Page 1 of 1

Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Sun Sep 18, 2011 10:47 am
by wlm
My pogings om te "neck size" misluk. As ek die "die" opstel volgens die ingeslote aanwysings val die koeels sommer by die nek van die dop in.
Stel ek die "die" dieper tot die nek genoeg vernou om die koeel stewig te "seat" ,dan het die skouers van die dop so verwyd dat dit nie wil kamer nie.
Ek gebruik 'n RCBS pers.
IS die doppe dalk al te veel kere herlaai sodat verharding plaas gevind het?
Groete Willem

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Sun Sep 18, 2011 12:57 pm
by Hein M.
wlm

Ek het destyds ook geskukkel met die Collet, as dit die die is waarvan jy praat?

Kyk na hierdie video op You tube (deel 1 en deel 2) en jy sal beslis waardevolle tips sien.  Ek het die videos sommer afgelaai met You Tube downloader sodat ek dit 'n klomp keer kan kyk.

http://www.youtube.com/watch?v=mhTUgytUGnM

As jy nie regkom nie, kan ek dit vir jou pos.

Mooiloop!

Hein

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Sun Sep 18, 2011 8:10 pm
by 243Songdaug
Willem

Ek self het jare lank geglo dit die grootste pot strooi - die collet dies nou.  Nadat ek die doppe anneal het het die dies egter perfek gewerk.

So probeer gerus die doppe anneal.

Groete.
Songdaug

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Sun Sep 18, 2011 8:37 pm
by Hein M.
243

Dit is heel moontlik die probleem.

Mooiloop!

Hein

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Mon Sep 19, 2011 11:13 am
by wlm
243 en Hein
Ek gaan maar liewer nie vertel hoe oud die doppe is nie.
Daar is darem nog 'n paar wat kwaad raak as jy van Oom praat!
Sal 'npaar nuwe doppe probeer en weer van my laat weet.
Groete Willem

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Mon Sep 19, 2011 5:55 pm
by tripodmvr
wlm wrote: 243 en Hein
Ek gaan maar liewer nie vertel hoe oud die doppe is nie.
Daar is darem nog 'n paar wat kwaad raak as jy van Oom praat!
Sal 'npaar nuwe doppe probeer en weer van my laat weet.
Groete Willem
Het self ook onlangs eers met die neck die begin werk. Ook gekry dat die koeels los inpas. My raad is - jy moet hom druk boetie. Die dop word vasgedruk teen die matrys binne en daarom is 'n bietjie meer geweld in orde.

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Mon Sep 19, 2011 6:16 pm
by Monrique (SJ)
Gelukkig het ek nog nie probleme met my .243 se Lee collet neck die en .308 se redding neck die probleme gehad nie.


Groetnis

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Mon Sep 19, 2011 6:52 pm
by wlm
Tripodmvr
Dit is juis by die drukslag wat ek probleme optel. Die skouers van die doppe sit so uit dat hulle nie in die Sako se kamer pas nie. (die slot wil nie toegaan nie)

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Mon Sep 19, 2011 7:21 pm
by pietjacobs

Re: Probleme met 'Lee neck sizing die en 223

Posted: Mon Sep 19, 2011 7:54 pm
by tripodmvr
wlm wrote: Tripodmvr
Dit is juis by die drukslag wat ek probleme optel. Die skouers van die doppe sit so uit dat hulle nie in die Sako se kamer pas nie. (die slot wil nie toegaan nie)
Die die is dan te diep ingedraai as dit gebeur. Lees die instruksies baie mooi.