Page 1 of 1
Brandsiek
Posted: Sun Apr 15, 2018 7:45 pm
by naas222
Het vandag my eerste middag roep probeer.. het die teef skat haar 5 jaar met elsneus geflous.. of dit nou die regte klank was vir die tyd van die jaar weet ek nie.. syt niks op rooihond of jak aleen reageer nie.. maar op elsneus terug geantwoord en 5 min later lĂȘ sy in die pad...
syt brandsiek op stertpunt.. stert basis en been... eerste een vir my hier in Cullinan.
Wie skiet nog van die siek goed oor die land?
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: Brandsiek
Posted: Sun Apr 15, 2018 8:14 pm
by Philip J
Ek het al so brandsiek jakkals hier by my ook geskiet. Was sommer helder oordag en ta het homself vreeslik tuis gemaak tussen die beeste.
Re: Brandsiek
Posted: Sun Apr 15, 2018 9:28 pm
by wlm
Naas
Geluk man. Gaan dit ook nog probeer.
Ek is dom met brandsiek. Het ongelukkig nog nooit 'n jakkals by my gekry met brandsiek nie. Sou lekker gewees het as hulle almal wou siek raak en vrek. Ek vra dus nie omdat ek jou nie glo nie. Ek wil meer leer.
Ek sien sy is redelik bejaard. Is dit brandsiek of haarverlies a.g.v. ouderdom?
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 6:33 am
by naas222
Hi.... jong volgens die slim manne is dit populasie digtheid...
nee ouderdom speel nie n rol nie...
ek weet ook ni genoeg oor hoekom waarom en hoe nie.
Kan iemand dalk help met n meer mediese reede
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 6:56 am
by Friedland
Soos ek verstaan is brandsiek n myt op die vel.
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 7:23 am
by Geno
Lyk vir my eerder of daai jakkals se stert voorheen seergekry het.
Brandsiek lyk so.
Foto krediet: Prohunt
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 7:26 am
by naas222
blinde moer... die duiwel self daai..
Geno.. op sy stertbasis hare ook af.. en op sy een boud ook n kol wat hare verloor.. dink nie dis n seerkry gewees nie..
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 7:31 am
by Geno
En daardie kinkel in die stert?
is dit nie 'n ou breek nie?
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 7:33 am
by naas222
Geno wrote:En daardie kinkel in die stert?
is dit nie 'n ou breek nie?
nee ekt gekyk daai stert makeer niks.. hy ni droog nie.. en waar stert uit lyf kom ook n ring daar waar hare uitval...
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 12:20 pm
by Jakes
sringbok2 15 02 2018 (1).jpg
springbok15 02 2018.jpg
20170325_235503.jpg
Die gemors is dit is hoogs aansteeklik en word dan oorgedra aan ander diere
Ons kry dit op siek rondloop honde, van die 25 jakkalse ek hier geskiet het nie een brandsiek nie (sarcoptic mange)
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 12:29 pm
by naas222
eina dis skade.. nou wat maak n man met daai jak... laai jy hom en brand hom of los jy..
gaat wragtig nie daai ding optel nie.
dalk met handskoene en in n sak gooi en vervoer
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: Brandsiek
Posted: Mon Apr 16, 2018 5:55 pm
by wlm
Geno wrote:Lyk vir my eerder of daai jakkals se stert voorheen seergekry het.
Brandsiek lyk so.
Foto krediet: Prohunt
Nee sies Geno. Die ding lyk dan soos 'n klein Hiena!
Re: Brandsiek
Posted: Sat Jan 26, 2019 12:17 am
by naas222
Vanaand 3 geklits.. lekker ou reun seker so 4 jaar.. nom 2 het so 6 keer gespin toe laat loop hy .. en die een nie eens opgetel nie.. met naadere ondersoek sien ek die reun begin ook tekens toon op sy bene.. almal op een stand gekry[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201901 ... 4f5bd5.jpg[/IMG][IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201901 ... 98222b.jpg[/IMG]
Sent from my SM-J105F using Tapatalk