Page 1 of 2

Nuwe .22LR lisensie

Posted: Tue Sep 27, 2011 9:55 pm
by Cobus(Cobb)
Vandag, 27 September 2011, nuwe lisensie aansoek vir die .22LR Brno ingedien....

Ek sal nou en dat "update" oor die lisensie proses...kyk of hulle bietjie vinniger kan wees as die 2 jaar vir my 308

Cheers.

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 7:21 am
by .::Alwyn-U::.
Cobb

My 375H&H lisensie was guster goed gekeur. Het om 20/05/2011 ingegee.  Dis darem vinnig!

Ek kan rerg nie kla nie.
Hoop joune is ook so spoedig!

Groete
Alwyn

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 7:52 am
by green leader
2 jaar is niks ek het twee weke terug my lic gekry vir my .22 hornet ek het die applicasie in 2003 ingegee. :o

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 8:26 am
by langloop
Soos wat ek die ding verstaan, het SAPS hulle verbind daartoe om die agterstand uit te wis teen Augustus 2011.  Ek het self 2 jaar gewag vir my 300WM en competency wat in Augustus uitgereik is.  Uit kommunikasie van SAGA (SA Gunowners Assoc) blyk SAPS redelike vordering te maak met die backlog.  Touch wood ;) ;D

Het op 24 Augustus aansoek gedoen vir my .22LR (Anschutz jaggeweertjie), en wag in spanning.  Sal uit my vel wees as ek net 4 maande wag.

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 12:25 pm
by Cobus(Cobb)
My pel Pierre het Junie 2011 sy .22 en 308 en Competancy in gegee....Liksens begin September in sy sak(papier, nie kaartjie nie)

Ja, my DFO...(gister perongeluk van DOF gepraat) s? dat daar 2 spanne is...baclog en new..
New is vinnig en backlog wat vir ewig....klink my so 3 na 4 maande vir nuut is nou die norm...

Cheers

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 12:29 pm
by DWB
Cobus, wil jy nie dalk jou .22 se motivering vir my aanstuur nie?

My 30-06 se aansoek is nou al 3 maande terug ingegee, ek hoop wragtig hy begin nou weer beweeg...

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 12:31 pm
by Cobus(Cobb)
Ek maak so....
Stuur my jou email adres

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 2:18 pm
by Vosman
Kerels,
Die lisensie aansoeke aan die nuwe kant gaan vinnig(in Africa tyd).
Ek het my bevoegdheid en lisensie aansoek saam ingestuur die 2de Julie, en alles is goedgekeur teen die 20ste Sept.
Nou wag ek wel nou vir my kaartjie/papier.
Ek het reeds die bevoegdheids papier gekry die 17de Sept.

Sterkte, ek weet nie of ek net gelukkig was nie.

Groetnis

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 2:27 pm
by DWB
Vosman, moet nou nie dat ek my wangedra nie!!!!

Bly vir jou!

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Sep 28, 2011 6:01 pm
by Cobus(Cobb)
Vosman

Laat hulle die papier vir jou uitprint.Jy kan ammo koop en als daarmee...
Dis 'n SAPS 21...

Cheers

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Mon Oct 03, 2011 2:30 pm
by langloop
Kan enige iemand my 'n aanduiding gee van hoe lank dit SAPS neem om die 'process of consideration" af te handel?

My 22LR aansoek is op 24Aug ingedien, op 7 Sept ge"capture" op die stelsel, en het 16 Sept in Pta aangekom.

Volgens die hulplyn: "De only ting dat remyns is de process of consideration".

Eish!

Groete

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Mon Oct 03, 2011 2:58 pm
by DWB
Langloop, my aansoek l? al van 25 Julie af daar en het nog nie gemove nie

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Mon Oct 03, 2011 3:10 pm
by langloop
Sterkte DWB !  ;D

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Thu Oct 13, 2011 5:48 pm
by langloop
Langloop wrote:
Het op 24 Augustus aansoek gedoen vir my .22LR (Anschutz jaggeweertjie), en wag in spanning.  Sal uit my vel wees as ek net 4 maande wag.
Het vandag gehoor dat my lisensie goedgekeur is.  Moet blykbaar nog net gedruk word.  Wonder hoe lank dit sal neem... ;)

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Thu Oct 13, 2011 5:58 pm
by Jaktrap
Hoop dit gaan beter met jou as met my.
My lisensie is 6 Sept gedruk maar kon tot nou nie sy pad Kaap toe vind nie.

Sterkte
Jaktrap

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Oct 26, 2011 10:51 am
by Cobus(Cobb)
Een maand later,...liks?ns is by CFR in Pta maar by die Northwest/Vrystaat groep.....eks in Gauteng...een of ander fom dokker was weer aan die slaap,my DFO s? dit gaan 'n maand vat om dit weer by regte provinsie se goed te kry...

Cheers..

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Oct 26, 2011 2:42 pm
by Henk01
cobb,

Ek self in die proses om my .22lr te koop.
Kan ek ook dalk die motivering lees vir jou .22lr, ek wil weet wat alles om te skryf, gaan darem vinniger met toegewyde jagters verstaan ek.

Henk

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Oct 26, 2011 5:01 pm
by axe942
Ai ja jai.... Dit is nou om van te huil, iets so onbenullig.  :'(

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Oct 26, 2011 5:08 pm
by .::Alwyn-U::.
Henk

.22LR kani gemotiveer word vir toegewyde jag nie, dis nie onder jag kalibers nie. Jy moet hom volgens toegewyde spotskiet motiveer.

Groete
Alwyn

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Wed Oct 26, 2011 7:56 pm
by Cobus(Cobb)
Henk, met bplesier...stuur my jou epos op 'n PM

Cheers

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Thu Oct 27, 2011 8:49 am
by Henk01
Cobb, PM gestuur

Alwyn - u, ek verstaan n ou kan dit motiveer as "pest control" vir rotte, jakkalse ens as jy briewe van vriende op plase aanheg?

Groete

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Thu Oct 27, 2011 9:13 am
by .::Alwyn-U::.
Henk

Daai is seker moontlik as jy dit reg motiveer. Ek sou natuurlik hou by die toegewyde sportskiet en randslag kompetisie skiet..

Groete

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Thu Oct 27, 2011 9:46 am
by Henk01
Cobus, dankie jou e-pos ontvang

Alwun U, ek gaan my plaaslike jagvereniging vra om die rimfire skiet kompt te motiveer, saal plaas briewe en ander info.

Glo dit sal genoeg wees

Henk

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Thu Oct 27, 2011 9:59 am
by .::Alwyn-U::.
Henk

Doen sommer dit vir altwee! dit kan mos net beter wees!

Hoop jy kom reg..

Groete
Alwyn

Re: Nuwe .22LR lisensie

Posted: Tue Nov 29, 2011 10:40 pm
by Cobus(Cobb)
Vandag weer gaan navrae doen.
L? darm nou al by vingerafdrukke...

Cheers