Page 1 of 1

Re: 9.3by74 12boor kombinasie geweer

Posted: Sun Sep 25, 2011 11:41 pm
by Sako75
Piet,

Ek het 9,3x74 dubbel.  Op die oomblik skiet ek 270gr Speer vir die pret.  Groepering op 100m is baie goed en hy is nie ongemaklik nie.  Gelukkig het my geweer plek om teleskoop te monteer.  Skiet soos 'n droom eintlik!  Ek moet net meer in die veld met hom kom.  Die puriste sal dalk se dat mens by 286gr moet hou.  Op die oomblik werk die 270gr net vir my en sal ek dalk later weer kyk na die swaarder punte.

Ek gebruik Norma doppe.  Het 'n bron waar ek "once -fired" doppe kry wat jagters saam PH'e uit jag.  Ek koop dan die doppe om self te laai.  Werk goed.  Doppe vir die kaliber kan mens kry maar hulle is nie soos 243 doppe geprys nie.

Die grootste taak met 'n dubbel is natuurlik om hom te laat groepeer.  Maar met 'n haelgeweer kombinasie dink ek nie dit sal 'n kwessie wees nie.

Ek het onlangs 'n waterbok laat les op se met die "double" en dit was vir my 'n safari in die kleine wat ek terdee geniet het.