Page 1 of 1
223 drukverskille met 55gr koeels
Posted: Sun Sep 18, 2011 10:32 am
by wlm
My Sako se magasyn beperk TPL. 55gr PMP SP gelaai met 25.5gr S321 toon nie drukprobleme nie. 55gr V-Max met 25.5 gr S321 maak slagdoppe plat.
Het lading verminder tot 24.5 gr S321 voor slagdoppe weer normaal was.
Die V-Max is langer as PMP. Veroorsaak die vermindering in dopkapasiteit die hoer druk? Onthou die TPL met albei is dieselfde.
Ek het nie 'n snelheidsmeter nie.
Re: 223 drukverskille met 55gr koeels
Posted: Sun Sep 18, 2011 10:12 pm
by tripodmvr
Hoe kleiner jy die dopvolume maak hoe ho?r is die druk. Jy sal oor 'n chrony moet skiet om te sien wat gebeur.
Het gaan loer op Quick Load. Het COL of TPL van 57mm gebruik. PMP gee 3164fps met druk van 46000psi terwyl VMax 3230 en 50000psi gee. Maks PSI vir 223 is 62000psi.
Re: 223 drukverskille met 55gr koeels
Posted: Mon Sep 19, 2011 11:10 am
by wlm
Dankie Tripodmvr
Jou antwoord wys my dat my waarnemings en afleidings darem op die regte pad is.
Ek haal darem TPL van 58.5.
Vader Krismis wil nie hoor van 'n snelheidsmeter nie!
Dankie dat lulle ouens 'n nuweling so lekker help.
Groete Willem
Re: 223 drukverskille met 55gr koeels
Posted: Mon Sep 19, 2011 12:14 pm
by Beyers
Willem
Watter doppe gebruik jy?
Beyers
Re: 223 drukverskille met 55gr koeels
Posted: Mon Sep 19, 2011 1:00 pm
by wlm
PMP
Re: 223 drukverskille met 55gr koeels
Posted: Mon Sep 19, 2011 1:24 pm
by Beyers
Dopvolume van PMP is klein, Weeg 'n gevuurde dop met ou primer. Gooi vol water en weeg, Trek van mekaar af en laat weet die antw. Kyk op GSC se site oor hoe vol die water gegooi moet word.
Re: 223 drukverskille met 55gr koeels
Posted: Mon Sep 19, 2011 6:53 pm
by wlm
Sal so maak en laat weet.