Page 1 of 2
Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 10:29 am
by swc-tr
Manne met praktiese ondervinding op langer afstande (<600m), wat is die werklike BC's (G1 of G7) van die volgende koele:
105gr Nosler CC
105gr Hornady A-Max
105gr Nosler RDF
105gr Berger Hybrid Target
107gr Sierra MK
NS. Ek weet wat die vervaardigers adverteer, ek is egter opsoek na werklike waardes.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 10:34 am
by Heinds
Die enigste manier om die ware BC te bepaal is dbv radar of soorteglyke instrument. As jy bietjie google sal jy wel op die ware BC van al daai punte afkom. Wees net reg vir 'n skok op die Nosler CC se BC want dit is heeltemal vals. Die nuwe RDFs is meer akkuraat. Ek verbeel my amper hercules Louw het self ook 'n paar punte se BCs erens op die forum geplaas maar mag dalk 6.5 wees.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 10:45 am
by LoopSoosStroop
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 10:46 am
by Diesel Dog
swc-tr wrote:Manne met praktiese ondervinding op langer afstande (<600m), wat is die werklike BC's (G1 of G7) van die volgende koele:
105gr Nosler CC
105gr Hornady A-Max
105gr Nosler RDF
105gr Berger Hybrid Target
107gr Sierra MK
NS. Ek weet wat die vervaardigers adverteer, ek is egter opsoek na werklike waardes.
Amax 105gr getoets deur Mr Litz
G1 0.505
G7 0.252
DD
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 10:55 am
by swc-tr
Waar is die 6mm LA skieters, ek soek regte data op LA.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 11:12 am
by Hercules Louw
Hallo Schalk
Brian Litz se BC waardes is die resultaat van baie toetse en gemete resultate oor 'n lang afstand, 'n 1000 yards as ek reg onthou. Ek dink jy kan dit maar gebruik en daarop reken dat dit baie akkuraat sal wees.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 12:42 pm
by Gerhardu
Nosler 105gr RDF
G7: 0.294
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 12:44 pm
by Gerhardu
swc-tr wrote:Manne met praktiese ondervinding op langer afstande (<600m), wat is die werklike BC's (G1 of G7) van die volgende koele:
105gr Nosler CC
105gr Hornady A-Max
105gr Nosler RDF
105gr Berger Hybrid Target
107gr Sierra MK
NS. Ek weet wat die vervaardigers adverteer, ek is egter opsoek na werklike waardes.
Sit sommer die Hornady 108gr ELD sin ook by asb.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Tue Feb 06, 2018 1:46 pm
by ruaanb
https://www.hornady.com/support/ballistic-coefficient
Hulle het soos ek verstaan baie effort ingesit met die nuwe ELD reekse. Dit word mooi uiteengesit daar.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Wed Feb 07, 2018 10:53 pm
by Sangoma (IAN)
Aangesien die n 6mm draad is, watse spoed hou julle gewere van met die 6mm koeels?
My 6XC groepeer die beste op 3005fps met Nosler RDF 105gr. 37gr S365
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Thu Feb 08, 2018 4:55 am
by Heinds
Sangoma (IAN) wrote:Aangesien die n 6mm draad is, watse spoed hou julle gewere van met die 6mm koeels?
My 6XC groepeer die beste op 3005fps met Nosler RDF 105gr. 37gr S365
105gr Berger teen 3050fps. As jy te hoog gaan met LRP en 365 dan val jou primers uit na n paar skote. Hier in die lae 3000’s bly maar veilig.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Thu Feb 08, 2018 7:36 am
by Kallie Fernhout
Xc: 3040fps met 105 amax maar doen baie goed met die 95gn sierra tipped matchking teen 3230fps
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Thu Feb 08, 2018 7:54 am
by swc-tr
Dankie Ian, dit gaan my help met ladingontwikkeling.
Het iemand al dalk S385 probeer met die 105gr klas koeëls, lyk my S365 brand te vining met lae dopvulling?
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Thu Feb 08, 2018 8:35 am
by Rudie
Ek het al S385 in die Xc probeer maar groeperings in vertikale hoogtes was baie slegter as met S365 en N550.. Dit werk wel baie goed in die 6mm SLR
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Thu Feb 08, 2018 10:01 am
by DanieDuP
243AI 30 duim loop mooi met 385, kry beter dopvul en baie laer SD. Skiet 105 Amax teen 3140fps. BC gevat volgens Brian Litz (.252) en gevalidate anderkant 900yards
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Sun Feb 18, 2018 8:47 am
by Sangoma (IAN)
Ek het die naweek n paar 95gr Tipped Match Kings geskiet. Die geweer skiet hulle baie mooi teen 3175fps.
S365 lot 88
39gr
Spread was 10fps gewees oor n paar skote
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Feb 19, 2018 9:41 am
by swc-tr
Dankie Ian.
Ek het die naweek 105gr Nosler CC spoed gemeet, uit 30" 1-8T Krieger loop.
39.5gr S365 (ou lot 59), 3109fps by tromp, met 13fps spread oor 5 skote, en mooi geskiet op 700m F-klas teiken.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Wed Mar 14, 2018 5:02 pm
by Sangoma (IAN)
Kon vandag my lading finaliseer.
105gr Berger Hybrids
3030fps
S365 (lot 88) 38.3gr
28" Bartlein
BR-2 primers
.4mm jump
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Apr 09, 2018 2:44 pm
by Sangoma (IAN)
Die een sat geskiet. Nou is ek vreeslik happy!!
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Apr 09, 2018 2:48 pm
by swc-tr
Lyk of jy reg is vir die MP Gongskiet?
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Apr 09, 2018 4:11 pm
by Sangoma (IAN)
Schalk, ons is darem al 3 manne.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Apr 09, 2018 4:12 pm
by JacquesT (Stompe)
Sangoma (IAN) wrote:Aangesien die n 6mm draad is, watse spoed hou julle gewere van met die 6mm koeels?
My 6XC groepeer die beste op 3005fps met Nosler RDF 105gr. 37gr S365
Ek weet jy honeymoon honeymoon, maar hoe ver het jy hulle gejump.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Apr 09, 2018 8:46 pm
by Sangoma (IAN)
Hehehehe
Ek het agtergekom die Bergers kan jy mar skiet met n jump van 0.2mm tot 0.4mm. Nie vreeslik sensitief op jump nie.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Jun 04, 2018 3:01 pm
by JacquesT (Stompe)
Gerhardu wrote:Nosler 105gr RDF
G7: 0.294
Pas hom aan 0.292 toe en sê maar later vir my dankie.
Re: Werklike BC van 6mm koeëls?
Posted: Mon Jun 04, 2018 3:05 pm
by Gerhardu
JacquesT (Stompe) wrote:Gerhardu wrote:Nosler 105gr RDF
G7: 0.294
Pas hom aan 0.292 toe en sê maar later vir my dankie.
Dankie my champ.