Page 1 of 1
Sightron S-Tac
Posted: Thu Apr 12, 2018 7:11 pm
by GVC86
Naand sê manne,
Wil graag hoor by die manne wat reeds S-Tac scopes besit. Ek is opsoek na n scope vir my howa en kyk hard na die scopes, veral die 3-16.
Iets wat my egter pla is dat die manne oorsee reken die kruishaar is baie dun en hulle verloor die op n donker agter grond.
Hoe ondervind julle die scopes?
Groete
George
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Re: Sightron S-Tac
Posted: Fri Apr 13, 2018 6:34 am
by Sangoma (IAN)
Sy reticle is presies dieselfde as die S3 reeks.
Baie goeie waarde vir geld. Jy kan mar gerus koop
Re: Sightron S-Tac
Posted: Fri Apr 13, 2018 7:10 am
by DiscoBiscuit
Dagsê,
Ek is baie tevrede met myne. Ek was ook eers skepties oor die dun kruishaar, veral vir die nag skiet. Het nog net 2 skote in die nag met hom geskiet, altwee jakkies het bakkie gery, een het ek in die hardloop op so 150 meter geskiet. Dit was bloot toeval dat ons die jakke gekry het, so die lig was maar flou en nie die regte lig, wat ek vir nag skiet gebruik nie. Ek was verbaas oor hoe helder die scope in die nag is. Ek het op pad huis toe die aand sommer paar ander "critters" bekyk met die scope. Dit was maklik om diere, groot en klein uit te ken en die kruis op hulle te hou. In die dag sal jy nie sommer sukkel met die kruis nie. Hoop dit help.
Mooi dag,
Herman
Re: Sightron S-Tac
Posted: Fri Apr 13, 2018 8:49 am
by Swede
Sangoma (IAN) wrote:Sy reticle is presies dieselfde as die S3 reeks.
Baie goeie waarde vir geld. Jy kan mar gerus koop
Ian, hoe vergelyk sy glas met die van die S3 reeks?
Re: Sightron S-Tac
Posted: Fri Apr 13, 2018 9:23 am
by Dirkvh
Uitstekende teleskoop. Verg klein bietjie meer konsentrasie in die aand om kruishaar te gebruik, maar nie so dat jy sukkel nie. Verskriklik duidelike glas
Re: Sightron S-Tac
Posted: Fri Apr 13, 2018 1:22 pm
by Sangoma (IAN)
Swede wrote:Sangoma (IAN) wrote:Sy reticle is presies dieselfde as die S3 reeks.
Baie goeie waarde vir geld. Jy kan mar gerus koop
Ian, hoe vergelyk sy glas met die van die S3 reeks?
Sy glas is HD. So baie helder. Def dieselfde of n rapsie beter selfs as die S3 reeks.
Re: Sightron S-Tac
Posted: Fri Apr 13, 2018 1:50 pm
by Swede
Dankie

Re: Sightron S-Tac
Posted: Sat Apr 14, 2018 5:23 am
by GVC86
Dankie vir almal se insette. Ek is so te sê verkoop op die scopes, kry net al die spaar varkies in n ry sodra almal reg staan slag ek...
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Re: Sightron S-Tac
Posted: Mon Jun 25, 2018 7:35 am
by Dirkvh
George, ek het nou die afgelope twee weke baie in die aand geskiet met beide die STAC en Leupold LRP. Beide is uitstekende teleskope, maar ek het wel gevind dat die STAC moeiliker is om mee te skiet in die aand, en as ek moeg raak het ek oorgeslaan na die LRP wat baie vriendeliker is op die oog en 'n pap brein in die aand.
Re: Sightron S-Tac
Posted: Mon Jun 25, 2018 8:20 am
by GVC86
Dirkvh wrote:George, ek het nou die afgelope twee weke baie in die aand geskiet met beide die STAC en Leupold LRP. Beide is uitstekende teleskope, maar ek het wel gevind dat die STAC moeiliker is om mee te skiet in die aand, en as ek moeg raak het ek oorgeslaan na die LRP wat baie vriendeliker is op die oog en 'n pap brein in die aand.
Dankie vir die terugvoering Dirk.
Sent from my TA-1012 using Tapatalk