Page 1 of 1
Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Mon Sep 28, 2009 11:11 pm
by tafjak
Daar bel 'n boer uit Weskaap my vroe?r vandag en wil toe weet of ek sal kans sien om by hom te kom jag. Ek vra so bietjie uit en hy laat my verstaan dat hy nie meer kans sien om verder met kleinvee te boer as die jakkalse en katte nie onder beheer gebring kan word nie. Hy vertel ook verder dat die jakkalse op sy grond broei en homself en sy bure baie skade gee. Wanneer het julle dit al uit die kli?nt se mond gehoor dat sy jakkalse ander manne se vee vang?
Al wat ek s? is dat daar baie hoop is vir sulke kli?nte en ek help graag! My afspraak is vir rondom die 15de November en ek gaan nog 'n jagter saamneem om te help omdat die boer ook sommer in dieselfde asem genoem het dat alle jakkalse op sy en bure se grond 'n plan mee gemaak moet word, hy staan goed daarvoor. Hy het nie eers fooie gevra nie, net wat ek nodig sal h?. Wonderlik!!! Hierdie man gaan 'n vet afslag by my kry, maak nie saak wat gebeur nie. Ek het nie besef daar loop nog die kaliber mense rond nie.
Hierdie man het my weer opge"jack" vir 'n baie lang tyd. EK TREK ALLE NEGATIEWE WOORDE UIT MY MOND TEENOOR KLI?NTE TERUG.
Groetnis
Taffie
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Tue Sep 29, 2009 2:04 pm
by JACQUES BOTHA
TAFFIE
DiS MOOI MAN DAT MANNE NOG MANNE KAN WEES. EN DAT HULLE WETE HULP MOET GEKRY WORD.
EN BESEF DAT HULLE KUNDIGES MOET INKRY OM DIE JOB TE DOEN WAT GEDOEN MOET WORD.
STERKTE DAAR ..
SHOOT STRAIGHT..........
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Tue Sep 29, 2009 3:38 pm
by WillJak
Hy vertel ook verder dat die jakkalse op sy grond broei en homself en sy bure baie skade gee. Wanneer het julle dit al uit die kli?nt se mond gehoor dat sy jakkalse ander manne se vee vang?
Al wat ek s? is dat daar baie hoop is vir sulke kli?nte en ek help graag!
Ja nee wragtig, so bek verdien jam!!
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Tue Sep 29, 2009 5:09 pm
by tafjak
Jakes
JACQUES wrote:
DiS MOOI MAN DAT MANNE NOG MANNE KAN WEES. EN DAT HULLE WETE HULP MOET GEKRY WORD.
EN BESEF DAT HULLE KUNDIGES MOET INKRY OM DIE JOB TE DOEN WAT GEDOEN MOET WORD.
STERKTE DAAR ..
SHOOT STRAIGHT..........
...ek is die bestuurder van die jagbakkie, soek nog iemand wat die "straight shooting" kan doen.
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Tue Sep 29, 2009 5:48 pm
by Ja3
Taffie
Ja nee. Dis diep lekker.
Ek hoop die dinge verloop vlot by hierdie ou.
...dis mos 'n plesier om so ou te kan help.
Ja3
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Wed Sep 30, 2009 6:45 pm
by CHRIS
Taffie
[/quote]...ek is die bestuurder van die jagbakkie, soek nog iemand wat die "straight shooting" kan doen.
[/quote]
Ek dink jy moet my vat vir bestuur doen jy die straiht shooting.
ek wag nog vi die kuier. Nou so koud man sal moet binne braai.
groete Chris
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Wed Sep 30, 2009 7:06 pm
by tafjak
Chris
My kuier is nog op die boeke. Sal jou laat weet. Moet nou net eers die toyota op die pad kry. Hy raas soos 'n taxi en blaas soos 'n kwaai slang. Lyk nie die ou kan die punch vat in die berge nie. Ek dink ek jag reeds by Francois so teen Dinsdag volgende week.
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Wed Sep 30, 2009 7:29 pm
by Izak H
Taffie
Ek sal die hekke oop maak !
Izak Cdk
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Wed Sep 30, 2009 8:09 pm
by tafjak
Izak
Ek dink nou daaraan dat dit naby die skoolvankansies is en as ons daar aankom met 'n klomp jagbakkies wat die Taliban soos 'n bankrofie sal laat lyk.
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Wed Sep 30, 2009 8:20 pm
by Izak H
Taffie
Ons hak net `n venter waentjie dan dink hulle ons is op vakansie. Ek het gisteraand so `n bietjie saam met 'Sir' rondgery/jag en kan dit aanbeveel aan enige iemand as hy in jou omgewing besig is.
Taffie ons kan weer praat so oor `n week of wat as dinge weer aan die gang is. Geniet die naweek se rus, as die toyota jou gaan kans gee.
Izak
Re: Vir die boere is daar baie hoop!
Posted: Thu Oct 01, 2009 10:10 pm
by Christo
Mr T

waar innie WC
