Page 1 of 1

Trofeejag se rol in bewaring

Posted: Sun Feb 25, 2018 10:38 am
by tripodmvr
Wie het die artikel oor trofee invoere op DSTV Kanaal 180 se "Green" gaan lees oor die syfers van trofee invoere na Amerika. Die stelling word duidelik gemaak dat trofeejag vir die afname in wildgetalle verantwoordelik is. Baie klinies as jy na die syfers kyk. Olifante en luiperds word pertinent genoem.

Is daar nie 'n manier om die wanvoorstellings te beveg nie?

Re: Trofeejag se rol in bewaring

Posted: Sun Feb 25, 2018 1:07 pm
by Frederik
Oom Marius,

Maak nie saak wat se nommers mens vir die antis gee nie hulle verstaan nie bestuur van natuur nie. Solank jy iets moet doodmaak sodat ander moet leef gaan dit verby hulle inteligensie. Ek is bevrees dat ons in ons eie leeftyd die einde van die Kruger Wildtuin gaan sien met die olifant populasie.

Re: Trofeejag se rol in bewaring

Posted: Sun Feb 25, 2018 10:05 pm
by Faffa
https://www.huffingtonpost.com/glen-mar ... 42148.html

Miskien is die artikel 'n goeie wegspringplek. Jag is verban in Kenia en sedertdien het hulle getalle wild drasties afgeneem.

Sent from my S60 using Tapatalk