Page 1 of 1

Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Thu Feb 15, 2018 7:20 pm
by PJB
Goeie naand almal.
Ekt vir my n nuwe 204 Ruger gekoop en wag vir hom. Ek soek n scope vir hom in die prysklas R4-R4.5k
Ek sien Camdix het n Vixen 4-16x44 vir R4.5 nuut of moet ek
eerder kyk vir n 2de handse Nikon of iets in daai klas?

Enige hulp sal waardeer word.
Groete
Pieter

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Thu Feb 15, 2018 7:27 pm
by 6mmMusgrave
Ek kan help met n

Sig Sauer Whisky 3 4-12x50 met Triplex kruis vir R5100 afgelewer.

Groete Jacques
Point Blank Hunting

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Thu Feb 15, 2018 7:37 pm
by PJB
Goeie naand Jaques
Baie dankie vir die laat weet. Ek soek graag iets met n 16 vergroting. Ekt reeds n 12 op my 243 en glo ek moet nog by kry. As ek nie reg kom nie kontak ek jou eerste.

Beste groete 
Pieter

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Thu Feb 15, 2018 8:05 pm
by tripodmvr
Kyk na Hawke. Al 'n paar by Futurama gekoop. Billike prys en goeie glas.

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Fri Feb 16, 2018 8:42 am
by Ru_11
Moenie Nikko Stirling se nuwe Diamond Long Range afskryf nie! Lewenslange waarborge, word nou met n nuwe glas gebou! illuminated reticle (sou jy wou) outside turrets en side paralax! +/-R4.5


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Fri Feb 16, 2018 9:20 am
by Fishaman
Jy kan maar daai Vixen koop. Ek is baie gelukkig met die 3-12x40 wat ek op my .375 het. Baie goei glas vir die prys.

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Fri Feb 16, 2018 9:27 am
by tripodmvr

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Fri Feb 16, 2018 12:14 pm
by Armand Steenkamp
6mm Musgrave, jy kan mos maar my pm's andwoord jong. Ek wil jou graag ondersteun maar jy andwoord man nie

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Sat Feb 17, 2018 7:02 am
by Heinvdwalt
Goeie môre Pieter, ek weet jou prysklas tot 4.5 maar wat van 'n Rudolph 6-24x50 met T3 Kruishaar vir R5500. Nuut nog in boks, nooit gebruik? Of is vergroting te groot?

Sent from my C6603 using Tapatalk

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Sat Feb 17, 2018 8:28 am
by PJB
Goeie more Hein. Baie dankie maar is effe te groot. Hy gaan amper so lank soos my roer wees :laugh:
Ek het toe vir my n Vortex 4-12×44 gekoop gister en is baie happy met hom.
Glas is baie mooi en kryshaar lekker fyn en bdc lyk heel ok.

Dankie vir almal se hulp en raad. Ek waardeer opreg.
Groete
Pieter

Re: Help met teleskoop vir 204 asb

Posted: Sat Feb 17, 2018 12:04 pm
by Heinvdwalt
Geen probleem, 6-24 is nogal lank. Dai vortex is beslis baie goeie keuse. Enjoy

Sent from my C6603 using Tapatalk