Page 1 of 1
Ongedierte inligtingsdag
Posted: Wed Sep 30, 2009 9:34 pm
by Mac
Almal in die Oos Kaap,
Nou net uitgevind daar sal n' Ongedierte Inligtingsdag wees by Grootfontein LK se lesingsaal in Middleburg die 14de Oktober, 09h00 tot 13h00. Die spreker is Niel Viljoen, (Ken hom nie) en die onderwerp is "Die bestuur en beheer van ongediertes" Navrae by Aletta Erasmus 049 842 2017 of 083 443 0808.
Ek sal ongelukig nie daardie datum beskikbaar wees, maar as iemand kan bywoon en ons op datum kan hou sal dit goed wees, daar is blykbaar n' R50.00 registrasie fooi ook.
Graham
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Wed Sep 30, 2009 9:39 pm
by WillJak
Graham, ek het al so inligtingsdag deur Niel bygewoon en dit is beslis die moeite werd. Ek stem nie noodwendig saam met alles wat hy se nie, maar hy is die eerste ou om te erken dat jakkalsgedrag van area tot area kan verskil en sy waarnemings is gegrond op die jakkalse in sy omgewing. Sy benadering is baie holisties en verg heelwat inset en tyd vanaf die boer en sy werknemers, veral aanvanklik. Maar dat dit interesant en leersaam is, die is so, so as julle dit kan maak, ek kan dit aanbeveel.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Wed Sep 30, 2009 9:54 pm
by Mac
Wljak,
Klink interesant, ek is eintlik half spyt ek sal nie hier wees nie,
Graham
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Thu Oct 01, 2009 6:31 am
by Foxcreek
More manne
Ek het ook 'n inligtingsdag van Neil bygewoon. Dit was iewers in die begin van die jaar op Winterton. Dit was baie interessant en ek sal aanbeveel dat wie kan dit gaan bywoon. Mens kan altyd leer al premote hy nie altyd roep nie.
Foxcreek.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Thu Oct 01, 2009 8:31 am
by britsman
Dag almal,
Wie is die Neil ou? Wat is sy joppie?
Dankie en groete,
brits
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Thu Oct 01, 2009 10:44 am
by WillJak
Hy boer self, as ek dit nie mis het nie daar naby Murraysburg ?rens, en die wol produsente of sybokhaar manne of iemand dergliks gebruik hom om die inligtingspraatjies oor die land te doen. Jy kan gerus maar gaan luister - hy promofeer nie altyd roep en skiet nie, of ten minste nie as primere beheer metode nie, maar gebruik dit wel selektief as een van die pyle in sy arsenaal - maar hy ken nogal sy jakkalse en ek het baie by hom geleer oor hulle gedrag.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Thu Oct 01, 2009 3:35 pm
by Foxcreek
Willjak
Net 'n klein regstellingkie, Niel Viljoen boer self in Loxton en hy word deur die NWKV gebruik vir ongedierte inligtingsdag. Sy buurman is Tiekie van Boer Soek 'n Vrou 1.
Foxcreek.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Thu Oct 01, 2009 3:43 pm
by WillJak
Foxcreek, dankie man, ek het hom toe mis gehad - maar ten minste het ek geweet hy boer darem en dis ?rens naby Suid Afrika

Dankie ook vir die inligting oor NWKV - ek kon nie onthou presies wie dit was nie. Van Tiekie moet ek darem s? het al gehoor, ma ek kyk mos nie rerig TV nie so ek's ma terug op die brug met die tipe van dinge...
Hoe dit ook al sy, ek persoonlik dink dis heeltemal die moeite werd om na die man te gaan luister
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Thu Oct 01, 2009 5:42 pm
by britsman
Willjak / foxie,
Dankie vir die inligting...... ek onthou nou dat hy vroeer in die jaar was hy genoem op die forum.
Hou Neil se planne jakkie & R/kietie onder beheer?
WillJak wrote:
........................ma ek kyk mos nie rerig TV nie so ek's ma terug op d...............
Soos dit word gese:
Jakkie kom nie TV toe nie
groete,
brits
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Thu Oct 01, 2009 6:47 pm
by JACQUES BOTHA
EK DINK HY PRAAT OOK VAN DIE STILLE DOOD......EN DAN SLAGYSTERS EN DAN ROEP EN SKIET MAAR ERK SKIET NOU UIT DIE HEUPE UIT......
