Page 1 of 1
Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Fri Jan 05, 2018 9:57 am
by Plaashaas
Goeie more manne.
Kan iemand my asb help. Ek het n nuwe pomp geinstaleer op my tenk maar nou word hy WARM.
Dit is n 2.2kW Single stage pomp. 220V
Ek vermoed die capacitor is die probleem maar dalk die bedrading.
Pomp Cap.jpeg
Bedrading.jpeg
Byvoorbaat dank
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Fri Jan 05, 2018 10:57 am
by Pvdw
Plaashaas iets lyk nie lekker daar nie.
Daai terminale wat jy daar het is vir 'n 3 fase motor in ster gekoppel maar jy noem dis 230V???
Wys asb hoe pas daai kapasitor in die bedrading in.
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Fri Jan 05, 2018 11:06 am
by Pieter_Brink
Plaashaas. is dit n 3fase motor of n enkelfase motor. Ek het n idee dis n 3fase motor wat jy met enkelfase 220v probeer aandryf
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Fri Jan 05, 2018 11:08 am
by Pieter_Brink
post n foto van die motor se plaatjie
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Fri Jan 05, 2018 12:24 pm
by Plaashaas
Dankie manne. Ek sit egter nou in die kantoor. Sal later vanmiddag al die inligting kry.
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Mon Jan 15, 2018 8:24 pm
by Pvdw
Plaashaas het jy al jou motor gefix??
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Tue Jan 16, 2018 10:03 am
by Plaashaas
Dankie manne. Ja na n paar youtube videos ikon ek die probleem oplos. Dit is toe n 380v motor. (Ek het 220v bestel) Hy loop nou mooi.
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Tue Jan 16, 2018 11:44 am
by JuanVE
Bly jou probleem is opgelos!
Re: Hulp met besproeings pomp asb
Posted: Sat Jan 20, 2018 11:37 am
by Pieter_Brink
Ek het so gedog. Eks bly jou probleem is opgelos.
Groetnis
Pieter