Page 1 of 1
Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Mon Mar 19, 2018 1:42 pm
by Finder20
Middag manne,
Ekt n vraag wat stel julle voor as mens n langer loop wil he, om eerder n ander roer te koop of is dit meer prakties om net n loop te koop met die spesifikasies wat ek na verlang bv n 30" duim loop met 1-7twist vir my creedmoor met n 34mm dia.
Wat beheld die loop vervanging proses?
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Mon Mar 19, 2018 5:04 pm
by Armand Steenkamp
Dit behels baie trane en 2 of 3 jaar se wag....
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Mon Mar 19, 2018 5:11 pm
by Harambe
Dit kos in elk geval op die ou end net soveel soos om 'n nuwe geweer te koop.
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Mon Mar 19, 2018 5:41 pm
by Sean3006
Ek luister ook...
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Mon Mar 19, 2018 6:36 pm
by Konrad308
Harambe wrote:Dit kos in elk geval op die ou end net soveel soos om 'n nuwe geweer te koop.
Die probleem is, die nuwe geweer het nie 'n 30" heavy palma loop op nie. En ook nie die twist wat jy graag wil hê nie.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 9:08 am
by Ds J
Dit gaan dalk makliker, vinniger en duurder wees om direk n nuwe geweer te laat bou.
Jy spaar tyd met die onbekwaamheid van CFR, dus makliker.
Alles is nuwe komponente, dus vinniger want minder papierwerk.
Duurder vir die normale redes.
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 9:22 am
by Armand Steenkamp
Kan jy nie die geweer inboek by n smid so dat doe geweer op sy boekke is nie. Dan haal jy doe roer van jou naam ad. Die smid vernietig die loop. Skroewe n nuwe loop in jou aksie en jy doen aansoek van voor af soos n nuwe geweer?
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 10:12 am
by Gian_dP
Ds J wrote:Dit gaan dalk makliker, vinniger en duurder wees om direk n nuwe geweer te laat bou.
Jy spaar tyd met die onbekwaamheid van CFR, dus makliker.
Alles is nuwe komponente, dus vinniger want minder papierwerk.
Duurder vir die normale redes.
Is daar nie maar net so baie papierwerk om aansoek te doen om 'n geweer te laat bou nie?
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 10:23 am
by Rem
Gian_dP wrote:Ds J wrote:Dit gaan dalk makliker, vinniger en duurder wees om direk n nuwe geweer te laat bou.
Jy spaar tyd met die onbekwaamheid van CFR, dus makliker.
Alles is nuwe komponente, dus vinniger want minder papierwerk.
Duurder vir die normale redes.
Is daar nie maar net so baie papierwerk om aansoek te doen om 'n geweer te laat bou nie?
As jy net die aksie koop en dan die geweer laat bou dan mag dit dalk vinniger wees maar as jy n nuwe geweer laat bou op n aksie wat klaar op n bestaande geweer is dan raak dit interessant/lang proses.
Indien enige iemand die proses begin en direkte nommers soek om die aansoeke op te volg/aan te spoor. Stuur n PM dan gee ek die nommers.
Was onlangs deur die hele uistappie.
Groete
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 10:25 am
by Kallie Fernhout
Lang storie kort sien jy soek n 1-7 twist 264 loop gaan sukkel om een te kry so d.w.s jy gaan hom spesiaal moet bestel. Dit gaan n paar maande vat. Jy doen aansoek vir request to alter a firearm by a gunsmith, dit is n 531. Sodra jy toestemming gekry het mag die geweersmit begin bou aan die geweer. Sodra hy klaar is vul jy n 521g in Notification of incorrect information wat jy dan die nuwe serial nommer ens invul sodat hul dit op jou nuwe kaartjie kan aanbring. Hierdie grappie klink maklik en eenvoudig, ek al 6 keer daar deur en weet nie of ek weer die krag het nie. Baie sterkte, dit kan enige iets van 4maande tot 20jaar vat
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 11:33 am
by tripodmvr
Prozac vir 6 maande en dan begin jy met die proses - en jy gebruik dan dubbeldosis PZ.
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 11:41 am
by Rem
Kallie Fernhout wrote:Lang storie kort sien jy soek n 1-7 twist 264 loop gaan sukkel om een te kry so d.w.s jy gaan hom spesiaal moet bestel. Dit gaan n paar maande vat. Jy doen aansoek vir request to alter a firearm by a gunsmith, dit is n 531. Sodra jy toestemming gekry het mag die geweersmit begin bou aan die geweer. Sodra hy klaar is vul jy n 521g in Notification of incorrect information wat jy dan die nuwe serial nommer ens invul sodat hul dit op jou nuwe kaartjie kan aanbring. Hierdie grappie klink maklik en eenvoudig, ek al 6 keer daar deur en weet nie of ek weer die krag het nie. Baie sterkte, dit kan enige iets van 4maande tot 20jaar vat
Nes jy daar se Kallie,
Indien dit jou primere geweer is sal ek dit nie voorstel nie. As jy ander gewere het en jy tyd het om te wag, dan is 1-2jaar seker eina maar gaan nie jou jag/teikenskiet geleenthede beinvloed nie.
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 1:35 pm
by alecjohnson
My proses vandag begin, hier kom 'n ding!
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 1:45 pm
by tripodmvr
Prozac???????????
Re: Hoe gaan mens te werk as mens n ander loop wil op sit?
Posted: Tue Mar 20, 2018 2:33 pm
by Fanta300
Armand Steenkamp wrote:Kan jy nie die geweer inboek by n smid so dat doe geweer op sy boekke is nie. Dan haal jy doe roer van jou naam ad. Die smid vernietig die loop. Skroewe n nuwe loop in jou aksie en jy doen aansoek van voor af soos n nuwe geweer?
Maak vir my sin.
Ek het jare terug ‘n loop vervang. Bloot aansoek gedoen vir nuwe lisensie vir nuwe loop. Loop laat vervang by wapensmid en my lisensie was reg voor die geweer klaar was. Ou loop net so in kluis gebêre saam met sy lisensie. So ‘n paar jaar gelede die loop vir ‘n vriend geskenk wat wat hom op ander aksie laat sit het en lisensie oorgedra op sy naam. QED
Ek het ‘n Beretta .22 Pistool met twee lope. Elke loop het sy eie lisensie