Page 1 of 2
6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 5:48 pm
by Apie
Middag Manne.
Hoe besluit jy op watse afstand watse koeel/spoed kombinasie die regte doodmaak vermoë besit vir n spesifieke boksoort.
Bv
6.5 140gr Amax/Eld X @ 2760fps
.308 168 Eld X @ 2630fps.
Springbok, blesbok, koedoe koei, bul hartbees, gemsbok.
Ek verwys spesifiek na skote anderkant 350meter
Kom ons beperk dit vir eers tot onder 900 meter
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 6:19 pm
by PWV
Ek kyk ook.
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 8:02 pm
by Capt. Yoda
Hou jou min impak spoed tussen1600fps en 1800fps met n sagte koel soos daai ELDs
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 8:37 pm
by jankraay
6.5 teen daai spoed sal ek klein wild( tot en met blesbok ) niks verder as 850m probeer nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 8:44 pm
by Apie
jankraay wrote:6.5 teen daai spoed sal ek klein wild( tot en met blesbok ) niks verder as 850m probeer nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie Jan
Maks afstand vir rooihartbees/gemsbok/koedoekoei?
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 8:49 pm
by jankraay
Ek sou se jy sal veilig wees op 450-500m. Onthou net skoot plasing is van kardinale belang op die afstande. Op 450-500m sit hy nog met 2030-2150vps en energie is so 1850-1960 joules wat ek dink genoeg sal wees.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:23 pm
by JohanvB
Dalk wil jy leer om die bokke te bekruip..
Geen kuns daarin om 'n bok met 'n hedendaagse geweer op daai afstand plat te skiet nie..
Kwes hom op daai afstande da kom vertel jy vir ons hoe lank jy gesoek het en watse geld jy betaal het vir ' n bok wat weg is...
Geniet jou jag ou maat!!
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:37 pm
by jankraay
No comment...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:42 pm
by Capt. Yoda
JohanvB wrote:Dalk wil jy leer om die bokke te bekruip..
Geen kuns daarin om 'n bok met 'n hedendaagse geweer op daai afstand plat te skiet nie..
Geniet jou jag ou maat!!
Probeer dit bq dan kom se jy ons
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:46 pm
by Ben
JohanvB wrote:Dalk wil jy leer om die bokke te bekruip..
Geen kuns daarin om 'n bok met 'n hedendaagse geweer op daai afstand plat te skiet nie..
Kwes hom op daai afstande da kom vertel jy vir ons hoe lank jy gesoek het en watse geld jy betaal het vir ' n bok wat weg is...
Geniet jou jag ou maat!!
Regtig???? Ai.......
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:48 pm
by Capt. Yoda
Ja dan wonder mense hoekom ons eder op watsap groepe gesels
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:50 pm
by BeesBreet
Apie, dankie vir die vraag wat jy gevra het, ek gaan ook die jaar my 6.5 se bene bietjie rek en hou dop hier.
En dankie vir die manne wat sinvolle bydraes lewer
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:51 pm
by Diesel Dog
JohanvB wrote:Dalk wil jy leer om die bokke te bekruip..
Geen kuns daarin om 'n bok met 'n hedendaagse geweer op daai afstand plat te skiet nie..
Kwes hom op daai afstande da kom vertel jy vir ons hoe lank jy gesoek het en watse geld jy betaal het vir ' n bok wat weg is...
Geniet jou jag ou maat!!
Die teenoorgestelde kan ook gebeur ek het laasjaar 'n Gemsbok te laag geskiet op 230m en toe hy op 630m sy gat in 'n bos loop druk en net synek is sigbaar het my skiet maat die afstand gemeet en ek met die kruis draad gehou vir die elevasie en wind die skoot het hom agter sy kop op die nek getref en sy bene opgetrek.Ek is die eerste omte erken dit was n geluk skoot maar ek vind hoe meer ek oefen hoe meer gelukskote kry ek.
DD
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:57 pm
by Plaashaas
JohanvB wrote:Dalk wil jy leer om die bokke te bekruip..
Geen kuns daarin om 'n bok met 'n hedendaagse geweer op daai afstand plat te skiet nie..
Kwes hom op daai afstande da kom vertel jy vir ons hoe lank jy gesoek het en watse geld jy betaal het vir ' n bok wat weg is...
Geniet jou jag ou maat!!
Hoekom sal hy kwes as dit geen kuns is om hul plat te skiet nie?
Party manne skiet beter op 500m as somiges op 100m
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 9:58 pm
by jankraay
Apie verskoon maar die hijacks wat gaan deurkom....vra maar nog vrae as jy meer wil weet en ek sal help sover ek kan.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Sun Jan 28, 2018 10:59 pm
by ruaanb
JohanvB wrote:Dalk wil jy leer om die bokke te bekruip..
Geen kuns daarin om 'n bok met 'n hedendaagse geweer op daai afstand plat te skiet nie..
