Page 1 of 1
Herstel van ou Weaver Teleskoop
Posted: Sun Feb 11, 2018 1:49 pm
by Reloader270
Ek het een van daai ou TV Screne Weaver teleskopies raakgeloop wat ek op my Mauser .22LR wil monteer, maar die vertikale kruishaar is uit sy posisie. Dit is heel regs en wil nie verder stel. Het die monterings ongedraai maar dit bly dieselfde. Waar kan mens dit laat herstel?
Re: Herstel van ou Weaver Teleskoop
Posted: Sun Feb 11, 2018 2:20 pm
by Jean Marais
Ek wil amper dink dat dit kostegewys nie die moeite werd gaan wees om te herstel nie. Jy sal 10@1 hier op die forum ene kan optel wat nog mooi werk, en jou nie 'n arm en been gaan kos nie.
Re: Herstel van ou Weaver Teleskoop
Posted: Sun Feb 11, 2018 3:06 pm
by tripodmvr
Reloader, met die posliga skiet wat SA Jagters nou aanbied het ek gevind dat jy omtrent 16-20x vergroting nodig het om skote op 50m te kan raaksien. My 12x Leupold was net nie opgewasse nie.
As jy bloot wil ongediertes skiet is 4-6x voldoende.