T2H help 'n seun met sy eerste jag die jaar, beplanning is om einde Aug naby Zeerust te gaan jag.
Ons was die naweek vir sy eerste sessie by Blue Gum Valley Rifle range net buite Pretoria. Moet sê dis regtig 'n baie lekker baan.
Ons begin met die .22 op 20m, op A4 teiken van 'n Blesbok. Dis ook die bok wat hy gaan jag, so ek probeer hom gewoond maak aan hoe die bok deur die scope lyk.
As jy 'n bladskoot voorstaan sal die 223 met 'n monometaal koeël sy ding kan doen.
Re: Train to Hunt SA
Posted: Wed May 02, 2018 9:32 am
by henried
tripodmvr wrote:As jy 'n bladskoot voorstaan sal die 223 met 'n monometaal koeël sy ding kan doen.
Ek het al so met die boer gesels Marius. Ons sal nader aan die tyd finaal besluit as ons sien hy en die 30-06 kom nie reg nie.
Die boer het nie 'n probleem met die 223 nie, hy kry die fotos en terugvoer van oefening en sal finale besluit hê.
Re: Train to Hunt SA
Posted: Mon Jun 11, 2018 9:39 am
by henried
My seun oefen vir sy jag in Julie.
Re: Train to Hunt SA
Posted: Tue Jul 24, 2018 8:30 am
by henried
Klein Chris wrote:Lekker, kry die jong man van die bank af en op stokke so gou moontlik
Re: Train to Hunt SA
Posted: Tue Jul 24, 2018 4:04 pm
by Andre308
Daai klong skiet darm al lekker.
Sterkte met die wag!
Re: Train to Hunt SA
Posted: Mon Jul 30, 2018 9:09 am
by henried
Ek en my jongste seun het die naweek net buit Koppies gaan jag, hy 'n rooibok en ek moes 'n blesbok vir 'n vriend skiet.
Plan was dat hy met die 223 skiet, maar ek het Donderdag aand met die uitpak om te kyk dat als reg is, die 223 "gedrop test". Ek het niks fout gesien nie, maar toe hy die geweer Vrydag aand op die plaas uit haal het iest net nie lekker gelyk nie. Die scop agter het gebuig...
Ek het ook die skiet stokke vergeet...
So besluit ek toe dat hy dan met die 30-06 sal moet skiet.
Ons is Saterdag oggend uit, die wind het mooi vir ons gewerk en ons was reg vir die jag. Ons het vinnig 'n Waterbok koei gekry, sy het laas die lewe ons, met my oudste seun se jag, baie moeilik gemaak. Ons het in 'n spoelsloot geloop vir so 200m, tot waar ek hoogte kon kry om die vlakte in te kyk. Na so 5 min se staan het ek die rooibok gesien toe hy sy kop optel, hy was so 800m voor ons.
Ek het die planne vinnig verduidelik, en vinnig net weer die proses verduidelik. Die wind was mooi en ons het elke keer nader gegaan as hy sy kop sak om te eet. So 150m van hom was 'n lekker groot miershoop, dit was ons eerste opsie om oor hom te skiet, maar die gras was te lank en hy kon nie 'n oop skoot kry nie. Ons het nog nader beweeg en so op 120m 'n kans gesien waar hy dalk 'n oop skoot gaan kry.
Ek het vinnig gaan staan en hy het oor my skour aan gelê. Wat vir my so 30min gevoel het was seker net 30 sekondes toe die skoot loop. Die ram het in sy spore gesak.
Nadat on geslag het en iets geëet het, het ons besluit om te gaan kyk vir 'n blesbok. Hulle was in 'n oop vlakte en ons het ons self reg gemaak om die res van die dag agter hulle aan te kruip. Ons het hulle gekry waar hulle in die middel van die vlakte staan teen 'n droë pan. Tussen ons en hulle was 'n bos riette wat ons gevolg het tot ons so 100m van ''n grond pad af was, waar daar een verlate boom gestaan het. Die plan was om in die pad, in die koelte van die boom te lê. Van daar het ek geskat dat hulle binne skoot afstand sal wees.