MAAR DALK MOET N MAN MAAR GAAN LUISTER EN DAN KOMMENTAAR LEWER...WONDER OF HY SAL OMGEE OM SY MANUSKRIP TE LAAT PUBLISEER HEIR OP DIE FORUM?
VRA MAAR NET
GROETNIS
jACQUES
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Fri Oct 02, 2009 7:24 am
by Foxcreek
Manne
Ja, Niel praat van ysters en roep, ens. Die interresantste vir my was sy gedeelte oor teelgate. Vir hom kan dit makliker wees as vir Pro Jagters wat die hele land vol jag, want hy ken sy plaas van hoek tot kant. Hy weet waar die gate is waar hulle broei en skiet die hele lot daar dood voor sy lamtyd begin.
Dan het hy een familie gevat en die ma en pa uitgehaal, die kleintjies gelos en hulle honnepille gevoer tot op 'n stadium waar hulle vleis moes kry. Toe skiet hy vir hulle dassies,hase,sringhase,ens. Dan vat hy 'n dooie lam en hy sit slegte goed soos jays fluid op die lam en so leer hy hulle om nie skaapvleis te eet nie.Hy se daai jakkies het by die skape verby geloop en eerder kleiwild gevang.
Oordeel vir julle self.Mens kan by hom baie leer van die gedrag van 'n jakkie.
Foxcreek.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Fri Oct 02, 2009 11:36 am
by Ambessa
Hallo Britsman
britsman wrote:...Wie is die Neil ou? Wat is sy joppie?
Niel Viljoen boer met skape in die Loxton-distrik.
Dit is baie insiggewend om na sy praatjie te luister.
Niel is deur die NWKV gekontrakteer om die praatjie (+- 3 uur) landswyd aan te bied. Baie goeie gebruik van fotos.
Ambessa
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Fri Oct 02, 2009 12:27 pm
by Ambessa
Hallo Willjak / almal
WillJak wrote:...Hy boer self, as ek dit nie mis het nie daar naby Murraysburg ?rens, en die wol produsente of sybokhaar manne of iemand dergliks gebruik hom om die inligtingspraatjies oor die land te doen.
Kyk my antwoord elders (later)...
Ambessa
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Sat Oct 03, 2009 6:54 am
by WillJak
Jacques som dit goed op. Britsman, ja, of sy beheermetode die jakkies onder beheer hou - ek dink wel so, maar of dit prakties uitvoerbaar is op alle plase, of selfs die meerderheid van plase - daaroor het ek bedenkinge - dit is baie arbeidsintensief en verg baie toewyding en inset van veral die boer se kant af.
Soos ek al vantevore ges? het - ek stem nie noodwendig met die man saam oor alles nie, maar dat hy sy jakkalse ken en dat dit werkbaar is as jy die moeite wil doen, dit dink ek wel. Daar is heelparty potensiele probleme met die stelsel - wat Niel ook al ondervind het en uitlig in die praatjie - soos bv. sy een buurman het per ongeluk die reuntjie wat hy so met die hondepille grootgemaak het geskiet of gevang - en dan begin jy weer van voor af want die reun wat gaan inkom is dalk nie 'n Dogmor baba nie..... Hy gebruik ysters om ander jakkals wat teen sy Dogmor babas begin merk mee te vang - maar jy kan net sowel die Dogmor baba vang, want jy stel op of naby merkplekke. 'n Ander aspek is die feit dat jakkalse se gebiede oorvleuel en dat jy baie goeie samewerking oor groot gebiede gaan nodig h? - wat almal dieselfde metode toepas vir dit om werklik enige mate van oplossing te bied. Mis jy 'n paar neste oor so gebied, gaan hulle jou in elk geval vang - en hoe weet jy dan wie is die skuldige??
Die stelsel vereis ook groot getalle kleinwild om geredelik beskikbaar te wees vir die jakkalse, wat dalk nie die geval gaan wees tydens of net na ernstige droogtes nie ens.
