Page 1 of 1
Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 3:49 pm
by Killzone
Goeie dag.
Hierdie moes al sekerlik 100 keer opgekom het, so ek vra by voorbaat onverskoning. Ek besit tans slegs een jag/gong/teiken geweer en dis 'n 303 smle. Ek soek al lankal na iets plat kan skiet. My oorspronklike keuses was 223 rem of een van die 6.5 kalibers. 223 ssal vir my die beste werk, let we'll, vir my. Maar ek kan nou 'n nuwe 22-250 Howa met standaard loop kry vir baie goeie prys. Ek jag bitter min, en as ek doen is die 303 heel voldoende. Ek soek iets vir papier en gongs nie verder as 350 m gewoonlik nie. Regtig net iets wat goedkoper is as om te skiet as die 303 en platter. Ons praat hier van dalk 30 skote 'n maand. Soos ek kan aflei os die 22-250 'n 'Barrel Burner'
Hoeveel skote kan ek verwag voor die loop moeg is ? Ek sal minimum spoed verkies en swaar punte indien moontlik met die 1:12 twist.
Gaan ek my tyd en geld mors ?
Baie dankie.
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 4:20 pm
by Gian_dP
As jy nie baie gaan skiet nie, is die 22-250 nie slegte keuse nie. Platter trajek as 223, maar korter looplewe. Seker so 2000 skote?
Howa 223 het wel 1:9 groefdraai, so sal swaarder koeels kan skiet.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 4:20 pm
by Sniper18
Goeie dag Killzone
Die 22-250 moet tenminste 'n 1-9 twist hê om lekker te werk met 70gr punte wat goed in die wind skiet.
Die wind gaan jou maar roer met 'n 223 en 22-250.
'n Howa 243 met 87gr vmax'e behoort beter te werk. Redelik plat en baie beter in wind as die 223 en 22-250 met nie baie meer kruit as die 22-250 nie.
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 4:43 pm
by Basie2
Met 1:12 kan jy tot 60gr Hornady mooi skiet. Indien jy swaarder wil gaan sal jy stywer groefdraad nodig hê.
Ek skiet 50gr Blitz King teen 3662’/sek en dis dodelik, oops uit 26’ loop.
Wel indien jy die roer goedkoop optel, kan jy altyd ‘n loopverandering doen wanneer die loop uitgeskiet is en dan kan jy opsit wat jy wil. Dié grappie gaan jou ongelukkig +R11000 kos.
Jy gaan die 22/250 baie geniet. Daai kaliber boks bo sy gewigsklas

Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 9:01 pm
by Killzone
Baie dankie manne. Ek waardeer !
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 9:59 pm
by Vleisie
Die 22-250 boks verseker bo sy gewig klas, my 1:12 twist stabiliseer tot 77 gr Custom comps teen 3200fps, ek se nie almal doen nie, maar myne doen.
Ek verkies wel die 60 greiners teen so 3550fps uit ‘n 26”.
Daar is maar net iets anders aan ‘n 22-250.
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 10:08 pm
by Alwin
Vleisie wrote:Die 22-250 boks verseker bo sy gewig klas, my 1:12 twist stabiliseer tot 77 gr Custom comps teen 3200fps, ek se nie almal doen nie, maar myne doen.
Ek verkies wel die 60 greiners teen so 3550fps uit ‘n 26”.
Daar is maar net iets anders aan ‘n 22-250.
Ek het 'n sterk vermoede dat jou geweer 'n 1:9 loop op het. Moenie die gepubliseerde spesifikasies glo nie, gaan meet die loop. Jy is dalk een van die gelukkiges?
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Wed Feb 07, 2018 10:17 pm
by Alwin
Volgens wat ek kan vasstel, is 'n 22-250 met 1:12 loop goed vir omtrent 1500 akkurate skote. Deel die loop se vervangingskoste deur 1500 en las daardie bedrag by die koste per skoot. Dit maak die geweer redelik duur om te skiet.
Volgens redelik akkurate inligting wat hier op Jaracal verstrek is, kan die 1:8 - 1:9 lope met 75 en 77gn koeëls omtrent 3500 akkurate skote gee. Dit is omdat die langer dravlak van die swaarder koeëls help om meer keelerosie te akkomodeer. Die lope verweer dus ewe vinnig, maar die langer koeël kan meer verwering akkomodeer. Dit bring die totale koste per skoot heelwat af.
'n Gewone 223 kos natuurlik heelwat minder per skoot, hoofsaaklik omdat sy loop heelwat langer kan hou. Kry ene met 1:9 groefdraai, dan behoort hy nog langer te hou.
Die 75 en 77gn koeëls in beide kalibers skiet dalk nie so plat soos die ligter weergawes nie, maar deflekteer baie minder in die wind. Afstand is gewoonlik makliker om te bepaal as die wind. Op baie lang afstande skiet hulle selfs platter, omdat hulle beter hulle spoed hou.
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Thu Feb 08, 2018 6:37 am
by Vleisie
Alwin wrote:Vleisie wrote:Die 22-250 boks verseker bo sy gewig klas, my 1:12 twist stabiliseer tot 77 gr Custom comps teen 3200fps, ek se nie almal doen nie, maar myne doen.
Ek verkies wel die 60 greiners teen so 3550fps uit ‘n 26”.
Daar is maar net iets anders aan ‘n 22-250.
Ek het 'n sterk vermoede dat jou geweer 'n 1:9 loop op het. Moenie die gepubliseerde spesifikasies glo nie, gaan meet die loop. Jy is dalk een van die gelukkiges?
Ek het hom al gemeet, hy is 1:12 twist. Het by ‘n pel ‘n paar 77’s gekry om te kyk of my roer hulle sal skiet, hulle is mooi stabiel tot op 300m maar nog nie verder geskiet nie.
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Thu Feb 08, 2018 10:30 am
by Alwin
Vleisie wrote:Alwin wrote:Vleisie wrote:Die 22-250 boks verseker bo sy gewig klas, my 1:12 twist stabiliseer tot 77 gr Custom comps teen 3200fps, ek se nie almal doen nie, maar myne doen.
Ek verkies wel die 60 greiners teen so 3550fps uit ‘n 26”.
Daar is maar net iets anders aan ‘n 22-250.
Ek het 'n sterk vermoede dat jou geweer 'n 1:9 loop op het. Moenie die gepubliseerde spesifikasies glo nie, gaan meet die loop. Jy is dalk een van die gelukkiges?
Ek het hom al gemeet, hy is 1:12 twist. Het by ‘n pel ‘n paar 77’s gekry om te kyk of my roer hulle sal skiet, hulle is mooi stabiel tot op 300m maar nog nie verder geskiet nie.
Giroskopiese stabiliteit is die laagste by die tromp en verhoog soos wat die spoed afneem oor afstand.
Jou lugdigtheid het ook baie invloed op giroskopiese stabiliteit. As jy dus op 'n warm dag op die hoëveld skiet, kry jy beter stabilitieit as bv. op 'n koue dag by seevlak. Ekstra spoed help ook.
Re: Vrae en advies oor 22-250 kaliber asb.
Posted: Thu Feb 08, 2018 11:47 am
by Heinds
Sit 'n 28 duim 1:8 loop op en skiet na hartelus tot 3000 skote of meer.