Page 1 of 1
Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Thu Dec 21, 2017 7:13 pm
by tripodmvr
Die saak is al redelik oud, maar die hofsaak is nou afgehandel.
http://www.heraldlive.co.za/news/2017/1 ... ler-fined/
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Fri Dec 22, 2017 12:40 pm
by Hein M.
Maak nie saak wat nie, in so 'n hofsaak is die ou wat geskiet het altyd die skuldige een

Die persoon word dadelik deur almal afgeskryf as 'n onmenslike, wrede persoon... Maar om darem ook te posseer met die dier na die tyd, getuig ook van sy swak oordeel. Dit sal nooit goed afgaan op sosiale media nie.
Op plase in die Clanwilliam omgewing vang luiperds talle beeskalwers en skape. Die metodes wat gebruik word - uit noodweer - en die hantering daarna, is egter nie openbare nuus nie
Groetnis!
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Fri Dec 22, 2017 5:23 pm
by Flip Nel
Hein M. wrote:Maak nie saak wat nie, in so 'n hofsaak is die ou wat geskiet het altyd die skuldige een

Die persoon word dadelik deur almal afgeskryf as 'n onmenslike, wrede persoon... Maar om darem ook te posseer met die dier na die tyd, getuig ook van sy swak oordeel. Dit sal nooit goed afgaan op sosiale media nie.
Op plase in die Clanwilliam omgewing vang luiperds talle beeskalwers en skape. Die metodes wat gebruik word - uit noodweer - en die hantering daarna, is egter nie openbare nuus nie
Groetnis!
Baie maal betaal ou maar skuld erkenning anders raak dit 'n lang en duur storie soos jy sê die ou sal altyd die skuldige een wees.
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Fri Dec 22, 2017 5:58 pm
by DWB
Ek wonder of hulle nog luiperds beskikbaar het teen daai prys

Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sat Dec 23, 2017 5:31 pm
by Frikkie Coetzee
En wat as hulle die luiperd wel probeer jag het met honde?
Hoe verander julle kommentaar dan?
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sat Dec 23, 2017 5:42 pm
by tripodmvr
Dan is hy of baie dapper of baie dom, synde die doodskoot met 'n 222 geskiet is.
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sat Dec 23, 2017 5:59 pm
by wlm
tripodmvr wrote:Dan is hy of baie dapper of baie dom, synde die dooskoot met 'n 222 geskiet is.
Was dit 'n wyfie-kat??
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sat Dec 23, 2017 6:07 pm
by Capt. Yoda
Frikkie Coetzee wrote:En wat as hulle die luiperd wel probeer jag het met honde?
Hoe verander julle kommentaar dan?
As die berig se info waar is oor die watsaps tussen die manne sou ek dink hulle het gegaan om die luoperd te jag. Of dit reg of verkeerd is om n luiperd te skiet wat n boer se beeste en of skape op vreet (as jy na daai een kyk lyk dit of hy goed geeet het) is nie my plig nie maar om die tiepe goed die hele wereld vol te stuur is bq dom om dit mooi te stel. Daai luiperd sal seker elke 2 weke n kalf vang as ek nou raai, se hy was 6 maande daar...12x noem dit R5000 wat verlore is in tye wat die meeste ouens klaar swaar kry
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sat Dec 23, 2017 6:49 pm
by Apie
wlm wrote:tripodmvr wrote:Dan is hy of baie dapper of baie dom, synde die dooskoot met 'n 222 geskiet is.
Was dit 'n wyfie-kat??
Verstik ek aan my bier!.....
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sun Dec 24, 2017 6:36 am
by Geno
Frikkie Coetzee wrote:En wat as hulle die luiperd wel probeer jag het met honde?
Hoe verander julle kommentaar dan?
Jip. Stem saam hiermee.
Ek was al op daardie plaas. All is not what it seems...
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sun Dec 24, 2017 8:19 am
by Hennie Dreyer
Ek gooi dalk 'n helse klip in hierdie bos in, maar verskoon my maar as ek redelik verward oorkom, want ek is.
Wat is hierdie absolute bohaai wanneer iemand 'n wilde kat jag? (Die 4 voetiges natuurlik

). Die geraas is baie minder as bok spesies gejag word.
Ek hoor baie dat luiperds 'n bedreigde spesie is

