Page 1 of 1

Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Thu Mar 01, 2018 7:20 pm
by Monster
Hi Kerels

My Pa het my Oupa se Winchester vir my gegee. Die geweer het hard gewerk in sy lewe so hy kry bietjie liefde by Arms. Wil graag raad he oor n lekker teleskoop vir die geweertjie. Wil nie n vreeslike vergrooting he nie 3-9x max maar soek merkies op die kruis haar. Kyk op die oomblik na n Vortex Crossfire II. Wonder net of paralax gaan pla as dit op 100yrds gestel is.

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Thu Mar 01, 2018 8:09 pm
by tripodmvr
Jy kan parallaks self stel. Google dit. As jy sorg dat jou oog gesentreer is behoort parallaks jou nie te pla nie.

Op 'n .22 kan jy bykans enige prysklas teleskoop opsit. Geen terugslag nie. Sorg net vir duidelike glase.

Ek het tans 'n 5-20 x 50mm Nikko op myne. Dit help om koeëlgate op 50m te kan sien as ons bankskiet doen.

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Thu Mar 01, 2018 8:13 pm
by LUAN
Kyk na n hawke teleskoop met half mildots dan het jy klomp merke om op te mik soos jy verder skiet.

Sent from my 2014817 using Tapatalk

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Thu Mar 01, 2018 8:41 pm
by Monster
Baie dankie!

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Fri Mar 02, 2018 7:46 am
by ruaanb
LUAN wrote:Kyk na n hawke teleskoop met half mildots dan het jy klomp merke om op te mik soos jy verder skiet.

Sent from my 2014817 using Tapatalk
ek het so n hawke werk baie lekker op die .22

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Thu Mar 22, 2018 5:10 pm
by Pierre1
Dag manne,

Ek reageer bietjie laat, maar ek sit en wag tans vir my .22 lisensie en moet ook kyk na 'n teleskoop.

Nog aanbelings? Wildman het aangedui hulle het 'n Nikko 4x32 vir 'n baie goeie prys - ek is nie van plan om wyd te skiet met die geweertjie nie, so dit klink vir my voldoende....?

Jul reaksie word waardeer.

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Thu Mar 22, 2018 6:52 pm
by wlm
Soek iets met 'n lekker fyn kruishaar. Op die afstande wat jy gewoonlik met 'n .22 skiet maak 'n growwe kruishaar te veel van 'n klein teiken toe.

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Fri Mar 23, 2018 1:15 pm
by Pierre1
Middagsê,

Jip dis waarna ek soek. Ek sien Outfitters verkoop Arctic teleskope ook vir goeie pryse...ken julle dit?

Pierre

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Fri Mar 23, 2018 1:20 pm
by tripodmvr

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Fri Mar 23, 2018 1:42 pm
by Monster
Ek kyk op die oomblik na 'n Vortex Crossfire II 4-12X50 AO BCD. Ek het 'n Hawke Vantage 3-9X40 AO op my pellet en is glad nie impressed nie.

Re: Winchester Model 69 .22lr Scope

Posted: Fri Mar 23, 2018 1:51 pm
by Pierre1
Ek like Vortex optics kwaai.

Het 'n 6.5-20x50 op my .243, en hy LOOOPPPPP soos stroop. Die nuwe PST en HST's is self bitter nice, maar effe pricey....

Ek weet van Hawke, maar het nog nooit deur een gekyk nie, so ken dit nie regtig nie.

Ek is versigtig om nie die .22, BRNO Model 2 te "spoil" met 'n oordadige paar oë nie, hy lyk nog flippen netjies met sy oorspronklike visiere op the works....aan die ander kant wil ek goeie en helder glas opsit sodat ek my skote kan sien :):