Page 1 of 1

Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 9:10 am
by AJ Botha
More manne

Ek wil graag hoor hoe die Burris XTR II 4-20x50 met die Vortex PST (Gen 1) 6-24x50 FFP vergelyk.
Die Burris is nuut goedkoper as die PST tweedehands, en ek het nog nêrens regtig gelees dat die Vortex iets beter doen as die Burris nie,
ek wil hoor of ek net op die verkeerde plekke lees, of hoekom is die PST meer gewild?

Ek is opsoek na 'n Mid-Range scope, in FFP, MOA kruis en knoppe, vir my 243.

Budget kyk ek na onder 15k, en ek wil dit graag monteer sonder 'n rail, so 'n scope met genoeg interne verstelling tot op 600m sal vir my gaaf wees.
Ek is nie haastig nie, ek moet nog baie spaar, maar begin solank my opsies deurkyk.

Ek het ook al na die Bushnell Tactical Elite gekyk, hy lyk ook vir my goed, net skaars.

Groete
AJ

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 9:40 am
by Supacow
Gunafrica het n nuwe hst @ R11k onder classifieds

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 10:22 am
by AJ Botha
Supacow wrote:Gunafrica het n nuwe hst @ R11k onder classifieds
HST is SFP.

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 10:31 am
by Toyrsi
Ek weet jy vra oor die Burris en Vortex maar jy kan na die Leupold LRP ook kyk.

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 1:17 pm
by Gian_dP
Burris het 34mm buis, so ringe is skaarser/duurder.

Beeld van PST is vir my beter as XTR, XTR raak effe melkerig op hoogste vergroting.

XTR se knoppe is bietjie groter, verstel "lekkerder". Beide stel goed, duidelike "click", albei het bruikbare "Zero stop"

Beide se kruishaar werk goed van min tot maks vergroting. Op maks is beide effens aan dik kant vir baie fyn skiet(kruishaar dikker as koeelgat), beide het breë buitenste deel van kruishaar, so kan mikpunt vinnig optel teen lae vergroting.



Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 2:29 pm
by Rem
Persoonlik voel ek weer die XTR se beeld is n stap bo die PST (gen1). Ek het self deur die hele prosedure gegaan (het toe op n 5-25x50 XTR2 besluit en is baie gelukkig).

Die XTR het meer verstelling en as jy gaan lees sal jy sien dat die gen 1 PST n paar "duds" gehad het en ek weet Vortex se naverkope diens is baie goed maar liewers net nie hoef gebruik te maak daarvan nie? Die Burris voel vir my ook beter aanmekaar gesit (bietjie soos n tank gebou wat ek baie van hou, maar dis weer persoonlik)

Gaan lees bietjie oor die twee teen mekaar, daar is baie artikels.

Vortex se PST gen2 het ek gelees n groot verbetering.

Sightron s3 is ook ongelooflike waarde vir geld.

My 2c

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 6:06 pm
by Sangoma (IAN)
Net so, kry mar n Sightron en jy sal ok wees.
Nuwe shipment land vroeg volgende week. Eks seker die pryse gan heelwat beter wees agv die R$

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Thu Mar 01, 2018 8:27 pm
by Heinvdwalt
AJ Botha wrote:More manne

Ek het ook al na die Bushnell Tactical Elite gekyk, hy lyk ook vir my goed, net skaars.

Groete
AJ
Naand AJ
Ek het 'n gebruikte Bushnell Tactical Elite XRS in goeie toestand vir 9K as jy sou belangstel.
Kyk onder "Klein Advertensies" of pm vir meer inligting
Hein

Sent from my C6603 using Tapatalk

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Fri Mar 02, 2018 6:47 am
by AJ Botha
Dankie manne, ek het ook al gelees party dink die glas is beter en ander dink die ander een is beter.

En almal meen die SIII se glas is beter as beide, ek het bietjie vergeet van hom. Ian, prys hy dieselfde as die ander twee scopes?

Dankie Hein, nie heeltemal waarna ek soek nie.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Re: Vortex PST 6-24 FFP vs Burris XTR II 4-20 FFP

Posted: Fri Mar 02, 2018 8:12 am
by Gian_dP
AJ Botha wrote:Dankie manne, ek het ook al gelees party dink die glas is beter en ander dink die ander een is beter.

En almal meen die SIII se glas is beter as beide, ek het bietjie vergeet van hom. Ian, prys hy dieselfde as die ander twee scopes?

Dankie Hein, nie heeltemal waarna ek soek nie.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Stem saam dat S3 se glas beter as ander twee is. Turrets stel baie lekker. Sangoma se zero stop patent werk baie goed.

FFP reticle is fyner as PST en XTR-lekker vir skiet teen hoër vergroting, maar is baie dun om vinnig op te tel teen lae vergroting.


Sent from my SM-G920F using Tapatalk