Page 1 of 1
.22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Sun Feb 18, 2018 6:58 pm
by Lamtjop
Middag almal, eks opsoek na .22 deskundige vir raad vra en moontlike werk aan geweer.
Groete Tjops
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Sun Feb 18, 2018 7:14 pm
by joe rocket
Lamtjop jy sal moet sê waar jy bly om die proses makliker te maak.
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Mon Feb 19, 2018 8:14 am
by Lamtjop
Dit maak nie regtig saak waar die person bly nie, ek bly in die karoo.
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Mon Feb 19, 2018 1:56 pm
by Meteor
Ek weet nie van enige toewyde .22 geweersmede in SA maar mens kan seker regkom by Harrison brothers.
Wat is fout lambtjop?
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Mon Feb 19, 2018 3:32 pm
by Lamtjop
Cold bore flyer.
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Mon Feb 19, 2018 7:34 pm
by Ds J
Lamtjop, kan jy asb ekstra inligting gee? Hier is n paar baie kundige manne wat dalk kan raad gee. Watter maak, watter teleskoop, watter werk reeds gedoen, nuwe/ou kolf, aksie gebed/nie, kontak tussen loop en kolf ens?
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Mon Feb 19, 2018 8:20 pm
by Lamtjop
Anschutz mod 1450, met Nikon 3-9x40 EFR. Daai geweer is al alle soorte maniere gebed, vol, half, niks, nou net so 20mm onder kamer gebed. Het hom al net barreled action geskiet sonder kolf, die 1 ste skoot uit koue loop is 2" weg, geen voorspelbare rigting nie. Bedding het omtrent niks aan groeppering gedoen nie, dit bly oraait van 2 de skoot af. Kroon is ook reg. Op rimfire central is seker al 20 bladsye geskryf oor topic sonder n antwoord, wil sommer net met iemand gepraat het oor verskynsel en moontlike kuur.
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Mon Feb 19, 2018 9:04 pm
by Ds J
Nou het jy my! As iemand in twintig bladsye nie kon raad gee nie is daar werklik n eienaardige fout.
Die enigste raad wat ek kan gee is dat jy nou letterlik part vir part met n ander Anschutz omruil en toets totdat jy die skuldige part kan wys.
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Tue Feb 20, 2018 10:28 pm
by Meteor
Lambtjop ek wil nou nie snaaks wees maar as jy 'n cold bore flyer op 'n geweer cure verdien jy daai volstruis biltong wat in my yskas le.
Is daar al aan die loop gewerk?
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Wed Feb 21, 2018 12:57 am
by Reijger
Dis baie vreemd. Hoe lyk die fouling in loop? Maak jy gereeld skoon? Dalk loop seël en kwik in loop afgooi om alle lood te verwyder en dan kyk wat maak hy.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Wed Feb 21, 2018 8:17 am
by win270
Iewers op hierdie forum is mos 'n lys van geweersmede geplaas . . . dalk kan iemand die skakel net weer publiseer. Die betrokke onderwerp oor die .22 sal sekerlik baie opinies by lede ontlok . . . hoop jy kry die antwoorde en deel dit met ons, Lamtjop.
Re: .22 Guru/Gunsmith gesoek
Posted: Wed Feb 21, 2018 9:50 am
by Langeraat