Page 1 of 1
2 de geweer vir ver en kids
Posted: Wed Feb 14, 2018 10:29 pm
by CobusMeyer
Naand manne
Vriend van my wil n 2 de geweer koop wat hy verder mee kan skiet, springbokke en blesbokke.
Hy het reeds n 30.06. Soek iets wat sy dogters ook sal geniet om te leer skiet ens
Hy dink aan 22-250 of 223.
Wat dink julle?
Groete
C
Re: 2 de geweer vir ver en kids
Posted: Wed Feb 14, 2018 10:42 pm
by Ds J
223 of 222 maar die nadeel is dat al die plase nie die klein kalibers toelaat nie. As hy n 243 oorweeg moet hy na n knaldemper kyk. Dit versag die terugskop.
Re: 2 de geweer vir ver en kids
Posted: Thu Feb 15, 2018 9:00 am
by bobby
6.5 grendal
Re: 2 de geweer vir ver en kids
Posted: Thu Feb 15, 2018 9:39 am
by RUPERT
6.5x55 met silencer!!!
Re: 2 de geweer vir ver en kids
Posted: Thu Feb 15, 2018 10:00 am
by tripodmvr
Gewig en balans is vir my 'n groter faktor as verminderde terugskop. Met behoorlike reguit kolf en skopkussing behoort alles tot op 243 min probleme vir die kleiner geboude te gee. Hulle spierkrag is egter beperk en daarvoor werk 'n ligter geweer. Geen tactical kolwe of pype voor aan die loop gaan daarvoor help.
Gaan kyk na die ou Engelse jaggewere en julle sal verstaan wat ek bedoel. Balans vir uit die vuis skiet is en was van kardinale belang.
Re: 2 de geweer vir ver en kids
Posted: Thu Feb 15, 2018 10:08 am
by Louis Kriel
.243 is perfek vir die vereistes wat hy gestel het.
Re: 2 de geweer vir ver en kids
Posted: Thu Feb 15, 2018 10:25 am
by heywillie
RUPERT wrote:6.5x55 met silencer!!!
+1
Het vir my vrou 'n Howa met Mute (lekker lig) op gekoop vir dieselfde redes
Re: 2 de geweer vir ver en kids
Posted: Thu Mar 01, 2018 10:50 am
by Riempies (Revo)
Hi Cobus, vir jou PM gestuur
Groete Riempies