Page 1 of 1
S365 lot 84 vs 86
Posted: Sat Jan 27, 2018 9:39 am
by Hammansdans
Goeie more,
Skynbaar is die twee lotte identies met 'n 0.8% afwyking, maar ek wil nie sommer net aanvaar nie. Ek gaan natuurlik my eie toetste doen en ek sal data plaas, maar ek het gewonder of iemand dalk reeds hierdie twee lotte vergelyk het in terme van spoed/druk? In n XC nog beter.
Groete
Chris
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sat Jan 27, 2018 9:45 am
by joe rocket
Skiet 3 skote oor die kronograaf dan weet jy. In my 243 ackle naby lande maak lot 86 snaakse dinge.
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sat Jan 27, 2018 9:52 am
by tripodmvr
Lot 86 is warm en veral in die 6mm kalibers. Gaan af met so 2gr en kyk wat spoed is. Ons kan hom dan weer op dreef kry met QL.
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sat Jan 27, 2018 10:13 am
by JohanvB
Meng sommer albei...
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sun Jan 28, 2018 10:58 am
by Hammansdans
.... ek meng gewoonlik blikke van dieselfde lot, maar ek is nie gretig om verskillende lotte te meng nie. Klink of lot 86 dalk warmer is. Sal toetse doen en resultate post.
Groete
Chris
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sun Jan 28, 2018 4:41 pm
by hierswolf
tripodmvr wrote:Lot 86 is warm en veral in die 6mm kalibers. Gaan af met so 2gr en kyk wat spoed is. Ons kan hom dan weer op dreef kry met QL.
Ek sou ook die roete gegaan het as ek jy was. 365 is soms ‘n bogger en die somchem wiskunde werk nie altyd nie. Ek het dit verlede jaar geleer op die harde manier. Die les het my n klomp lapua doppe en n gekraakte bolt head gekos.
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sun Jan 28, 2018 6:32 pm
by tripodmvr
hierswolf wrote:tripodmvr wrote:Lot 86 is warm en veral in die 6mm kalibers. Gaan af met so 2gr en kyk wat spoed is. Ons kan hom dan weer op dreef kry met QL.
Ek sou ook die roete gegaan het as ek jy was. 365 is soms ‘n bogger en die somchem wiskunde werk nie altyd nie. Ek het dit verlede jaar geleer op die harde manier. Die les het my n klomp lapua doppe en n gekraakte bolt head gekos.
Vertel in meer besonderhede asb. Spoed verkry, lading, watter geweer ens. Ek dink dit is waardevolle inligting wat ons lede in die agterkop kan bere.
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sun Feb 11, 2018 8:30 pm
by Hammansdans
Vinnige terugvoer. Met 'n 105gn VLD hardloop 39.5gn S365 Lot 84 teen 3082fps in my geweer, terwyl Lot 86 teen 3090fps loop. Dis als teen 69 grade F en met 2 thou neck tension.
Re: S365 lot 84 vs 86
Posted: Sun Feb 11, 2018 9:38 pm
by tripodmvr
Dan is hulle baie dieselfde. Met 39,4gr sal jy dan by die vorige spoed wees.