Page 1 of 1

Animalgear

Posted: Thu Feb 22, 2018 10:22 am
by Chevvy SS
Ek het op die 18de Januarie 2 items bestel en seker eers 'n week gelede een ontvang. Dis nou amper 5 weke en van die 2de een is daar geen taal of tyding nie. En vanoggend lui die een foon net en die ander een bly beset. Ek het 'n epos gestuur; so kom ons kyk maar of daar 'n antwoord kom. Wees maar versigtig in die tussentyd......

Re: Animalgear

Posted: Thu Feb 22, 2018 10:56 am
by 6mmMusgrave
Wat is alles bestel

Re: Animalgear

Posted: Fri Feb 23, 2018 10:03 am
by Chevvy SS
'n Fobus holster en ''serrated knife sharpener".

Re: Animalgear

Posted: Tue Dec 18, 2018 9:17 am
by Kalaharijac
Chevvy SS wrote:'n Fobus holster en ''serrated knife sharpener".
Dieselfde ondervinding gehad!!!! Wat n teleurstelling.

Re: Animalgear

Posted: Tue Dec 18, 2018 9:30 am
by JJV
Ek het hulle ge epos om te hoor of daar voorraad is, ja was die antwoord, item bestel, 3weke later aangedring dat hulle my geld terug betaal. Bly weg!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Animalgear

Posted: Tue Dec 18, 2018 11:33 am
by ruaanb
bly ver weg.....selfde span wat iwarehouse gehad het. 'n week na iwarehouse geknak het was animalgear aan die gang!

Re: Animalgear

Posted: Wed Dec 19, 2018 6:55 am
by FHM
Ai Chev, lyk my jy het in n hinderlaag ingestap hier :o