Page 1 of 1
Witzenberg veldskiet
Posted: Thu Feb 01, 2018 6:52 pm
by Gian_dP
Dis Saterdag weer tyd vir Witzenberg veldskiet.
Maar min by skiet uitgekom die laaste paar maande. Sien baie uit na die skiet.
Enige iemand anders wat ook gaan?
Skiet met my Howa .243.
Persoonlike mikpunt is 650, en om nie enige groot flaters te ondergaan nie. Verlede jaar het ek 4/5 op my buurman se ghongs geskiet en volgende baan nog een uit volgorde uit.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Witzenberg veldskiet
Posted: Thu Feb 01, 2018 7:00 pm
by Heinds
Klink na plan, watse posisies/teikens anders as die gonge kan ou verwag?
Re: Witzenberg veldskiet
Posted: Thu Feb 01, 2018 7:41 pm
by Gian_dP
Heinds wrote:Klink na plan, watse posisies/teikens anders as die gonge kan ou verwag?
Verlede jaar het ons drie ghongbane en drie papierbane geskiet. Papierteikens is SA Jaggeweer teikens.
Ghongs was :
-staan oor hooibaal +-160m-250m
-lê met xbag +-200m-330m
-dink laaste baan was kniel oor stomp.
Papierbane was:
-vlakvark vry staan op so 35m
-bobbejaan sit by wigwam op so 230m
-kan nie laaste baan onthou nie, dink rooibok sit met tweepoot op so 180m
Daar was ook n long range challenge met n ghong op 550m.
Na skiet, prysuitdeling met lekker hamburger en chips.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Witzenberg veldskiet
Posted: Thu Feb 01, 2018 7:42 pm
by Heinds
Gian_dP wrote:Heinds wrote:Klink na plan, watse posisies/teikens anders as die gonge kan ou verwag?
Verlede jaar het ons drie ghongbane en drie papierbane geskiet. Papierteikens is SA Jaggeweer teikens.
Ghongs was :
-staan oor hooibaal +-160m-250m
-lê met xbag +-200m-330m
-dink laaste baan was kniel oor stomp.
Papierbane was:
-vlakvark vry staan op so 35m
-bobbejaan sit by wigwam op so 230m
-kan nie laaste baan onthou nie, dink rooibok sit met tweepoot op so 180m
Daar was ook n long range challenge met n ghong op 550m.
Na skiet, prysuitdeling met lekker hamburger en chips.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Hamburgers? Oortuig!

Re: Witzenberg veldskiet
Posted: Fri Feb 02, 2018 10:26 am
by DeonvTonder
Sien julle manne daar. Hoop maar net my geweer speel saam, het so bietjie laat werk aan die ou en nog nie tyd gekry om te gaan kyk of als 100% is nie. Indien die geweer nie saamspeel nie is dit tenminste 'n lekker kuier na die skiet