Maar gaan luister gerus, die man het baie navorsing gedoen oor jakkalse, en ek ten minste, het baie geleer oor die algemene gedrag van jakkalse, hulle teel gate ens.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Sat Oct 03, 2009 12:02 pm
by tafjak
Lyk my ook maar na een of ander goedkoper manier om om die jakkalse te werk. Die goedkoopste bly maar nog altyddeur die jakkalse.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Sat Oct 03, 2009 5:07 pm
by WillJak
Taffie, ek dink juis die metode is nie baie goedkoop nie, dit maak gebruik van meestal slagysters en roep en skiet, maar as jy die tyd inreken van jakkalse na-loop, merk plekke en neste soek en merk, merk plekke amper elke dag naloop en ysters stel, kleinwild skiet vir die voer van jou Dogmor babas ens dan raak dit 'n duur spulletjie - ?rens moet jy boer ook. Dan is daar die samewerking van jou bure nodig want "jou" jakkalse gaan op hulle plase ook loop en merk en jy moet agterna.
Omtrent die eerste ding wat Niel s? op die praatjie is dat dit vir hom werk en nie noodwendig orals nie en sy statistiek wys dat dit sy verliese wel ingeperk het - maar hy sal ook vir jou s? dat hy weet baie ouens nie die tyd of lus gaan h? vir die hoeveelheid werk wat dit vat nie. En soos ek hierbo ges? het, ek stem ook nie met hom saam oor baie van die goed nie - behalwe vir wat ek hier bo genoem het, is daar byvoorbeeld die kwessie van baie groot plase - wat maak die groot boere wat op 10 en 15 en selfs 100 000 hektaar boer?? Jy gaan st??????p.......
Vir my l? die waarde in die algemene inligting oor jakkalse en die manier wat dit toegelig word met fotos en kaarte - jy kry 'n goeie prentjie van loop areas, nes areas, vang patrone ens.
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Sat Oct 03, 2009 7:58 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak
tafjak wrote:...manier om om die jakkalse te werk. Die goedkoopste bly maar nog altyddeur die jakkalse.
...met 'n skerppunt natuurlik...
Ambessa
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Tue May 04, 2010 9:11 pm
by britsman
Gelukkig sien ek 'n poster vandag in ons Koop dat Neil Viljoen 'n Ongedierte spraakie maak in Jamestown vanmiddag.
Het toe 'n draai gemaak en manne, Neil ken van jakkie en al sy tricks.Blykbaar het Heinrich,Taffie en Freddie amper in Loxton vasgesit op pad Myl 108 toe.Ek het hom gevra om die Jaracal Forum te noem in sy spraakjies.
Dit is jammer hy sukkel om op die internet te kom, maar hy weet van ons.Lekker gepraat oor Kojak en Joseph se stalletjies op die skoue.
Freddie ek hoor jy reel 'n inligtings dag in Tarka op 27 Mei en dat NWKV gaan 'n tolk he vir die plaaswerkers, en Neil gaan ook wys hoe slagysters moet gestel word ens. MOOI so ou FREDDIE.Dalk gaan ons dit regkry om NWKV so iets in Burgersdorp te reel.
Mooi loop,
Papa Brits
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Tue May 04, 2010 10:02 pm
by KSV
Kan iemand my help met Niel se nommer asb?
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Tue May 04, 2010 10:02 pm
by Ambessa
Hallo Britsman
britsman wrote:...Neil ken van jakkie en al sy tricks.
...encore...
Ambessa
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Tue May 04, 2010 10:28 pm
by britsman
KSV,
Kalahari Sands Varminting wrote:
Kan iemand my help met Niel se nommer asb?
0 eight 23818227
groete,
Papa Brits
Re: Ongedierte inligtingsdag
Posted: Wed May 05, 2010 8:06 am
by britsman
Almal,
britsman wrote:
........... Blykbaar het Heinrich,Taffie en Freddie amper in Loxton vasgesit op pad Myl 108 toe.........
Niel het my vannoggend gebel en gese dat ek
verkeerd die bogenoemde deurgegee het. Blykbaar was dit Heinrich en Kojak wat daar vasgehaak het.
SORRY NIEL, salnie weer nie
Lekkerdag vir almal,
Papa Brits