Op elke plaas waar ek al gejag het was nog altyd tekens van luiperd bedrywighede en oorgenoeg daarvan. Dan, op meeste staptoere, sien ek dieselfde. Wanneer ek ver paaie ry sien ek nogal gereeld luiperds langs die pad of oor die pad loop vroeg oggend/laat aand. Ook was daar lank terug 'n dokumenter oor luiperds wat selfs in Pretoria se voorstede honde uit erwe steel. Nog meer bewys dat luiperds onder ons voete is oral, maar agv van sy skuheid/slinksheid ens nie deur die meeste van ons so opgetel word nie.
My opinie, en dis maar net my onwetenskaplike opinie, is dat luiperds glad nie as bedreig geklassifiseer behoort te wees nie.
Help my verstaan indien ek dit verkeerd opsom
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Sun Dec 24, 2017 3:32 pm
by tripodmvr
wlm wrote:tripodmvr wrote:Dan is hy of baie dapper of baie dom, synde die dooskoot met 'n 222 geskiet is.
Was dit 'n wyfie-kat??
Skerp. Die koordlose sleutelborde is baie lekker, maar soms laat val hy sekere letters. Nogal toe op die strategiese posisie. Reggestel.
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Mon Dec 25, 2017 8:04 pm
by JK
Party mense maak n bestaan uit die skaarsheid van sekere diere. Soos ondere andere die cheetas by ons, een Amerikaanse vrou. Die Duitsers met hulle navorsing reken daar is baie meer.
10 jaar terug as ek een luiperd uit gehaal het het dit tot n jaar gevat voor n ander een is sy plek kom, nou vat dit 14 dae.
Die rede grootendeels is die beperkte permite wat gegee word en die prys wat die boere kry. Nou beskerm die boere die goed om geld daarvoor te kry.

Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Mon Dec 25, 2017 8:05 pm
by Apie
JK wrote:Party mense maak n bestaan uit die skaarsheid van sekere diere. Soos ondere andere die cheetas by ons, een Amerikaanse vrou. Die Duitsers met hulle navorsing reken daar is baie meer.
10 jaar terug as ek een luiperd uit gehaal het het dit tot n jaar gevat voor n ander een is sy plek kom, nou vat dit 14 dae.
Die rede grootendeels is die beperkte permite wat gegee word en die prys wat die boere kry. Nou beskerm die boere die goed om geld daarvoor te kry.

Volhoubare benutting
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Mon Dec 25, 2017 8:20 pm
by JK
Apie wrote:Volhoubare benutting
Ja ek hoor jou, maar daai goed hoort in n wildtuin.

Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Tue Dec 26, 2017 6:03 am
by Nella
Met die absolute ban wat huidiglik op luiperd is het hulle maar net ongelukig baie katte se doods vonnis geteken.
Ek het persoonlik in die laaste 6 maande 7 katte helder oordag gekry, waarvan 2 n wyfie met n kleintjie was..
Dit was op n plaas in die platjan omgewing, dan kan ek amper ook jou waarborg om n luiperd op die eienaar se ander plaas in die lydenburg omgewing te sien.
Nou die buurman op platjan se eienaar is n oom in die 80 en hy is afhanklik van sy troppie beeste vir n bestaans inkomste.
Toe hulle nog permit kon kry het sy seun wat n ph is met groot vyf vrystelling oor see se kliente in gebring om n luiperd to kom jag.
Was nie elke keer suksesvol nie en een duitser kon eers sy kat na 4 jaar se probeer geskiet kry, maar dit het n waarde op die luiperd gesit .
Sterkte om nou aan daai oom te vertel dat hy hulle moet beskerm terwyl hy langsaan een van sy half gevrete kallers staan .
Daar word nou meer luiperds geskiet as toe jy nog n cites of skade permit kon kry, enigste verskil is dat die trippel S nou werk.
Shoot
Shuffle
Shut up
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Tue Dec 26, 2017 9:01 am
by dehacked
Maar die selfde storie as renosters. As iets kommersiële waarde het sal daar mense wees wat hom volhoubaar benut. Cites ideologie sit nie kos op die tafel. Hier sit Afrika met 'n massiewe natuurlike hulpbron en hulle buig agteroor vir 'n slimkop wat iewers oorsee gerieflik agter sy lessenaar sit en pocketbilliards speel.
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Tue Dec 26, 2017 6:36 pm
by Frikkie Coetzee
Die punt hier is dat die waarheid oor die betrokke luiperd en die storie wat versprei is op sosiale media nie gel nie. Geen hof sal jou skuldig bevind as jy jou lewe of eiendom beskerm teen wilde diere. Hoekom pleit n PH skuldig op onwettige jag van n luiperd? Die gevolge vir sy beroep is ernstig.
Die EC jag ordinansie laat die jag van jakkals en rooikat met honde wel toe maar die honde mag nie die dier aanval of doodmaak nie. Net vaskeer.
Re: Luiperd geskiet in Ooskaap
Posted: Tue Dec 26, 2017 8:14 pm
by Pappabeer
Frikkie wat is die storie in die omgewing? Het hulle al tevore luiperds met honde gejag op daai plaas?