Page 1 of 1

Vervalde lesensie.

Posted: Wed Dec 13, 2017 7:47 pm
by BenJacobs
Goeie middag almal.
Ek vra ten wille van 'n oom wat ek ken.
Die oom se oupa is al talle jare gelede dood en niemand het belang gestel aan sy wapens nie. So het dit in die kluis gelĂȘ en stof opgaar. Nou is dit al seker 10 jaar vandat die lesensies verval het. Nou het die wapens by hom uitgekom en hy wil hulle graag wettig maak. Is dit moontlik?

Re: Vervalde lesensie.

Posted: Thu Dec 14, 2017 1:48 pm
by Stephan86
Ek neem aan die "oupa" het reeds die wit lisensie kaartjies gekry vir sy wapens?

Re: Vervalde lesensie.

Posted: Sat Dec 16, 2017 10:51 pm
by BenJacobs
Sover ek weet is dit nog die groene. Ek dink die oom sal maar inhandig vir vernietiging.

Re: Vervalde lesensie.

Posted: Sat Dec 16, 2017 11:06 pm
by Pappabeer
Ben, as dit groen kaartjies is, het hulle nie verval nie. Die vraag is eerder wie die eksekuteer van die boedel was, want hy gaan die papierwerk moet doen vir die aansoek.

Re: Vervalde lesensie.

Posted: Sat Dec 16, 2017 11:09 pm
by Pappabeer
Dit hang ook af watse wapens dit is. Indien dit nie werd is om te hou nie, bv n ou .38 of .32 rewolwer, .303, moeg haelgeweer etc is dit dalk beter om dit vir n wapensmit te neem vir vernietiging/ deaktivering as hy dit wel bloot vir sentiment wil hou.

As hy nou op n stel Holland Royal .465s sit is dit wel die moeite werd om n aap of 6 uit die hoed te trek om hulle wettig te hou.