Page 1 of 1

Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 10:14 am
by 30-06
Ek skiet 123g CC teen 2800 v/s uit n CM.
Die scope is gezero op 100m.

Ek het in die verlede al verskeie ladings se trajek suksesvol uitgewerk.

Ek sukkel egter met die een.

Volgens Strelok moet die val op 300m 15.5 duim wees.

Ek het die werklike val gaan toets en dit is 18.5 duim.

Vir hierdie drop moet die spoed 2611 v/s wees.

Ek besef daar is baie veranderlikes. Ek het egter by verskeie kere die spoed getoets en en is oortuig dit is in die omgewing van 2800.

Waar le my fout?

Re: Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 10:40 am
by Gian_dP
Die adverteerde bc vir die cc koeels is waarskynlik te hoog, maar sal nie so groot verskil verklaar nie.

Maak seker jou jou ander inligting is so akuraat as moontlik. Kyk ook na die tempertuursensitiwiteit, Strelok kan daar soms foutiewe waarde gee.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 12:09 pm
by JohanvB
Stupid vraag, maar is jou scope se hoogte reg op Strelock?

Re: Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 12:24 pm
by 30-06
Ek het gaan seker maak die scope hoogte en temp faktor lyk reg.

Re: Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 12:32 pm
by tripodmvr
As al die syfers reg is dan is die BC die enigste term wat veranderlik is. Die koeël ervaar meer wrywing as wat die getal bepaal. Pas hom afwaarts aan en kyk wat gebeur op 500m met die nuwe syfer.

Re: Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 2:04 pm
by 30-06
Die probleem is om daai drop te kry moet jy die bc verander van 0.51 na 0.3 wat na my mening te veel is. Ek stem dat die bc dalk foutief kan wees. Maar die aanpassing is te groot.

Re: Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 2:24 pm
by tripodmvr
Jy gaan die antwoord slegs kry deur te eksperimenteer. Daarom my voorstel om dit prakties te toets op 500m en dan kan jy moontlik 'n beter syfer bereken of bevestiging kry.

Ek het gou syfers deur Quick Target gesit en het ongelukkig nou nie jou syfers nie. Dit gee 'n val van 18,6duim op 350 treë met spoed van 2813vps.

Re: Strelok hulp asb.

Posted: Sun Mar 25, 2018 2:29 pm
by JacquesT (Stompe)
30-06 wrote:Die probleem is om daai drop te kry moet jy die bc verander van 0.51 na 0.3 wat na my mening te veel is. Ek stem dat die bc dalk foutief kan wees. Maar die aanpassing is te groot.
As ek reg is gebruik jy daar die G1 BC. Verander hom eers na die G7 BC toe en kyk of jou syfers nie beter gel nie.