Page 1 of 1

30-06 Ackley Improved

Posted: Fri Sep 23, 2011 4:04 pm
by Truvelloman
Hi manne

Weet iemand dalk bietjie meer, asb enige inligting sal baie help.

Re: 30-06 Ackley Improved

Posted: Sat Sep 24, 2011 4:53 am
by Geno
Wouter skiet met een. Hy sal jou alles vertel wat jy wil weet.

Groete,
Eugene

Re: 30-06 Ackley Improved

Posted: Sat Sep 24, 2011 6:48 am
by Wouter Roets
Hallo Truvelloman

Ek weet nie eintlik na watse informasie jy opsoek is nie maar hier is so paar dinge van die 30-06 AI. Met n 180gr koeel is die maksimum spoed met n drukpiek van 60 000psi in die orde van 2900ft/sek. Dit klink baie meer as die 2700ft/sek kerf van die normale 30-06 maar hy kan met dieselfde drukkerf gelaai word na 2850ft/sek. Die voordeel is dat jy met die Ackley amper elke keer n hoer node(sweatspot) op die loop kan slaan agv van sy hoer spoed. Maw jy kan die groter potensiaal in die praktyk benut.

Die skerper skouer van 40 grade se headspacing is ook meer positief wat akkuraadheid bevorder, of n mens as skut dit altyd kan sien is debateerbaar. Braasvloei is iets van die verlede met die min taper en skerp skouer van die dop. Die passing tussen die matrys en die kamer is ook gewoonlik nouer wat weer lei tot beter akkuraadheidpotensiaal. Met die ontwerp van die dop is daar amper geen terugskop op die slotstuk nie wat op die langduur baie voordelig vir jou wapen is.

Indien jou kamer gesny word deur n bekwame gunsmith skiet n mens gewone doppe in die Ackley kamer sonder enige drama. Laat net die regte smitty met baie ondervinding aan jou geweer sny! Die-sets is heelwat duurder as die gewone s'n. Om jou geweer te Ackley is nie vir almal nie en ek beveel dit net vir die gevorderde herlaaier aan maar as jy die stap wil neem le daar n baie bevredigende ondervinding vir jou voor.

Skree maar as daar nog iets is wat jy wil weet.

Groetnis
Wouter

Re: 30-06 Ackley Improved

Posted: Sat Sep 24, 2011 7:42 am
by Armand Steenkamp
As geld nie n probleem was nie sou ek dit doen! Not omdat dit anders as die gewoon is!

Groetnis

Re: 30-06 Ackley Improved

Posted: Sun Sep 25, 2011 8:06 am
by 300Winmag
... en 'n AI dop is mooi, maak nie saak in watter kaliber nieĀ  8)