Page 1 of 1
.30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Tue Dec 19, 2017 10:33 am
by Theunodb
Goeie more,
Ek het ‘n Leupold VX-R 3-9x40mm oorspronklik op my .30-06 gesit waarmee ek baie gekukkig is.
Intussen het ek ‘n CZ455 .22LR Varmint gekoop en is opsoek na ‘n teleskoop vir hom. Dit het my toe laat dink of ek nie eerder my .30-06 se teleskoop moet opgradeer en die VX-R op die .22 moet sit nie?
Wat is julle opinie op die bogenoemde? Koop ‘n nuwe teleskoop vir die .22, of koop ‘n nuwe teleskoop vir die .30-06 en skuif sy teleskoop .22 toe?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Tue Dec 19, 2017 11:04 am
by Swede
As daai VX-R nie parallax verstelling het nie, gaan hy nie lekker werk op die.22 nie
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Tue Dec 19, 2017 11:47 am
by Finder20
Swede wrote:As daai VX-R nie parallax verstelling het nie, gaan hy nie lekker werk op die.22 nie
Hi Swede 3-9 het gewoonlik nie parallax nie maar as jy dalk kan verduidelik hoekom jy reken hy sal nie lekker werk op n .22 nie? Rede ek vra ek het n Nikko Stirling 3-9x40 op my .22 en wonder net....
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Tue Dec 19, 2017 12:01 pm
by Beer (Christo)
Ek het ook 'n ou lynx 3-9-40 op my .22 gesit. Die scopes het gewoonlik ingeboude parallax op 100m. As jy bv die SA jagters .22 skiet tabelle op 25m skiet sukkel dit maar om die kruishaar te fokus.
My pa het 'n nikon prostaff rimfire scope op sy .22. Ek kan nou nie mooi onthou nie maar jy kan parralax tot redelik naby stel. Die scope was ook nie baie duur nie.
Dit gaan seker maar afhanf van watter afstande jy gaan skiet met die .22
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Tue Dec 19, 2017 12:09 pm
by Swede
Beer (Christo) wrote:Ek het ook 'n ou lynx 3-9-40 op my .22 gesit. Die scopes het gewoonlik ingeboude parallax op 100m. As jy bv die SA jagters .22 skiet tabelle op 25m skiet sukkel dit maar om die kruishaar te fokus.
My pa het 'n nikon prostaff rimfire scope op sy .22. Ek kan nou nie mooi onthou nie maar jy kan parralax tot redelik naby stel. Die scope was ook nie baie duur nie.
Dit gaan seker maar afhanf van watter afstande jy gaan skiet met die .22
Presies hoekom dit verstelbaar moet wees
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Tue Dec 19, 2017 2:08 pm
by tripodmvr
As jy jou oog mooi sentreer in die teleskoop gaan parallaks min verskil maak met afstande nader as 100m. Die feit dat die teleskoop miskien nie perfek helder gaan wees op 25m teen 9x vergroting is nie noodwendig parallaks nie, maar slegs die optika wat nie so naby kan fokus nie. Vir algemene teikenskiet en ongediertes skiet behoort die' teleskoop goed te werk.
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Tue Dec 19, 2017 5:40 pm
by Theunodb
Dankie vir die raad. Alles is baie helder op 25m op enige vergroting so dit sal nie ‘n probleem wees nie. Die rooi dot op sy laagste/vlouste stelling maak dinge ook aansienlik makliker.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Thu Dec 21, 2017 6:50 am
by Ultralight
Theunodb wrote:Dankie vir die raad. Alles is baie helder op 25m op enige vergroting so dit sal nie ‘n probleem wees nie. Die rooi dot op sy laagste/vlouste stelling maak dinge ook aansienlik makliker.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Theunodb,
Noudat jy die 22 vraag geantwoord het, wil ons graag weet wat dan nou op daardie 30-06 gaan gebeur.
Daar is deesdae baie mooi glas met mooi pryse as jy media dophou.
Miskien is dit 'n nuwe gesprek maar jy sal moet gou spring en iets aanskaf vóór die Rand weer duik soos 'n Kamikaze pilot!
Lekker skiet.
Groete,
Ultralight
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Thu Dec 21, 2017 7:17 am
by Theunodb
Dis een van die moeilikste dinge juis omdat daar so baie goeie opsies is!
Die .30-06 is my bos jag geweer en sien net 'n teiken wanneer hy ingeskiet word, toe ek oorspronklik gesoek het na 'n scope vir hom het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die 3-9 genoeg is, en voel nog steeds dat dit genoeg is. As dit nie vir die .22 was nie sou ek 10 teen een nooit 'n ander scope op hom gesit het nie.
