Page 1 of 2

Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 2:03 pm
by Armand Steenkamp
Manne dagse. Hoop julle kand loop dinge beter as hier. Ek wi gou by julle hoor, ek het so n tydjie terug my eerste kols self gemaak en dit het toe oraait uitgedraai. Waar kan ek beter hout koop. Ek het sommer pine gebruik net sodat ek kan sien of ek dit sal regkry. Weet julle waar man okkerneut of rodesian teak of dalk swartapiesdoring kan in doe hande kry?

Groetnis

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 2:10 pm
by Viking
Hi
Probeer by Rare woods SA...dink hulle is in Epping

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 2:26 pm
by Ammion
Jy kan Maple Street Timbers (011 979 4459) ook probeer - naby OR Tambo. Het al baie hout vir kolwe by hulle bestel, hulle diens is baie goed.

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 2:28 pm
by Hardyman
In die Kaap kan jy Rarewoods of Country Woods gebruik. My ervaring is dat Country Woods die goedkoper een is.

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 4:42 pm
by Thinus_Wollie
Wat prys dit min of meer?

Groete Thinus

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 4:46 pm
by Hardyman
Thinus,

Dit wissel na gelang van die hout wat jy kies. Ek gebruik van tyd tot tyd swart hout vir ander projekte. Die prys vir swarthout by Country Woods was laas R17500 per cube. Die ander meer eksotiese harde hout is baie duurder.

Hier onder is n link na Rarewoods se pryslys om jou n idee te gee. Die prys lys lyk vir my al oud maar dit is n goeie aanduiding.

http://www.rarewoods.co.za/wood-price-list

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 5:32 pm
by JacquesT (Stompe)
Armand praat met Hein Kok op die forum. Laaste wat ek van weet het hy 'n paar mooi stukke blanks gehad.

Sy nommer is o82 3vier2 3vyf77

Groete

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 6:43 pm
by junglejulian
Ek het al n paar baie mooi stukke by Hein gekoop.meeste prys R5000-R7000 stuk.

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 8:42 pm
by Hein (Haan)
Hi Armand
Soos Jacques en Julian noem voer ek English en Black walnut blanks in en verkoop hulle weer hier. As jy belang stel skakel my gerus dan kan ons gesels oor n blank. Ek is besig om weer n paar in te bring so sal een van die dae weer n paar mooi stukkies hout he
Groete
Hein


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hout vir kolwe

Posted: Thu Jan 11, 2018 8:57 pm
by joe rocket
Praat met PI van Niekerk hy kan vir jou n lekker blank van Amerika in bring.

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 10:45 am
by Armand Steenkamp
Manne dankie vir die andwoorde. Sal daai pekke goedkoper hou dooknhe? Ek glo ek sal nog heelwat voute maak en eks net ban een van daainvoute is op n R5000se stuk hout.
Groetmis

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 11:35 am
by wlm
Armand
Deesdae is geverfde kolwe mos in die mode. Kom ons hoor by die houtkenners watter houtsoorte geskik sal wees vir 'n kolf wat dan 'n lekker "camo" (of ander) kleur kan verf. Andersins, watter sort gelamineerde hout sal geskik wees as boyds se "blanks" te duur is.

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 11:40 am
by Hardyman
Van die hout plekke het soms "bargain" bins waar mens off cuts kan koop vir goeie pryse. Ek het R750 vir n Walnut off cut betaal. Ek het ook al gesien daar is mense wat roos hout gebruik om n kolf te maak. Dit is nie so duur soos walnut nie.

As jy n vol lengte stuk so koop is die afmetings gewoonlik 3m x 250mm x 76mm wat 0.057 cubes is. Teen R25 000 gee dit R1 425.

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 11:42 am
by Hardyman
Hier is my eind produk

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 11:57 am
by Malan123
Blikkies, van julle manne is darrem handig met hout. Baie netjies

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 12:17 pm
by Viking
Hardyman,

Hout bly maar mooi en het 'n inherente "warmte" en as daar goeie vakmanskap bykom word die eindproduk 'n besonderse item.

Die kleinkinders gaan eendag tou staan vir Oupa se geweer....

Wel gedaan!!

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 12:21 pm
by LoopSoosStroop
wlm wrote:Armand
Deesdae is geverfde kolwe mos in die mode. Kom ons hoor by die houtkenners watter houtsoorte geskik sal wees vir 'n kolf wat dan 'n lekker "camo" (of ander) kleur kan verf. Andersins, watter sort gelamineerde hout sal geskik wees as boyds se "blanks" te duur is.
Sal ek ook wil weet

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 12:24 pm
by JuanVE
Hardyman, baie netjie. Erfstuk vir die nageslag!

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 12:26 pm
by junglejulian
Gaan soek die draad waar Gawie jy Batman en John Deere kolwe gemaak het.Ek dink dit was Beechwood gewees.lekker goedkoop en sagte hout.maar darem sterker as pine

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 12:37 pm
by Viking
LoopSoosStroop wrote:
wlm wrote:Armand
Deesdae is geverfde kolwe mos in die mode. Kom ons hoor by die houtkenners watter houtsoorte geskik sal wees vir 'n kolf wat dan 'n lekker "camo" (of ander) kleur kan verf. Andersins, watter sort gelamineerde hout sal geskik wees as boyds se "blanks" te duur is.
Sal ek ook wil weet
Willem,

Goedkoop hout "wat geverf kan word" gaan nie 'n langtermyn ekonomiese opsie wees nie.

Die feit is dat 'n geweerkolf van 'n sekere TIPE hout gemaak word oor die kwaliteite wat die hout het, soos digtheid, sterkte en die vermoƫ om reguit te bly.

"While walnut is the favored gunstock wood, many other woods are used, including maple, myrtle, birch, and mesquite. In making stocks from solid wood, one must take into account the natural properties and variability of woods."

Gelamineerde hout word gestabiliseer deur die hout met 'n hars te behandel onder hoƫ druk sodat die hout nie baie uitsit of krimp nie - die proses is nie goedkoop nie!

Enige plank sal soos 'n kolf kan lyk...selfs geverf, maar dis die duursaamheid wat nie daar gaan wees nie!

my 2c

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 12:55 pm
by Stefan Fourie
volg

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 2:39 pm
by wlm
Dirk
Ek stem saam dat okkerneuthout die mooiste en beste kolwe maak.
Ons het egter met die tyd al gewoond geraak aan plastiekkolwe, gelamineerdes en nog wat.
Dit sal sekerlik simpel wees om 'n minder geskikte houtsoort te gebruik as die prysverskil met okkerneuthout gering is. Ek wonder maar net of daar nie houtsoorte is, waarvan funksionele kolwe gebou kan word, wat teen billike pryse gekoop kan word nie.
Wat kos bv. beukehout in vergelyking met okkerneut?

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 3:37 pm
by Hardyman
Wlm,

Beuke hout R34 100 per cube vergeleke met Okkerneut teen R79 000 per cube min of meer as mens by die verskaffers koop.

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 6:33 pm
by wlm
Hardyman wrote:Wlm,

Beuke hout R34 100 per cube vergeleke met Okkerneut teen R79 000 per cube min of meer as mens by die verskaffers koop.
Dan sal plank lank en dik genoeg vir n kolf wat kos?

Re: Hout vir kolwe

Posted: Fri Jan 12, 2018 6:37 pm
by wlm
Is die Amerikaanse okkerneut, wat die plekke genoem in die posts verkoop, Juglans nigra?
My ervaring is dat dit 'n swaar hout is wat baie moeilik werk.