Page 1 of 1
Wetlike dokumentasie ?
Posted: Thu Jan 11, 2018 9:51 am
by Sareltjie Seemonster
Goeie more almal.
Ek wil weet wat se wetlike dokumentasie ek nodig het om op 'n grondeienaar / boer se plaas enige ongediertes mag skiet. Dag of nag. Ek weet ek het die boer se skriftelike toestemming nodig. Wat nog? Enige permit of jaglisensie van enige departement?
Dankie
Re: Wetlike dokumentasie ?
Posted: Thu Jan 11, 2018 10:14 am
by Geno
Watse provinsie?
Re: Wetlike dokumentasie ?
Posted: Thu Jan 11, 2018 11:40 am
by Sareltjie Seemonster
Vrystaat
Re: Wetlike dokumentasie ?
Posted: Thu Jan 11, 2018 11:56 am
by Geno
Volgens n natuurbewaringsbeampte hier in Bloemfontein is skriftelike toestemming voldoende om jakkalse en rooikatte te jag.
Re: Wetlike dokumentasie ?
Posted: Sun Jan 21, 2018 7:47 am
by ljoubert
En die persoon wat nagskiet moet permit he om in nag te skiet
Re: Wetlike dokumentasie ?
Posted: Sun Jan 21, 2018 8:31 am
by tripodmvr
ljoubert wrote:En die persoon wat nagskiet moet permit he om in nag te skiet
Dit kan afhang van Provinsie. Het jy iets wat in 'n Ordonnansie verskyn?
Re: Wetlike dokumentasie ?
Posted: Sun Jan 21, 2018 2:20 pm
by Jake1
Hoop nie ek hijack nie, wat is die vereistes dan tans rondom bos en vlakvark in limpopo en mpumalanga vir dag en nag jag, met mondelingse toestemming v eienaar van plaas natuurlik?
Re: Wetlike dokumentasie ?
Posted: Mon Jan 22, 2018 7:39 pm
by ljoubert
Ek is nou juis besig met boer om vlakvark bosvarke jakals en ystervark te skiet .die boer moes laat parkeraad kom kyk na die skade en het toe n permit gekry en ek moes ook aansoek doen vi n nag permit .het al die permit gekry ma nog nie nagskiet permit nie .ek in kzn