.308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Posted: Mon Apr 09, 2018 9:52 am
Die jaar is 2017... Die maand Junie. Ek vind myself in Tzaneen se groen ruigtes teen die hang van 'n berg en kyk af in die kloof in... ek dink aan myself "black-sam Max... jy's donders onfiks".
Oor my skouer hang daar 'n .338 Winchester Magnum jaggeweer met 'n moerse teleskoop en 'n staal knaldemper voor aan die loop. Soos wat ek teen die berg opklim klap die gedagte my 'n paar keer dat die flipn ding te swaar is. Ons is van die paadjie af en in die ruigtes in... Die geweer is te lank. Die take breek en die krap geluid van takke en dorings teen die 24" loop se blueing en die knaldemper laat my tone krul. Alles hardloop weg... ek beskerm die hout kolf soos wat ek deur die takke loop en my konsentrasie is orals behalwe op die veld en die jag. 5 dae van dit... Ek gaan terug Johannesburg toe met 'n seer lyf, seer voete en 'n leë sleepwa. Twee weke later kan ek nie loop nie as gevolg van bosluis koors... ek is nie 'n happy chappy nie. Die geweer is okay... ek smeer olie en maak haar weer mooi so tussen die koue en warm spelle. Ek kort iets ligters... en korter...
Ek koop toe n paar maande daarna 'n Howa Model 1500 Hog Hunter... Dit kom saam met 'n 18" semi bull barrel profiel lopie met 'n 1:10" twist ratio. Die loop het klaar skroefdraad vir 'n knaldemper (nice...) en die aksie en loop sit op aluminium pillars (uit die fabriek uit) in 'n groen (blykbaar "olyf") rubber Hogue kolf... Die geweer kom saam met 'n 5 skoot eksterne magasyn (wat plastic is- bleh...) maar dis nice want dis iets anders as waaraan ek gewoond is en nou kan ek mag changes doen in die veld as die bokke "tactical" verkeer..
Ek laat glass bed dadelik die Hogue kolf en maak 'n plan met die "fore-end" wat so "flex" volgens baie klagtes wat ek gehoor het...... dit behels 'n k*khuis vol Epidermix en 'n 12cm stuk threaded rod (ek weet - dit is 'n kras benadering). Die loop "float" darm na die hele spul en die glass bedding loop tot net onder die knocks... Ek kry 'n Gunworx slipper (knaldemper) gepas deur Gunworx in Randfontein en die totale loop lengte met die knaldemper is nou 23".. Die balans is ongelooflik en die platform is nogsteeds baie lig. Daarop gooi ek 'n Nikon Monarch 2.5-10x42 wat volgens my perfek vir bosveld jag is (die geweer se doel en aanwending - ek het ander kalibers wat meer geskik is vir wyd skiet).
Nou is my bosveld geweertjie solid.
Maar soos enige ander nuwe geweer wat aangeskaf word - dink ek al diep van dag een af aan wat ek die geweer gaan voer...
Die 18" loop verlaag die snellheid uitkoms vanaf 'n 24" standaard .308 loop met so 20fps per duim...
'n Man wil nie te stadig skiet nie want die bosveld bied nie altyd net "nabye" geleenthede aan nie. So die 180gr koeël teen 'n potensiele 2400fps is bietjies te stadig na my smaak... Al sal die perfek wees vir swaarder wild tussen 30m en 200m...
Die 150gr keuse is nou weer 'n goeie opsie maar ek is 'n liefhebber van koeël gewig bo snellheid (en die konsep van sectional density is baie naby aan my hart). Ek het vir lank met 'n Remington Model 700 .308 Winchester VLS geskiet met 'n 26" - 150gr Sierra Prohunters teen 2730fps en dit het die werk gedoen op al die bokke wat voor die tromp gestaan het... Maar die penetrasie was altyd bevraagbaar en onindrukwekkend (is dit 'n woord?).
Ek is daarom op soek na 'n goeie middelweg.
Ek is nie 'n voorstander van twee verskillende ladings of koeël keuses nie. Maar black-sam kêrels- die koeëls word ook net al hoe duurder...
Ek het daarom besluit om iets anders te probeer - en ek staan reg vir die steune wat gegooi gaan word...
Ek gaan op dag 1 (wanneer ek my kaartjie gaan haal) vir die snubby (kort 308) 'n pak 100 x PMP bruin boksie 165gr koeëls aanskaf met s335 dryfmiddel. Ek gaan dan lading ontwikkeling aanpak om te kyk waar nodaliseer die geweertjie met die 165gr gewig en kennis daarvan neem (ek hoop vir so 2500fps na so 2550fps in een netjiese gat in op 100m - agv beperking op optika op 200m toetse).
Daarna - moet ek 'n goeie "bonded" opsie kies van die selfde gewigklas (165gr). Daar is soveel keuses... Maar die hoof keuses vir bosveld jag doeleindes is huidiglik Nosler Accubonds, Rhino Solid Shanks, Claw en Norma Oryx.
Wanneer dit uitgewerk is en 'n hoopvolle half MOA of kleiner bied - sal ek 'n oefen lading hê (die 165gr PMP softs) en 'n dedicated jag lading (die 165gr bonded koeëls).
In die veld sal ek nie beperk wees op wild spesies nie met 'n 165gr bonded koeël teen 2500fps/2550fps nie en die trajek tot en met 300m sal aanvaarbaar wees (ek jag met 'n duplex kruishaar en dial nie in die bosveld nie so die trajek moet "redelik" wees).
Wat is julle opinies hier rondom? Kritiek? Voorstelle? Ervaring?