Page 1 of 1
jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 3:51 pm
by cassie_calvinia
ek nou nie so handig soos jul manne nie, maar hiet fotos van my stoel wat ek gebou het. ek hou van my tafel. als lekker naby en maklik.[img width=560 height=420]
http://i1086.photobucket.com/albums/j45 ... C10095.jpg[/img][img]http://h[img]http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/SDC10093.jpg[/img]ttp://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/SDC10094.jpg[/img]
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 3:52 pm
by cassie_calvinia
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 3:53 pm
by cassie_calvinia
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 4:04 pm
by James Wilson
nee wat,hy sal werk. nou nog net fotos van die dooie honde

Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 4:11 pm
by Kalahari
Cassie
Netjies man, solank die stoel net vir jou werk is alles ok. Jy sal sien, soos man jag en die stoel gebruik sal jy kort-kort veranderings en verbeterings wil aanbring.
Maar dit alles ten goede.

Laai hom en laat die rooies val.
Ns: is dit majuba kettie op jou stoel? Vertel bietjie meer wat jy alles gebruik asb.
Kalahari
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 4:27 pm
by tafjak
Cassie
Mooi stoel en behoort goed te werk. Sien sommer jy het 'n nice RSA daar op die stoel!
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 4:31 pm
by cassie_calvinia
die stoel is uit uo yster op plaas gebou. het net 2m squere tubing, en 2m flat iron gekoop. die slip rings en borsels vir R50 geky!
wag nou net vir my spitfire dan hopelik sien jul foto van paar kakalse!
die kettie...dis 'n 7.62 musgrave. dis 'n ou staatmaker, bajie akkuraat. laai sommer sierra 150 punte. met s341,47gr. my oupa het die geweer nog vir my pa gekoop, vir plankgeweer skiet. het 'n tasco 6x40, sal graag 'n groter scope wil opsit mettertyd.
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 7:14 pm
by Chris101
Calvinia
sien jy het nog rooilense
julle het mos plat wereld
Kan gerus n dimmer oorweeg.
101
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 8:11 pm
by cassie_calvinia
ek boer in die roggeveld. dit baie berge. ek sukkel om staanplek te kry. maar, ja, hier is by bure ens plat plekke. ek deur mekaar, party sweer rooi lig, ander weer dimmer. ek gaan maar begin met rooi. sal jou raad defnitief in gedagte hou, dankie
Re: jagstoel
Posted: Sat Oct 01, 2011 9:20 pm
by Blackie Swart
Cassie ek gebruik net n wit lig met n dimmer.Glo my dit werk vir my.Ek doen al my soek werk met die dimmer aan en wanneer ek skiet,sit ek vinnig die lig op volsterkte.Hier by ons kan man nie anders nie.Die jakkalse hier hardloop as hulle n skerp witlig sien.
Groete
Blackie
Re: jagstoel
Posted: Sun Oct 02, 2011 11:03 am
by cassie_calvinia
ok blackie, maar, wat is die nadele van rooi lig? kan jy nie die oe so ver sien? dalk moeiliker identifiseer? maar, vir die lig self op jakkals, is rooi nie beter? pro's en con's?
Re: jagstoel
Posted: Mon Oct 03, 2011 4:40 pm
by Rambo
Rooi lig beperk jou sig afstand... met die wit lig "gedim" kan jy steeds meer sien as met die rooi skermpie. Di is net soveel moeiliker deur die teleskoop!
Re: jagstoel
Posted: Mon Oct 03, 2011 5:45 pm
by cassie_calvinia
dit is so. maar, die feit dat jakkalse kleurblind is, maak dit die rooi lig vir hom minder sigbaar!
Re: jagstoel
Posted: Mon Oct 03, 2011 8:22 pm
by Blackie Swart
Cassie ek dink nie die rooi lig is slegter as die witligte nie,maar vir my werk die wit lig beter.Jy kan net miskien kyk of jy rooi selofaan in die hande kan kry.Sit dit op jou lig en dan sal jou rooi lig ook verder skyn.My back-up lig op die roeper is ook maar n rooi lig.
Groete
Blackie
Re: jagstoel
Posted: Tue Oct 04, 2011 7:36 am
by cassie_calvinia
die vaste lig op my stoel is selofaan. ek gaan maar 'n dimmer bestel, en kyk wat werk beste. dankie vir die raad blackie. o ja, sit ek dimmer op vaste lig, of op geweer, of moet ek 2 kry?
Re: jagstoel
Posted: Tue Oct 25, 2011 3:20 pm
by Rambo
Hou die rooi lig op jou stoel... Sit die dimmer op jou geweer. Sodra daai lig helder is moet jy laat loop!
Die rooi lig is net nie so skerp soos 'n gewone wit lig nie... so die jakkie is net so sku vir hom soos die gedimde wit liggie...
Die voordeel van die wit lig is jy kan hom wel stel! Die rooi liggie is maar net so helder... Ek het baie lank met 'n rooi lig geskiet... en het hom ook steeds vir my los lig... maar die een op die geweer het 'n dimmer op!
Re: jagstoel
Posted: Tue Oct 25, 2011 6:26 pm
by Blackie Swart
Middag Cassie .My dimmer is op die geweer se lig gekoppel.Die rede vir my keuse is dat ek al n paar keer die dooie jakkies gaan optel het en dan het nog n ta intussen stil gekom.Gebruik dan net die lig op die geweer.Ek wil op n stadium n paar springbokke daar in jou valley kom skiet.Weet jy waar ek kan kom jag.Miskien sommer n trippie uitwerk om n paar jakkalse ook te skiet.
Sterkte daar.
Blackie
Re: jagstoel
Posted: Wed Oct 26, 2011 7:12 am
by cassie_calvinia
ja, hier is plekke. laat weet maar, sal kyk wat ek kan reel. sal lekker wees.