Als het mooi gewerk en alhoewel hulle ons gesein het, het als rustig geword nadat ons gaan lê het. Dit was 'n trop van seker 30 blesbokke en ons het rustig met die verkyker gekyk vir 'n mooi ram. Ek het een gesien en hom gerange, hy was so 150m van ons af. Hy het nie 'n oop skoot gegee nie. My seun het die verkyker gevat en verder deur die groep gegaan. Ons het omtrend 30min gelê toe hy vir my sê hy sien ‘n baie mooi ram. Hierdie ram het opvallended wit horings gehad en was mooi wyd op die punte. Dit het nog so 10 min gevat voor hy my ‘n skoot gegee het, ek het hom op 160m geskiet. Hy het 19 duim gemeet, nog my grootste blesbok tot nou.
Ons was baie gelukkig en al het dinge nie so goed begin nie, het dit baie goed geeindig, al ons planne het gewerk.
Re: Train to Hunt SA
Posted: Mon Jul 30, 2018 9:42 am
by Geno
Well done julle!
Re: Train to Hunt SA
Posted: Mon Jul 30, 2018 10:03 am
by ruaanb
'n boer maak 'n plan - well done Henrie.
Re: Train to Hunt SA
Posted: Mon Jul 30, 2018 10:25 am
by Stephan86
Klink soos 'n baie lekker Saterdag. Geluk
Re: Train to Hunt SA
Posted: Mon Aug 27, 2018 2:50 pm
by henried
Ons is Woendag middag deur na die plaas net buite Zeerust. Ons was so 15:00 daar, af gepak en vinnig‘n draai by die skietbaan gaan maak. Alles was nog reg en die pa en seun het mooi geskiet.
Ons is vroeg Donderdag oggend uit, en die seun kon eerste skiet, rooibok was op sy lys. Binne die eerste uur het ons ‘n trop rooibokke met twee mooi ramme gesien. Planne is gemaak om hulle voor te lê, maar ons was haastig en hulle het ons gevang. Die res van die dag was moeilik, ons het net oor die 13km vir die dag gestap.
Vrydag is ons weer vroeg uit en terwyl ons ry het ons ‘n trop rooibokke gesien wat so onder ‘n krans wy. Ons het ‘n draai gery om hulle van bo die plato te bekryp. Die wind en als het mooi gewerk, die ram in die trop was ‘n monster, mooi ou rooibok ram.
Ek en die seun se pa het agter gebly terwyl John, eienaar, saam met die seun die bokke bekruip het. Die eerste stel het die bokke baie gemaal, die ram het heeltyd in die middle van die trop gestaan en geen skoot gegee nie. Hulle moes twee keer skuif en kon nie een keer ‘n skoot kry nie. Die wind het sterk teen die krans op gewaai en die afstand was ook verder as wat ons gemaklik gevoel het. Ons het besluit om na ‘n ander hoogte te beweeg en hulle voor te sit. Als het mooi gewerk tot 3 vlakvarke die rooibok bewus gemaak het van ons teenwoordigheid.
Die res van die dag was ons op die voet, teen 12:00 het die wind hard gepom en ons het besluit om na ‘n ander deel van die plaas te beweeg waar ons bietjie beskud was van die wind. Ons het oor gegaan om te “spot en stalk”, maar het na meer as twee ure nog geen sukses gehad nie. Ons wou net opgee toe hy ‘n skoot op ‘n jong ram gekry het. Dit was met die 223 op so 80m. Die ram het nie 40m gegaan nie.
Dit was nou pa se beurt en ons is agter die blesbokke aan. Dit het ons omtred ‘n uur gevat om ‘n skoot op ‘n ram te kry. Die man het mooi geskiet en die bok het in sy spore gesak, hy het met die 30-06 geskiet, afstand was so 120m.
Ons het net so oor die 20km in die twee dae gestap.
Dit was vir pa en seun hulle eerste jag.
Re: Train to Hunt SA
Posted: Tue Aug 20, 2019 9:19 am
by henried
Dis weer tyd vir Train to Hunt en LCA se "first time hunter" jag die naweek. Ons vertrek Vrydag oggend Zeerust toe vir 'n lekker jag.
Ons oefen nou al so 6 maande en als is in plek. Die man wat die jaar saam met my skiet is akteer/sanger/ entrepreneur.
Euegen was veronderstel om deel van 'n LCA jag, wat deur Marikwa naby Zeerust geborg was, te wees in 2013, maar agv 'n fliek kon hy dit nie maak nie. Ons het besluit om hom te nooi die jaar.