Andre, amper op my rug geval toe ek die kwotasie kry..
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Thu Apr 19, 2018 10:27 am
by Capt. Yoda
Geno wrote:My tralies met 2x stoeltjies, trappie op die kant en skiet rus het R15k gekos hier in Bfn en die ou het gratis rubberising bygesit.
Fittys Bakkie Tralies in Bloemfontein.
20170817_125709.jpg
en daar is cup holders!
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Thu Apr 19, 2018 10:27 am
by andre007
Tau. n Ander opsie is Stockman. Hulle maak nie meer net daai tradisionele skaaptralies nie. Hulle het n ander tipe wat jy stoelkies, leertjies en self skietruste kan byvoeg teen bilikke pryse. Wat lekker is is dat Stockman modulêr is, dws as mens ie hekkie opneuk bestel jy net die hekkie ens.
Die aanhangsel het n broschure van n Ford
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Fri Apr 20, 2018 7:59 am
by tau
Chevvy SS wrote:Op watter nuwe bakkie vir jouself het jy toe besluit tau?
Ek het my werksbakkie Kingcab Navara geruil vir 'n Toyota extracab. Almal waai nou vir my en dink dit is hulle man, Pa, vriend, gifsmous etc. Die kyk op hulle agterkom hulle het sopas vir die local trucker gewaai is priceless.
Re: Wat moet tralies kos
Posted: Fri Apr 20, 2018 8:01 am
by tau
Geno wrote:My tralies met 2x stoeltjies, trappie op die kant en skiet rus het R15k gekos hier in Bfn en die ou het gratis rubberising bygesit.
Fittys Bakkie Tralies in Bloemfontein.
20170817_125709.jpg
Dit is mos meer aanvaarbaar vir soveel werk.
Ek benodig net gewone tralies om te voorkomd at trok bande en parte my bak en cab beskadig. En dan vir my honde naweke dat hulel nie afval van bak en dalk so odd jag trippie

Re: Wat moet tralies kos
Posted: Sat Apr 21, 2018 5:02 pm
by Dewitt
Probleem is baie voertuigvervaardigers waarborg nie meer die bak as jy nie laat tralies opsit by die plek van hul keuse. Dink daar word ons redelik deur die ore gewerk.