Sover kyk ek na die Leupold VX-3i 4.5-14x40 met die varmint kruishaar. Ek hou nie van die ander scopes se "bulky" verstellings knoppe nie, en hou van hierdie een juis omdat hy meer "slimline" is. Al het 'n 50mm sy voordele voel ek die 40mm sal voldoende wees. Ek wil nie na my geweer kyk en eerste die scope sien, en dan die geweer nie.
Ek is nog oop vir voorstelle en kyk daagliks na alles wat beskikbaar is.
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Thu Dec 21, 2017 7:47 am
by Ratel
As jy 'n beter Leupold op die 30-06 sit maak dit sin om die ou teleskoop op die .22 te sit. Ek sou eers die teleskoop op die .22 sit en gaan baan skiet met dit om te kyk of daar nie enige probleme is nie en indien geen sal ek hom oplos en dan die nuwe Leupold op die 06 sit.
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Thu Dec 21, 2017 9:35 am
by Beer (Christo)
Theunodb wrote:Dis een van die moeilikste dinge juis omdat daar so baie goeie opsies is!
Die .30-06 is my bos jag geweer en sien net 'n teiken wanneer hy ingeskiet word, toe ek oorspronklik gesoek het na 'n scope vir hom het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die 3-9 genoeg is, en voel nog steeds dat dit genoeg is. As dit nie vir die .22 was nie sou ek 10 teen een nooit 'n ander scope op hom gesit het nie.
Sover kyk ek na die Leupold VX-3i 4.5-14x40 met die varmint kruishaar. Ek hou nie van die ander scopes se "bulky" verstellings knoppe nie, en hou van hierdie een juis omdat hy meer "slimline" is. Al het 'n 50mm sy voordele voel ek die 40mm sal voldoende wees. Ek wil nie na my geweer kyk en eerste die scope sien, en dan die geweer nie.
Ek is nog oop vir voorstelle en kyk daagliks na alles wat beskikbaar is.
As dit jou bos jag geweer is sou ek vvorstel jy kyk ook dalk na die Boone en Crockett kruishaar.
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Thu Dec 21, 2017 2:32 pm
by Theunodb
Beer (Christo) wrote:Theunodb wrote:Dis een van die moeilikste dinge juis omdat daar so baie goeie opsies is!
Die .30-06 is my bos jag geweer en sien net 'n teiken wanneer hy ingeskiet word, toe ek oorspronklik gesoek het na 'n scope vir hom het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die 3-9 genoeg is, en voel nog steeds dat dit genoeg is. As dit nie vir die .22 was nie sou ek 10 teen een nooit 'n ander scope op hom gesit het nie.
Sover kyk ek na die Leupold VX-3i 4.5-14x40 met die varmint kruishaar. Ek hou nie van die ander scopes se "bulky" verstellings knoppe nie, en hou van hierdie een juis omdat hy meer "slimline" is. Al het 'n 50mm sy voordele voel ek die 40mm sal voldoende wees. Ek wil nie na my geweer kyk en eerste die scope sien, en dan die geweer nie.
Ek is nog oop vir voorstelle en kyk daagliks na alles wat beskikbaar is.
As dit jou bos jag geweer is sou ek vvorstel jy kyk ook dalk na die Boone en Crockett kruishaar.
Ek het gaan kyk, en ek stem saam jou dat die Boone & Crockett na ‘n beter opsie lyk as die varminter.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Thu Dec 21, 2017 7:01 pm
by tripodmvr
Ek het 'n 5-20x50mm Nikko op my .22 gesit en dit help my ouer oë om die gate op 50m te sien as ons bankskiet doen. Ek stem dat die geweer nou 'n aanhangsel is van die teleskoop. Lyk soos 'n Boeing met 'n dakrak.
Ek het vanjaar met my 7x64 gejag met 6-24 x 44mm Hawke op. Laatmiddag begin die probleme egter. My 2-7x32mm op my 30-06 sou gesorg het dat die kudu geval het. Parallaks op kort afstand tesame met 'n te groot vergroting werk nie so goed laatmiddag nie.
Re: .30-06 Teleskoop op ‘n .22lr varmint?
Posted: Mon Jan 08, 2018 2:27 pm
by kettieklip
Om 'n vaste fokus Leupold (asook meeste ander teleskope) se fokusafstand te verstel is sommer gou.
Ek het dieselfde VX 3-9x40 op my CZ. Werk uitstekend noudat fokus op ~55m gestel is.
Hoop jy kom reg.