Page 1 of 1

Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 9:37 am
by Eight
Ek wil bietjie by jul ouens opinies en raad hooroor die bou van n langafstand 3006 jaggeweer.

Watse looplengte sal jul voorstel?
Sal jul n Ackley aanbeveel?
Watse tipe spoed behoort mens met bogenoemde kombinasie te kry met iets soos die 200gr Eld X koels as mens kyk na Vihtavouri kruite beskikbaar
Sal jul se so n 3006 bou is die moeite werd?

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 9:42 am
by Supacow
in 3006 sal ek sommer n tikka koop
vir bou sal ek iets in 7mm doen

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 9:55 am
by Sniper18
Eight wrote:Ek wil bietjie by jul ouens opinies en raad hooroor die bou van n langafstand 3006 jaggeweer.

Watse looplengte sal jul voorstel?
Sal jul n Ackley aanbeveel?
Watse tipe spoed behoort mens met bogenoemde kombinasie te kry met iets soos die 200gr Eld X koels as mens kyk na Vihtavouri kruite beskikbaar
Sal jul se so n 3006 bou is die moeite werd?
30-06 Ackley
30 duim loop 1-10 twist
Dan skiet jy 208gr pitte teen 'n mooi spoed. So 50f/s stadiger as die 300wsm.

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 10:04 am
by joe rocket
Ek sal nie hierdie roete gaan nie. Vir langafstand jaggeweer sal ek eerder kyk na n 300 winmag of 300 wsm as jy nie van n "belted cartridge" hou nie. Kyk ook na 284 of 284 shehane. Gaan jy die roer net as n langafstand jaggeweer gebruik of gaan jy langafstand kompetiesie skiet? Hoe ver wil jy jag en skiet?

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 10:26 am
by Armand Steenkamp
Eight, dis die roete wat ek gegaan het. Tikka varmint met GRS kolf wat ek laat ackley het. Ek het nie navorsing gedoen nie, ek het dit !aar net gedoen. Sal laat weet hoe dit uitdraai.

Groetnis

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 11:33 am
by Finder20
Ek sou se n 30" loop, 1/10 Twist 212gr ELD-X pitte met n lekker 28-38mm contour loop sal hom lekker gooi Ackley behoort die ding te doen!

My 2c :)

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 5:53 pm
by Capt. Yoda
30" loop, 30.06ai, 200.20x berger Hybrid of een van die 200+ elds en N550.
Jy gaan n lekker propvol dop he en by 2900fps kom, dit los jou seker met bq meer as 1600ftlb energie op 1000y.


Die 284 is duidelik nou 2018 se flavour maar gaan kyk bq die 284KMR improved se dop teen n 30.06ai se dop

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 5:55 pm
by Capt. Yoda
Armand Steenkamp wrote:Eight, dis die roete wat ek gegaan het. Tikka varmint met GRS kolf wat ek laat ackley het. Ek het nie navorsing gedoen nie, ek het dit !aar net gedoen. Sal laat weet hoe dit uitdraai.

Groetnis

Hoe lank is jou loop? 24"?

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 6:57 pm
by Armand Steenkamp
Kaptein eks nie seker hoe lank do3 timkas se lope is nie. Ek skat hulle is so n kneipie onder 24duim

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Fri Jan 12, 2018 11:54 pm
by Nico Harris
23,75”

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Sat Jan 13, 2018 10:13 am
by Ds J
Enkele vrae:
1) Is daar n goeie rede waarom jy spesifiek 30-06 verkies?

2) Wat is "langafstandjag" vir jou, en watter diere wil jy jag? Dit behoort jou keuse in kaliber te bepaal.
Argument: ek het gister n koedoekoei op +-300m geskiet en dit was die tweedeverste skoot in my lewe. Daar is egter ke^rels wat op daardie afstand met gemak kopskote skiet.

Enkele gedagtes:
Vir n lang tyd was sekere kalibers meer geskik vir langafstandskiet as ander, bv: 338 of 308.
- 7mm en .338 koee"ls het gewoonlik die beste bc's opgelewer (maar dit het redelik weggeval met die hedendaagse ontwerp van koee"ls)
- 308 se dop-ontwerp lewer maklik goeie resultate, maar is beperk tot ongeveer 900m, tensy n mens met hoe" drukke begin speel
- n warm 30-06 lewer dalk dieselfde resultate as n gewone 300 WinMag/WSM/H&H/Weatherby
- n Swaarder punt het gewoonlik meer penetrasie, slaankrag en windweerstand

Wat se^ jou beursie? Min kalibers klop n 338 WinMag as dit by veelsydigheid kom maar hy is duurder om kos te gee. Hy skop darem ook effe minder as n 338 Lapua.

Hoe gevoelig is jy vir terugskop? Dit help nie dat jou pragtige nuwe roer in die beste kaliber op die ou end kwesskote veroorsaak nie.

Indien jy in elk geval n geweer wil laat bou kan jy dit in n toegewyde langafstandkaliber laat doen.

Hoe voel jy oor uitsonderlike of skaars kalibers?

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Sun Mar 11, 2018 8:01 pm
by geelslang
Armand Steenkamp wrote:Eight, dis die roete wat ek gegaan het. Tikka varmint met GRS kolf wat ek laat ackley het. Ek het nie navorsing gedoen nie, ek het dit !aar net gedoen. Sal laat weet hoe dit uitdraai.

Groetnis
Armand, het jy al hierdie roer van jou geskiet? Watter punte skiet jy?

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Sun Mar 11, 2018 8:21 pm
by Armand Steenkamp
Jis geelslang. Ek wag nou nog vir dolie liksens..... gat juk al kwaai om met die rookstok te skiet

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:00 am
by savage(P Coetzer)
Het Fritz nie so stoute 3006 vir homself laat bou nie?

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:17 am
by Capt. Yoda
Fritz se 30.06 is ook op n Tikka akise gebou maar dis nie n AI nie net n gewone 06 gesny met Germán Salazar se Serengeti reamer

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:48 am
by savage(P Coetzer)
Dankie Cappie. Wou sê dit was iets in daai rigting

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:49 am
by Geno
Armand Steenkamp wrote:Eight, dis die roete wat ek gegaan het. Tikka varmint met GRS kolf wat ek laat ackley het. Ek het nie navorsing gedoen nie, ek het dit !aar net gedoen. Sal laat weet hoe dit uitdraai.

Groetnis
Het jy druk, dopvulling, hoeveelheid poeier en spoed vergelyk op QL tussen standaard nulkwes en Ackley?

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Mon Mar 12, 2018 12:23 pm
by Armand Steenkamp
Geno wrote:
Armand Steenkamp wrote:Eight, dis die roete wat ek gegaan het. Tikka varmint met GRS kolf wat ek laat ackley het. Ek het nie navorsing gedoen nie, ek het dit !aar net gedoen. Sal laat weet hoe dit uitdraai.

Groetnis
Het jy druk, dopvulling, hoeveelheid poeier en spoed vergelyk op QL tussen standaard nulkwes en Ackley?
Jis maat. Nee ek het gladnie. Ek was maar net lus vir iets anders en se toe op die ingewing van die oomblik hulle moet hom sommer ackley. Ek hoop maar vir die beste. Maar lyk my dam ek sal n 168gr koeel naby aan 2900fps op n node kan gooi

Re: Bou 3006 as langafstand geweer?

Posted: Mon Mar 12, 2018 7:38 pm
by geelslang
Ek is besig met presies dieselfde projek. Oorweeg egter om 155 EldM te skiet vir kopskote op Medium afstande. Het jy dalk 'n idee watse spoed hierdie kombinasie sal oplewer?