Page 1 of 2

kursus naby jhb of pta

Posted: Wed Sep 21, 2011 4:21 pm
by green leader
hello manne kan ek dalk vra of daar enige tyd in die gauteng omgewing n kursus aangebied gaan wees, ek is n nuweling in die jakkals jag storie en wil graag nog leer.

dankie
jasonb

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Wed Sep 21, 2011 4:25 pm
by JACQUES BOTHA
Green Leader
Jasonb jy kan vir stefan by safari and outdoor kontak, ek moet nog datum vasmaak maar dis dalk die laaste naweek in okotber
Maar hy sal kan bevestig , EK gaan die Inleiding kurus daar by hulle aanbied.
Sal lekekr wees as jy daar uitkom.
Groete
jacques

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Thu Sep 22, 2011 7:13 am
by Vosman
Ek wag ook vir Stefan vir die terugvoer,
Hy het genoem dit sal erens middel tot einde Oktober wees op 'n Saterdag.
Sommer met 'n braaierige besigheid na die tyd.
Ek sien self baie uit 'm 'n paar manne te ontmoet en te leer van die jakkalse.

Groetnis

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Thu Sep 22, 2011 8:03 am
by green leader
sal so maak baie dankie.

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Fri Sep 30, 2011 12:13 pm
by JACQUES BOTHA
DIE DATUM IS NOU DIE 19DE NOVEMBER BY SAFARI EN OUTDOOR.
ALDIE INLIGTING SAL BINNEKORT DEURKOM.
GROETE
JACQUES

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Mon Oct 03, 2011 8:36 am
by Vosman
Hy is nou in my dagboek.
Hou ons op hoogte asseblief!

Groetnis

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Mon Oct 03, 2011 2:25 pm
by green leader
dankie Oom Jacques sal die datum boek.

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Mon Oct 03, 2011 2:57 pm
by Stefan764
Hallo almal

Skies man, dinge gaan te vinnag hierdie kant om te verkoop en te Forum  ;D

Soos Mr JB tereg gese het, die datum is vas vir 19 November

Kostes gaan R350 per persoon wees. Dit sluit in jou hele inleidingskursus by Jb en dan "ietsie" te drinke na die tyd en ook n worsbroodjie.

Ek het n groot bestelling ingesit van roepers, fluitjies, ligte ens ens ens wat net op daardie middag en aand vir die manne wat die kursus bywoon beskikbaar gaan wees teen belaglike pryse. Ons gaan veral n moerse special hardloop op die Nikon Monarch Gold teleskope wat Piet Breedt getoets het en gerhard nou mee skiet.

Ons kort 20 manne om die kursus die moeite werd te maak vir Jacques.

Sal julle manne solank bietjie kan laat weet wat die belangstelling is dat ek n lysie kan begin opstel?

Thanks
Stef

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Mon Oct 03, 2011 3:30 pm
by Gerhard
1. Gerhard

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Mon Oct 03, 2011 3:55 pm
by Hugo
Hoe lank sal die kursus wees.

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Mon Oct 03, 2011 4:13 pm
by Stefan764
Hugo wrote: Hoe lank sal die kursus wees.
Hugo

Die vragie moet Mr JB mar vir ons kom antwoord.....

Die kursus gaan 3pm die middag begin en ons behoort so tee 8pm te braai as ek my raaiskoot moet gee...

Stef

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Mon Oct 03, 2011 4:37 pm
by Rambo
1. Gerhard
2. Ludwig
3. Ian

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Tue Oct 04, 2011 9:14 am
by JACQUES BOTHA
Hugo
Stefan is doodreg met sy skattings, ons behoort so 8 uur reeds om die vuur te staan of rondom die "till" die wat van die groot winskope wil aanskaf.
Ek verneem daai nikon pryse gaan amper verniet wees. En die roepers se prysevan so aard dat jy as jy nie reeds een het nie, beslis n backaup een gaan aanskaf.
Sien uit om julle daar te sien en te ontmoet.
Groete
Jacques

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Tue Oct 04, 2011 9:22 am
by Rambo
Hi Jeacques...

Kan jy net so effens uitbrei oor wat jy gaan dek op die kursus? Jy praat van die inleidings kursus? Of is daar iewers wat ons kan gaan loer om uit te vind...

Dit help om die belangtelling te prikkel en die opgewondenheid groter te maak...

Groete

Ian

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Tue Oct 04, 2011 9:23 am
by Monrique (SJ)
Dit sou darm nou nice gewees het om deel te wees.  Dalk moet JB of Taffie bietjie in die Kaapfonteinse area's ook n draai'tjie kom maak dat ons manne die kant ook kan deelneem!!

