Page 1 of 1
Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 11:36 am
by Theunodb
Goeie more,
Ons is opsoek na 'n plek waar ons kan gaan jag, soos die plekke toe jy nog saam jou pa gaan jag het?
'n kamp waar jy jou stort water warm maak met 'n donkie, en saans om die vuur kan sit met net die sterre wat die nag verlig. Erens waar die enigste nag geluide van die natuur af kom!? Waar iemand elke nou en dan almal stil maak om te vra of hulle dit ook gehoor het? Waar jy moet koes vir die red romans om die vuur se vlamme.
Die laaste paar jagte het ons op die "verkeerde" plekke gaan jag, en het nou en dan 'n trekker gehoor wat gaan voer aflaai het, of 'n hond hoor blaf vir iets. 'n Aircon en 'n yskas wat saggies in die huis hummm. Iemand wat skiet op die plaas langsaan.
Ons 3 broers jag 1 keer 'n jaar saam, en het gese hierdie jaar soek ons iets grofs. Ons is van Gauteng en gee nie om om te ry nie. Ons jag vir die pot, en al is dit lekker om iets mooi's te skiet gaan dit meer oor die tyd saam en die stories om die vuur elke aand.
Het julle enige voorstelle van 'n plek wat ons sal terug vat na die dae toe ons nog klein was?
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 11:50 am
by 6mmMusgrave
Gesels met Flash hier op die forum hy het net die plaas vir jou.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 11:59 am
by Rudi Fischer
My pel se plaas is net so ...
Plaas is gelee in Northam
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 12:02 pm
by Meteor
Dit klink darem lekker. Ek hoop my eerste jag is soos jy beskryf.
Mooi bly
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 12:09 pm
by Ponkie
Praat met Flash.
Hierdie klink soos sy setup.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 12:36 pm
by Johan Nel
Ivy Safaris in Munnik het ook so 'n jaghuis met basiese geriewe. Soek hulle op google, hulle besonderhede is daar.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 3:03 pm
by Geno
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 4:34 pm
by Kallie404
Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.
Oom Kobus ( Hy bly in PTA ) 0813563811/0814202020 Wees maar geduldig as hy nie antwoord nie en probeer weer. Hy het mooi elande, rooibokke en Koedoes. Lekker om in die aande om die kamp vuur te sit en jakkalse en hienas te hoor. Red romans en skerpioene is volop daar so koes maar betyds

Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 5:01 pm
by Swede
Kallie404 wrote:Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.
Oom Kobus ( Hy bly in PTA ) 0813563811/0814202020 Wees maar geduldig as hy nie antwoord nie en probeer weer. Hy het mooi elande, rooibokke en Koedoes. Lekker om in die aande om die kamp vuur te sit en jakkalse en hienas te hoor. Red romans en skerpioene is volop daar so koes maar betyds