Kwes hom op daai afstande da kom vertel jy vir ons hoe lank jy gesoek het en watse geld jy betaal het vir ' n bok wat weg is...
Geniet jou jag ou maat!!
siesa dis nie hoe ek jou ken nie.
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 4:42 am
by Apie
ruaanb wrote:JohanvB wrote:Dalk wil jy leer om die bokke te bekruip..
Geen kuns daarin om 'n bok met 'n hedendaagse geweer op daai afstand plat te skiet nie..
Kwes hom op daai afstande da kom vertel jy vir ons hoe lank jy gesoek het en watse geld jy betaal het vir ' n bok wat weg is...
Geniet jou jag ou maat!!
siesa dis nie hoe ek jou ken nie.
Met my 9.3 se trajek het ek baaaiiee goed leer bekruip dankie!
Tyd vir n nuwe uitdaging!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 5:37 am
by Frikkie Coetzee
Mooi geantwoord Apie.
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 6:28 am
by JohanvB
Maar julle manne is fyn gevoelig nê
Nee wat, het al gisteraand met Apie gesels...sommer gat geskeer...
Wonder self oor die dood vermoeë op daai lang afstande..as ek 'n gewone 8mm staal plaat op 800 meter kap met die 6.5 teen so 2750fps by die tromp, met 'n 142 gr matchking of 'n ELD-M 147 gr koeël, en daai koeël skiet amper 'n gat dwarsdeur..dan is dit heel moontlik...
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 6:46 am
by Apie
JohanvB wrote:Maar julle manne is fyn gevoelig nê
Nee wat, het al gisteraand met Apie gesels...sommer gat geskeer...
Wonder self oor die dood vermoeë op daai lang afstande..as ek 'n gewone 8mm staal plaat op 800 meter kap met die 6.5 teen so 2750fps by die tromp, met 'n 142 gr matchking of 'n ELD-M 147 gr koeël, en daai koeël skiet amper 'n gat dwarsdeur..dan is dit heel moontlik...
Saam daai Pm het nog 25 andergekry van die SABJV Gilde Klublede se aansoekvorms, keuringsproses, ontgroening, die dieselstalking 101 handleiding asook erekode en voorgestelde skietposisies vanaf n voertuig of klipkoppie.
Nou is ek eers lus vir skietjag
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 7:20 am
by jankraay
Apie wrote:JohanvB wrote:Maar julle manne is fyn gevoelig nê
Nee wat, het al gisteraand met Apie gesels...sommer gat geskeer...
Wonder self oor die dood vermoeë op daai lang afstande..as ek 'n gewone 8mm staal plaat op 800 meter kap met die 6.5 teen so 2750fps by die tromp, met 'n 142 gr matchking of 'n ELD-M 147 gr koeël, en daai koeël skiet amper 'n gat dwarsdeur..dan is dit heel moontlik...
Saam daai Pm het nog 25 andergekry van die SABJV Gilde Klublede se aansoekvorms, keuringsproses, ontgroening, die dieselstalking 101 handleiding asook erekode en voorgestelde skietposisies vanaf n voertuig of klipkoppie.
Nou is ek eers lus vir skietjag
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Skietjag....

Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 7:30 am
by Finder20
More manne,
Tjek hierdie met n 6.5 wel dis nou n .260 Rem
https://www.youtube.com/watch?v=478cgyNlLfw
Lekker dag
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 8:10 am
by Ben
Hier is nog n voorbeeld....
6.5 Creedmoor. 705Yds
Bok Regs
https://www.youtube.com/watch?v=EBU3kpPmFMo
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 8:40 am
by Apie
Ek weet daar word baie gepraat oor die match vs jag punte.
Verkies julle om op die Langafstande met die 'sagte' jag punte of met match punte te skiet?
My vêrste skoot was n blesbok op 470 tree.
Het afstand(kamp se wydte) oorskat as 520meter en hom hoog deur die skof geskiet met Nosler Cc 155gr @ 2800 uit 308.
Nie veel expansion gehad nie, was maar n gesukkel om hom toe plat te kry
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: 6.5 Maksimum reikafstand vir doodskote.
Posted: Mon Jan 29, 2018 9:58 am
by Ben
Apie ek praat nou net namens myself!
Op LA wil ek myself die bes moontlike kans gee om die bok met 1 skoot dood te skiet, dit in ag geneem, ek skiet bitter baie skote met my Match Punte op die baan, baie meer as wat ek jag.
Nou ek ken my geweer en ek ken my wind met die koel/geweer kombo op die baan, so om myself die beste montlike kans te gee gaan ek nie nou koels verander net om n bok te skiet nie. Ek het al BAIE Bokke sien val met Match koels en so ook het al al n paar sien hardloop met jag koels.......
n Swak skoot bly n swak skoot seker maar......
Lang Storie kort, skiet en oefen waarmee jy gemaklik is!