Page 1 of 1
Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 8:27 am
by 300Winmag
Mmmmm - nou ja ouderdom is niemand se vriend en ek het vandag vir die eerste
keer 'n bril op (vir lees).

Nou ja ek besef nou eers hoe vrot my oe is. Nou die vraag is gaan ek met die
bril op beter sien as ek gaan skiet of van die teleskoop in elk geval die werk
van die bril oor.
Kort - skiet julle met julle brille op of af?
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 8:31 am
by DWB
Ek dra al lewens lank bril en skiet met hom ook
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 8:35 am
by Gerhard
As jy nie kan sien wat jy wil skiet nie gaan jy nie kan raak skiet nie...
Ek skiet permanent met n donker bril in die dag en in die nag met n geel bril. Gaan meer vir oog beserming ek kan gelukkig nog goed sien...
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 8:49 am
by 300Winmag
Ek het ook 'n bril vir die ver sien gekry. Gaan hom vir nag bestuur gebruik maar hy gaan
dalk help vir boog skiet.
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 8:52 am
by Gerhard
300Winmag wrote:
Ek het ook 'n bril vir die ver sien gekry. Gaan hom vir nag bestuur gebruik maar hy gaan
dalk help vir boog skiet.
Sterkte man,
Toets hom en laat weet hoe dit gaan.
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 3:02 pm
by Vlakvark
Gerhard
Pasop jy is sterk opad veertig toe dis dan wat daai lees bril in jou pad spring

Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 3:18 pm
by 300Winmag
Vlakvark wrote:
Gerhard
Pasop jy is sterk opad veertig toe dis dan wat daai lees bril in jou pad spring
WAAR woorde!
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 3:32 pm
by Gerhard
Vlakvark wrote:
Gerhard
Pasop jy is sterk opad veertig toe dis dan wat daai lees bril in jou pad spring
Nee wat...
Ek is nou dan maar net 21...
Ek sit elke jaar bietjie ondervinding by maar bly 21.
Ek is die enigste persoon in my familie wat nie lees bril of kontak lense dra nie.
Ek sien nog mooi tot waar ek n pyl of skoot met die geweer wil skiet. So dink ek is nog olk...

Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 3:34 pm
by 300Winmag
Ek het ook geglo ek's fine - kan nie glo dit het so vinnig agteruit
gegaan nie - voel of dit alles in 6 maande gebeur het ....
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 3:39 pm
by BLOK
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 3:41 pm
by 300Winmag

Ag ek voel voel sommer so my pad ...
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Fri Sep 23, 2011 4:35 pm
by Beretta
Blok
Ja en as jy by die fish and chips winkel verby stap dan se jy morning ladies

met jou bril op natuurlik
Beretta
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Tue Sep 27, 2011 11:44 am
by Johan JvR
300WM
Dit hang alles af wat jou voorskrif is. As jy dit vir my gee sal ek jou beter kan antwoord.
'n Ho? minus bril kan 'n prisma veroorsaak as jy nie deur sy 'brandpunt' kyk nie (mens draai mos jou kop effe skeef en af as jy die geweer skouer) dit sal maak dat jy slegter skiet. Met Frikkie gebeur, ek het aanbeveel dat hy eerder met kontaklense skiet.
Mens kan 'n bril maak wat net vir skiet gebruik word, maar daar is heelwat beperkinge.
groetnis
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Tue Sep 27, 2011 11:55 am
by Gerhard
300Winmag wrote:
Ek het ook 'n bril vir die ver sien gekry. Gaan hom vir nag bestuur gebruik maar hy gaan
dalk help vir boog skiet.
Kry vir jou n clarifier in jou boog se peep sight.
Het die naweek by Archer's Edge deur die demo's gekyk.
Dit kan dalk net jou probleem oplos...
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Tue Sep 27, 2011 11:57 am
by 300Winmag
Ek het nou die dag toe met die bril op boog geskiet maar hy het my net gepla toe haal
ek hom weer af - ek sal hom maar saam vat as ek weer met die geweer gaan skiet en
kyk wat gebeur.
Ek het geen idee wat die voorskrif is nie. Ek sal bietjie uitvind.
"Kry vir jou n clarifier in jou boog se peep sight."
Ek sal hulle bietjie toets en kyk wat dit vir my doen.
Re: Skiet met of sonder bril
Posted: Tue Sep 27, 2011 9:22 pm
by Sniper66
Ek dra n bril van 16 af permanent,het kontaklense probeer maar het nie met dit reg gekom nie,skiet ook met 1 wil net vir my 223 nuwe brille kry