Hoe lus maak jy my nou!!!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 5:44 pm
by Cobus(Cobb)
........neem aan daar moet iewers n aircon'tjie en koelkamer loop om jou vleisies v dag een koel te hou...jy wil hom netnie "hoor" nie.
Flash is jou man daar ja.....lekker tentslaap, net n longdrop en plaasdamwater.....
Cheers
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 6:20 pm
by Nella
Kallie, hoe maak mens daar met verkoeling van wild?
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 8:05 pm
by F.L.A.S.H
Dankie almal
Theunodb, jy het n PM
Lekker aand
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Wed Jan 10, 2018 9:16 pm
by Kallie404
Nella wrote:Kallie, hoe maak mens daar met verkoeling van wild?
Nella, daar is wel n hangplek wat amper soos die ou tipe "safes" werk vd ou dae. Ek bly soos jy gelukkig naby Alldays dus het ek nog nie n problem gehad nie. Manne wat ver bly jag al jare daar en het sover ek verstaan nog nie teenspoed met vleis gehad nie veral as n man in Junie/Julie maand jag wanneer die Bosveld op sy "koudste" is.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Thu Jan 11, 2018 7:51 am
by Dolf014
Theuno, jy noem dit "growwe jag"
Vir my is dit "standaard jag"
Veral as die manne beurte maak om hulle lieste in die krip te gaan was en die koedoe karkas sommer in die windpomp ophang vir 2 dae!! Slaap plek is langs die bakkie onder die grootste kameeldoringboom.
Ek het darem nou opgradeer; ek slaap nie meer in die slaaprol op die grond nie (oor giftige redes) slaap nou op stretcher.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Thu Jan 11, 2018 8:32 am
by JacoVOS
More Flash wil jy nie vir my ook biekie inligting stuur as jy nog n plek oop het.
Jaco
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Thu Jan 11, 2018 8:58 am
by Kolhasie
Dis normaal vir ons hier in die Kalahari se kant.
Heeeeeerlik!!!
Groete KH
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Thu Jan 11, 2018 11:57 am
by Toyrsi
JacoVOS wrote:More Flash wil jy nie vir my ook biekie inligting stuur as jy nog n plek oop het.
Jaco
JacoVos.
Kyk Flash het weer sy Advertensie geplaas.
Dit sukkel maar met die sein op die plaas en hy kan beter op WA praat.
Groete
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 8:12 am
by Theunodb
Baie dankie vir almal se voorstelle! Ek is besig om kontak te maak met hulle almal. Ek sien uit om 'n foto of 2 saam hulle stories op te laai!
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 9:19 am
by JuanVE
Ongariwanda Hunting Safaris in Namibie noord van Omaruru het 'n heerlike kampplek in die bos, 6 km vanaf die opstal. Daar is net 'n donkie vir warm water, toilet en die bos. By die opstal is alles, koelkamer, ens. Daar is jy in die bos onder die sterre en die natuur. Ongelooflike ervaring. Kontak vir Johnie, kyk op die net na hulle webbladsy. Lekker om so iets in die vooruitsig te he.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 9:28 am
by Theunodb
JuanVE wrote:Ongariwanda Hunting Safaris in Namibie noord van Omaruru het 'n heerlike kampplek in die bos, 6 km vanaf die opstal. Daar is net 'n donkie vir warm water, toilet en die bos. By die opstal is alles, koelkamer, ens. Daar is jy in die bos onder die sterre en die natuur. Ongelooflike ervaring. Kontak vir Johnie, kyk op die net na hulle webbladsy. Lekker om so iets in die vooruitsig te he.
Definitief iets om na uit te sien! Kortpad deur Botswana is 17 ure! Ek dink die road trip sal net so lekker wees soos die jag! Nie iets wat jy oor 'n naweek beplan nie ;-)
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 9:35 am
by Nico Harris
Ek kan jou moontlik help. Pm my as jy belangstel. Dis in zululand.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 9:56 am
by Drenalinjunkie
Kallie404 wrote:Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.
Oom Kobus ( Hy bly in PTA ) 0813563811/0814202020 Wees maar geduldig as hy nie antwoord nie en probeer weer. Hy het mooi elande, rooibokke en Koedoes. Lekker om in die aande om die kamp vuur te sit en jakkalse en hienas te hoor. Red romans en skerpioene is volop daar so koes maar betyds

Kallie, nou dis n klein wereld! Ek jag al die laaste 25 jaar op n plaas basies reg langs aan daai plaas!!! Ons draai ook op die Linton grondpad af en ry so 15km tot by Kongo se grond. Daai area is moeilik om te jag maar dis waar my jag as kind begin het. Ek het jare gesukkel om n bok te skiet en het hard geleer hoe om te jag. Nou ken ek daai plaas goed en kom elke jaar met n klomp bokke terug.
En voor ek vergeet daai area is vrot van die mambas veral in die fonteine op die plaas.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 10:32 am
by Theunodb
Nico Harris wrote:Ek kan jou moontlik help. Pm my as jy belangstel. Dis in zululand.
Ek stel belang ;-) Jyt 'n pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 11:11 am
by Nico Harris
Sien klomp ouens het nou gestuur. Ek gaan eers by theunodb hoor. As hy nie vat nie laat weet ek die res.
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Posted: Fri Jan 12, 2018 12:03 pm
by Kallie404
Drenalinjunkie wrote:Kallie404 wrote:Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.
Oom Kobus ( Hy bly in PTA ) 0813563811/0814202020 Wees maar geduldig as hy nie antwoord nie en probeer weer. Hy het mooi elande, rooibokke en Koedoes. Lekker om in die aande om die kamp vuur te sit en jakkalse en hienas te hoor. Red romans en skerpioene is volop daar so koes maar betyds

Kallie, nou dis n klein wereld! Ek jag al die laaste 25 jaar op n plaas basies reg langs aan daai plaas!!! Ons draai ook op die Linton grondpad af en ry so 15km tot by Kongo se grond. Daai area is moeilik om te jag maar dis waar my jag as kind begin het. Ek het jare gesukkel om n bok te skiet en het hard geleer hoe om te jag. Nou ken ek daai plaas goed en kom elke jaar met n klomp bokke terug.
En voor ek vergeet daai area is vrot van die mambas veral in die fonteine op die plaas.
Kan jy dit glo Simon..........ja dis mooi wereld daai, veral met al die mopanies en kremetarte. Weet presies waar Kongo is, as jy aanry met pad sluit jy weer by teerpad aan voor Mapungubwe park. En ja.........mambas is daar heelwat