Geniet dit kerels en maak mooi!!!!

Groetnis

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Tue Oct 04, 2011 9:57 am
by Trigger Mike
Stel verseker belang en hou die 19de oop.

Lourens Steyn

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Tue Oct 04, 2011 9:59 am
by Stefan764
Jakes, skies ek chip nou sommer hier in.

Manne hier is die details vir die kursus:

n Formele uitnodiging sal op die Forum en via emails volg.

Inleiding tot probleemdierbeheer:
1.Geskiedenis van probleemdiere --Van  Dawid  tot Jan van Riebeeck heeltyd sukkel ons nog met die proleem.
2.identifikasie van alle probleemdier --van olifant tot aap kraai ens.
3.Identifikasie van Rooijakkals en rooikat (teikengroep waaroor ons gesels.)
4.Beheermetodes: Van chopper,  gif, gifskieter, slagysters, hokke, roep , honde, donkies alpakkas ens.
5.Roep en skiet:
  Algemene oorsig  wat dit behels.
  1.Kennis van die roofdiere wat jy wil jag .
  2.Toerusting benodig en weet hoe om dit te gebruik. dagroep toerusting en nagroep toerusting
     bakkie kleur
     geweer
     roep apparaat tipes elektronies en mond
     rooilig  en dimmer
     remote vs nie remote roep apparaat.

  3.Belangrike oorwedings voor jy begin jag: ken jy jou geweer, ken jy jou eie beperkinge ens,
                                                                staanplek
                                                                lig metode -
                                                                roepmetode-
                                                                waar om roeper uit te sit
  4.Hoekom roofdiere reageer
6. Waar en hoe jy kan begin. (eie grond... by vriende wat boer.)
7. Wees enstig en leer soveel moontlik oor die katte en jakkalse.
8. Wind en weer
9. watter klanke om wanneer te gebruik kos en jakkals
10. Oop gesprek,  oor goedjies wat ek onthou uit my roep en skiet dae snaakse gebeure , foute, mis skiet, raak skiet, alle wat al verkeerd gegaan het ,
   langste sit en wag, korste sit en roep, waar ek gesukkel het vir sukses, waar ek baie geskiet het(brek ook n bietjie)
10. Vrae en antwoorde.
11. bedankings weereens



PRakties: KAN ONS ONGELUKKIG NIE DOEN NIE, MAAR ONS GAAN DIT NET BESPREEK
EN DIE VOORDELE EN NADELE UITLIG:

1. skiet met n geweer met silincer en sonder een.
2. jakkals teikens uitsit en afstand skat
3. roepapparaat uitsit en klanke luister.
4. stoel en raam wys en demo (voordeel en nadele)
5. dagroep as daar plek is,
6. nagroep as daar belangstelling is


Groete
Stefan

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Tue Oct 04, 2011 12:10 pm
by Vosman
1. Gerhard
2. Ludwig
3. Ian
4. Lourens
5.Vossie

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Wed Oct 05, 2011 11:27 am
by green leader
1. Gerhard
2. Ludwig
3. Ian
4. Lourens
5.Vossie
6. Jason B (aka green leader)

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Wed Oct 05, 2011 11:46 am
by Hugov
1. Gerhard
2. Ludwig
3. Ian
4. Lourens
5.Vossie
6. Jason B (aka green leader)
7. Hugov

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Wed Oct 05, 2011 11:53 am
by Geno
1. Gerhard
2. Ludwig
3. Ian
4. Lourens
5.Vossie
6. Jason B (aka green leader)
7. Hugov
8. "Killer" van Niekerk

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Fri Oct 21, 2011 10:17 am
by James Wright
Ek moet die kursus bywoon!

Stefan asb as daar nog gaatjie vir my is laat weet asb dringend!

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Fri Oct 21, 2011 10:41 am
by Geno
1. Gerhard
2. Ludwig
3. Ian
4. Lourens
5.Vossie
6. Jason B (aka green leader)
7. Hugov
8. Geno
9. Markus Willers
10. Pieter Willers
11. Vincent Clack

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Fri Oct 21, 2011 11:16 am
by BLOK
Sal maar sien hoe dinge loop miskien slaat ek saam Jacques ddar uit

Re: kursus naby jhb of pta

Posted: Fri Oct 21, 2011 12:18 pm
by Stefan764
James jou naam is op die lys!

Manne kan ek asb vra dat julle wat op die lys is tot dusver my asb sal mail by stefan@safariandoutdoor.co.za sodat ek julle formele uitnodigings kan uitstuur.

Groetnis
Stef