Page 1 of 1

Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 8:17 pm
by Hein M.
Hallo almal!

Net 'n vragie:  Het hierdie Vrystaat-Model 'n RSA-aksie met 'n magasyn?  Is dieselfde tipe aksie as die RSA Enkelskoot Skyfskietgeweer?

[img width=560 height=114]http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... _model.jpg[/img]

Laat waai as jy weet, asb.

Mooiloop!

Hein

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 8:21 pm
by Geno
Dit lyk vir my nogal na 'n RSA aksie wat oopgemaak is en 'n magasynkas ingesit is.

Groete,
Eugene

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 8:26 pm
by Monrique (SJ)
Hein


Sover ek weet was die enkelskoot aksie later verander, magesyne ingesit, en die President model, Vrystaat model en Model 2000 genoem!!


Groetnis

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 8:35 pm
by Hein M.
Geno / SJ

Darem maar 'n mooi aksie!  Wonder hoeveel ligter is hy - in vergelyking met die Enkelskoot?

Is daar foummanne wat van die gewere het?

Hein

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 8:38 pm
by Monrique (SJ)
My oom het n 30-06


Groetnis

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 8:39 pm
by Monrique (SJ)
Wie se roer is daai?? ??? ???


Groetnis

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 9:39 pm
by Hein M.
SJ wrote: Wie se roer is daai?? ??? ???


Groetnis
SJ

;D  Op Wikipedia die foto gekry.  Seker 'n gelukkige Amerikaner sin :'(

Groete!

Hein

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 9:41 pm
by Monrique (SJ)
Seker ja!!



Groetnis

Re: Musgrave aksies

Posted: Wed Sep 21, 2011 10:48 pm
by basie
Hein

Ek het 'n pel wat so Lyttleton RSA 243 het. Daai aksie is heelwat duurder as die enkelskoot een, verder werk hy presies dieselfde as die enkelskoot. Sal graag so een wil he, maar my plankie loop ook mooi. ;)

Basie

Re: Musgrave aksies

Posted: Thu Sep 22, 2011 7:51 pm
by Hein M.
Basie

My een pel - wat glad nie in gewere belangstel nie  :o, maar wat dit as kind by sy pa gekry het, het 'n RSA 243.  Die BSB letters is sigbaar op die aksie.  My skoonpa vertel my dat die Ko?perasie destyds hierdie Musgrave gewere vir 'n BAIE bekostigbare prys aan boere verkoop het.  Ek het natuurlik sigbaar bewerig geraak toe ek die geweer sien.  Dit het nogal 'n semi-bull barrel - met daardie fantastiese RSA-aksie met interne magasyn en al.  Soos die Ingelsman s?, what a waste...  Dink daar is baie van hierdie gewere daar buite...

Mooiloop!

Hein

Re: Musgrave aksies

Posted: Thu Sep 22, 2011 8:56 pm
by GreyGhostGear
SJ,

Jy het mos my .308 gesien en gereken dis die President model, lyk identies soos die outjie hierbo. 5 skoot magasyn.
Elk geval, het nounet 'n lekker vars Springbok lewer van die kole gehaal wat so 6pm platgetrek is.. ;D
Cheers

Re: Musgrave aksies

Posted: Thu Sep 22, 2011 9:10 pm
by FrancoisN
Hein

Ja ek het ook 1 dit is n 243 RSA die 1 met die magasyn.

Kyk hier vir fotos http://jaracal.com/index.php?topic=5341.60

Groetnis
Katvis

PS As jy 1 kry koop hom dadelik. Classic Arms in Witbank het so n ruk terug dieselfde 1 gehad vir ek dink R7500 ook n 243.

Re: Musgrave aksies

Posted: Thu Sep 22, 2011 9:33 pm
by Hein M.
Jagmaar / Katvis

Julle gelukkige BL*KSEMS.  ;D

Ons sal maar soek en (dalk later) vind...

Mooiloop!

Hein

Re: Musgrave aksies

Posted: Thu Sep 22, 2011 9:59 pm
by Monrique (SJ)
Jagmaar

Dis net hy daai. Lyk sommer spoggerig.  Waar loop jy weer rond om VARS S/Bok lewer te kry?? ??? ???


Groetnis