Page 1 of 1
Lang afstand dag jag
Posted: Fri Mar 09, 2018 8:21 pm
by Rudie
Manne as ek 'n plek kan beskikbaar stel wat gefokus is op die langafstand jagter in en om Gauteng waar die terrein jou in staat stel om jou passie uit te oefen. Ons is net buite Witbank so dit is binne 150km Jhb en 100km vat Pta.
Die geriewe laat dit ongellukig nie toe om naweke daar deur te bring nie maar ons sal wel manne kan akkommodeer wat nie anders kan as om oor te slaap nie.
Die twee spesies op die lys sal hoofsaaklik Blesbokke en Swartwildebeeste wees. Daar is van tyd tot tyd ander spesies ook beskikbaar, maar is baie beperk.
Ons wil graag fokus op die langafstand jagter wat vertroud is met sy toerusting maar nie altyd die geleentheid kry om dit uit te oefen nie.
Hoeveel van julle manne sal belangstel?
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Fri Mar 09, 2018 9:37 pm
by GVC86
Hi Rudie,
Ek sal belangstel, veral omdat dit net om die draai is (middelburg). As julle besluit om voort te gaan stuur asb vir my pryse.
Groete
George
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Fri Mar 09, 2018 9:42 pm
by JPS
Ek sal ook belang stel
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Fri Mar 09, 2018 11:03 pm
by pietdiebot
Ek sal ook baie belangstel. As daai pryse beskikbaar is sal ek dit baie waardeer as jy vir my ook sal stuur asb.
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Sat Mar 10, 2018 8:03 am
by Smitstertjies
Sal ook belangstel.
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Sat Mar 10, 2018 8:44 am
by Willeboer
Stel ook belang.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Sat Mar 10, 2018 1:02 pm
by JacquesT (Stompe)
Sal self deur kom vir 'n dag.
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Sat Mar 10, 2018 3:56 pm
by Rudie
Dankie vir die belangstelling manne, ek sal so teen Maandag die pryse hier op sit.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Sun Mar 11, 2018 8:00 am
by Gerhardu
pietdiebot wrote:Ek sal ook baie belangstel. As daai pryse beskikbaar is sal ek dit baie waardeer as jy vir my ook sal stuur asb.
Ek stel ook belang asb.
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Sun Mar 11, 2018 8:12 am
by Jessie
Ek Sal ook belangstel asb
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Sun Mar 11, 2018 10:58 pm
by Trompie
JacquesT (Stompe) wrote:Sal self deur kom vir 'n dag.
Ja verseker!
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 9:51 am
by Rudie
OK Manne, hiermee die pryse,
Blesbok : R 2000 , RW R 2800
Swartwildebeeste: R 3500 , RW R4000
Jag Fooi per persoon R 300.00
Nie jagters welkom R 150.00
Die pryse sluit slag van die bok in maar nie enige fooie indien daar "Cape" gesny moet word nie. Geen snaakse "Terms and Conditions" nie. Ons doen dit vir die passie. Dit is vir die manne wat vertroud is met hulle toerusting en elke naweek hard oefen om die lang skote te skiet maar nie altyd die geleentheid kry nie.
Enigste versoek is gewere met suppressors asb.
Sien uit om julle manne te ontmoet.
Groete
Rudie
Nul agt twee 3381746
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 10:19 am
by Nella
Watse afstand sal jy sê moet mens kan skiet?
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 10:33 am
by heywillie
Nella wrote:Watse afstand sal jy sê moet mens kan skiet?
Goeie vraag- vir party manne is lang afstand 300m en vir ander 1,2km
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 10:55 am
by Rudie
Enige afstand wat jy op gemaklik is. Dit is nie uitsluitlik net vir langafstand jagters nie.
Maar ons wil wel vir die manne wat verder as die heilige lyn wil skiet die geleentheid gee.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 11:21 am
by Finder20
Rudie wrote:Enige afstand wat jy op gemaklik is. Dit is nie uitsluitlik net vir langafstand jagters nie.
Maar ons wil wel vir die manne wat verder as die heilige lyn wil skiet die geleentheid gee.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Hello Rudie,
Ek stel ook graag belang.
Groete!
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 11:24 am
by Rudie
Finder20 jy is welkom om my te bel of Whatsapp. My nommer is in die post met pryse.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 11:56 am
by Nella
Ek is gemaklik tot op 300m....
Dalk bietjie langer skoot oefen na 400m ?
Sal 400m werk? Swartwildebees en springbok is nog op my lysie.
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 11:57 am
by Smitstertjies
So muzzle brakes is uit? Al skiet jy op 800m?
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 12:02 pm
by Capt. Yoda
Smitstertjies wrote:So muzzle brakes is uit? Al skiet jy op 800m?
Lyk my so, jammerte
Re: Lang afstand dag jag
Posted: Tue Apr 24, 2018 2:37 pm
by Rudie
Jammer manne slegs gewere met suppressors.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk