Page 1 of 1

Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Wed Jan 10, 2018 3:16 pm
by Rem
Middag Manne,

Ek het besluit dat dit die scope moet wees vir my roer. Wie verkoop hulle teen n billike prys?

Andersins is ek ook oop vir ander voorstelle in sy klas.

Dankie

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Wed Jan 10, 2018 4:26 pm
by Berra .204
Middag Rem
Ek het ‘n baie goeie prys so 2 weke terug by Quinets jag en Hengel gekry. Praat met Okert, hulle is op die forum ook.

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Thu Jan 11, 2018 8:12 am
by Rem
Dankie!

Wat was sy prys gewees as ek mag vra?

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Thu Jan 11, 2018 11:13 am
by Berra .204
Dit was onder R21000, dink R20700 of so iets. Het al advertensies gesien van rondom R24000 vir non illuminated.

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Fri Jan 12, 2018 4:41 pm
by rudib
Ek kyk self na een. Wat is julle opinies oor die scopes?

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Fri Jan 12, 2018 9:42 pm
by gho
Dieseldog gee asb jou indrukke van die scope.
Dankie

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Fri Jan 12, 2018 10:03 pm
by Diesel Dog
gho wrote:Dieseldog gee asb jou indrukke van die scope.
Dankie
Ek kan die teleskoop met n geruste hart aanbeveel vir iemand met die selfde tipe oe as myne ,Ek moet n bril gebruik om my bril te soek. Verder track hy reg en doen alles wat ek van n teleskoop verwag in daai prysklas ,ek verkies net die G2 ret bo die G3 ret .

DD

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Thu Jan 18, 2018 1:59 pm
by Rem
Ek het nou n Bushnell DMR2 G3 in die hande gekry.

Ek het huidiglik n Burris XTR2 op my ander geweer en gaan saterdag bietjie die twee langs mekaar sit.

Ek gaan nog nie vir jul terugvoer kan gee oor die tracking ens nie, maar slegs hoe die glas vergelyk. Het n swarovski Z3 ook bymy wat ek sommer in die mengsel gaan ingooi.

Dankie

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Thu Jan 18, 2018 3:14 pm
by rudib
Laat asb weet Rem.

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Sun Jan 21, 2018 7:41 pm
by Berra .204
Middag Rem
Kom jy toe die Bushnell bietjie toets die naweek. Ekt myne vandag bietjie uitgevat. Hy is eers somme op my 308 want ek wat nog vir die Creedmoor se lisensie kaartjie. Hys darem laasweek goedgekeur. Ekt die scope met my Sightron vergelyk en hy is darem bietjie helderder. Ek kon die 204 se gaatjies beter op 400m met hom sien as met die Sightron, veral vroeg voor die son helder was. Ek het die 308 ook vir die eerste anderkant 400m geskiet om te kyk hoe ek vaar. Ek kon op 609m 3 skote binne 100mm skiet met geen vertikale verskil. Het 3 mills gestel vir dwarswind. Kom toe ook die 250mmx300mm gong op 775 m 2 keer na mekaar klop en toe ook op 840m. Maar daar sukkel my kortloop howa al ‘n bietjie.
Fito is 3 skote op 609m
Eks heel in my skik met die scope.

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Mon Jan 22, 2018 9:49 am
by Rem
More Berra,

Ek het Vrydag laat middag en sterk skemer so deur die die swaro, bushnell en Burris gekyk.

Die Burris XTR2 is vir my ongelooflike waarde vir geld maar op glas self was hy vir 3de, swarovski 2de en die Bushnell 1st. Is rerig beindruk met die Bushnell DMR2. Ek wil ook net noem dat hierdie slegs n vininige vergelyking was tussen die 3 en ook dat dit slegs nou vir my oog is.

Laastens het n vriend van my saterdag deur die bushnell gekyk (hy skiet self n 5.5 x 22 NXS) en sy eerste woorde was "this is really clear glass" wat vir my n goeie indikasie is.

Berra, ek is bly jy is ook so beindruk met die scope soos ek. Baie mooi skote ook! Vir die prys (bietjie duurder as die XTR2) is daar min wat soveel waarde bied.

Groete

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Tue Jan 23, 2018 4:52 pm
by scheffere
Ek het al 'n paar keer Bushnell vergelyk met ander Scopes en was nog elke keer verbaas oor die glas se helderheid.
Skiet self met die Tactical Elite 6-24X50 op my Creedmoor en op my 300H&H die LRHS.
Altwee nice recticles.
Het Saterdag in 36grade op 500m geskiet op papier ghong om my Strelok se klieks te toets.
Kon teiken baie goed sien. Klieks was 100%

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Wed Jan 24, 2018 12:12 am
by SeeMoNsteR
Manne die DMR2s is die real deal.. track great, glas is skerp en daarby os dit n lekker kort rubuste scope wat alles wat sy kant toe gegooi word deksels goed doen.. of jy nou wil jag of gonge skiet die ding bly net produce.

Verseker een van die beste eyeboxes ook op enige teleskoop te vinde..

Ek het n baie mooi skoon demo model met volle lokale waarborg beskikbaar teen R20500 indien iemand in hom belang sou stel..

Groete

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Re: Bushnell DMR2 3.5-21x50 G3 koop

Posted: Wed Jan 24, 2018 10:29 am
by Rem
Seemonster,

Moet se dit gaan baie vat om my te oortuig dat die Razors, ATACR's ens dubbel en meer die geld werd is.